Pasverskyn: Skermslim deur Estée Cockcroft en Christine van Aarde
2026-06-17Welkom by die vierde industriële revolusie waar diepfopvideos soos die waarheid lyk, jou horlosie jou vertel of jy ʼn goeie nagrus gehad het en jou beste pel ʼn KI-metgeselbot is!
Persverklaring: Klein Karoo Klassique 2026 bied gewigtige aanbod
2026-06-17Klein Karoo Klassique bring vanjaar ’n gewigtige aanbod van klassieke musiek na die Klein Karoo, met ’n program wat ’n wêreldpremière én klassieke gunstelinge insluit.
Uitnodiging: Staan nader, huiskokke en onthoukokke – dis weer tyd om in te skryf vir Kokkedoor!
2026-06-17Daar is ’n miljoen redes om in te skryf – in die vorm van R1 miljoen se prysgeld vir die wenspan. En daardie gesogte Goue Haan wat weer ’n nuwe adres soek. Skuif gou die potte opsy, haal die tjoppie van die vuur af, sit die foon neer en doen wat jy moet doen, want dis nou tyd om in te skryf.
Gewildste plasings op LitNet: 10 tot 16 Junie 2026
2026-06-17Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 10 tot 16 Junie 2026.
Persverklaring: RSG Radioteater se Die potplant, ’n kabaret, op Donderdag 18 Junie
2026-06-15’n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hul omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om uit te sterf en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef.
Persverklaring: 2026-UJ-pryse vir Afrikaans – kortlyste
2026-06-15Die volgende boeke, alfabeties volgens outeur, is deur die beoordelaars uitgesonder vir die kortlyste van die 2026-UJ-pryse vir Afrikaans.
Programme release: Schreiner Karoo Writers Festival 2026
2026-06-13The Schreiner Karoo Writers Festival takes place from 18 to 21 June 2026 in Nxuba (Cradock). The full programme of the festival, made possible by the Avbob Poetry Project and the Amazwi South African Museum of Literature, has been released.
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2026 – program bekend
2026-06-12Met meer as 444 items op die grootste kunstefeesprogram in die land, is die oorvloed van produksies ’n waardevolle noodsaaklikheid in ’n kunstelandskap wat onder groot druk verkeer.
Uitnodiging: Die Hertzogpryswenners van Swellendam
2026-06-11As deel van die reeks oor die Hertzogpryswenners van Swellendam, fokus ons hierdie jaar op Uys Krige. Hiermee kom twee uitnodigings.
Persverklaring: Gratis kreatiewe kursus vir opkomende skrywers in Gqeberha
2026-06-11Die doel van hierdie projek is om nuwe skrywerstemme te vind en stories en gedigte te help ontwikkel wat ons letterkunde verruim. Die Jakes Gerwel Stigting streef daarna om opkomende talent te identifiseer en te ontwikkel.
Pasverskyn: Die oorkant deur Annemarié van Niekerk
2026-06-10Aan die oewer van die silwerwit getyrivier keer sy nou terug na die geheime van haar kinderjare. Terwyl Ada by haar vriendin Mel, ’n omgewingsnavorser, bly, probeer sy deur haar skryfwerk die skimme van haar verlede tem.
Nuut by LAPA: Rebekka van Kameeldoornplaas deur Irma Joubert
2026-06-10"Maar haar versukkelde, verminkte pa 'verkoop' haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind."
Nuut by Queillerie: Die vrou met nege lewens deur Debbie Loots
2026-06-10Op die drumpel van sestig sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewens om rus in haarself te kry. Die enigste konstante blyk haar sorg van katte te wees, wat soos ’n draad deur haar lewe loop.
Persverklaring: RSG Radioteater met klassieke genot te kus en te keur op Donderdag 11 Junie
2026-06-10RSG Radioteater bied Donderdag nie net een nie, maar twee radiodramas aan. Frank en Gladys deur Tom Stoppard, vertaal deur Roy Niemann, kan gehoor word op RSG Donderdagaand 11 Junie om 8 uur. Nog ’n klassieke radiodrama, Amadeus, deur Sir Peter Shaffer, vertaal en verwerk vir radio deur Nerina Ferreira, sal eksklusief op potgooi beskikbaar wees as deel van die klassieke aanbod.
