Titel: Daardie lewe, Karel Schoeman
Skrywer: Ria Winters
ISBN: 9781485315674
Uitgewer: Protea Boekhuis
“Binne sy enge perke is my lewe, soos hier uiteengesit, seker op sy eiesoortige manier volmaak, en in elk geval ’n bron van vol- en genoegdoening, en rede tot dankbaarheid.”
In hierdie literêre biografie van die Suid-Afrikaanse romanskrywer, historikus en vertaler Karel Schoeman (1939–2017) put Ria Winters uit nuwe argivale bronne, koerantartikels en persoonlike korrespondensie, en plaas sy lewe en werk binne die konteks van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

