Persvrystelling: KKNK skep vernuwend in 2020
2020-09-01Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, sê met die huidige beperkings was dit nodig om kreatief te wees in hulle aanslag, om aan nuwe maniere te dink om gehaltekuns met ’n tikkie andersheid te bied.
Persvrystelling: Samespraak – bekendstelling van webblad vir nagraadse studiegroep vir Afrikaans en Nederlands
2020-09-01Die oogmerk van Samespraak is die kweek van belangstelling in die vergelykende bestudering van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Indien jy belangstel om deel te word van die Samespraakgemeenskap, voltooi asseblief die vorm op die Samespraakwebtuiste voor of op Maandag 16 November 2020.
Persvrystelling: VrySpraak-digitaal, die Vrystaat Kunstefees se Literatuurfees skop vandag af!
2020-09-01Boekbekendstellings en -besprekings, en digkunsvoorlesings en -optredes sal deur middel van verskillende formate aangebied word, waaronder potgooi, vooraf opgeneemde videogesprekke, radioprogramme en regstreekse, livestream sessies met Suid-Afrikaanse en internasionale skrywers en digters.
Persvrystelling ‒ Digitale paneelgesprek Persbericht ‒ Online panelgesprek
2020-09-01"Livestream" via Facebook | Donderdag 10 September, 18.00-19.00 | Yves T’Sjoen (Universiteit Gent) en Alwyn Roux (UNISA) in gesprek met Daniel Hugo (digter en vertaler) en Saskia De Coster (skrywer)
Press release: The Baxter renews its call to contribute just R30 per month to ensure its sustainability
2020-08-31While South Africa may be at level 2 in lockdown, it continues to be restrictive to operate optimally at the moment. Therefore, The Baxter strengthens its call to the public to become Baxter Coffee Angels.
Neville Alexander-prestige-eerbewyse: Oproep om benoemings
2020-08-28As deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste vieringe, nooi hierdie instelling die publiek om geskikte kandidate te benoem vir die vierde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R20 000 elk.
Pasverskyn: Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser
2020-08-28Stela word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense?
Invalsblad: Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid
2020-08-27Die skrywer Elsa Joubert is op Sondag 14 Junie 2020 oorlede. Haar herdenkingsgeleentheid is op Saterdag 4 Julie 2020 aanlyn aangebied. LitNet publiseer hiermee sommige van die huldeblyke hier gelewer, wat elk uit eie reg ’n soort tydsdokument is. Die indeks is nou bygewerk met nog verdere bydraes.
Persverklaring: inskrywings sluit vir NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021
2020-08-27Die inskrywings vir NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd het pas gesluit en NB-Uitgewers kondig met trots aan dat ’n rekord aantal inskrywings ontvang is. Altesaam 95 inskrywings is ontvang, teenoor die 90 inskrywings van 2018.
Press release: CPO Wind Quintet with pianist Pieter Grobler
2020-08-26Concerts Connect is proud to present the CPO Wind Quintet with pianist Pieter Grobler on 30 August 2020 from the spectacular Moondance Villa in Cape Town. The stream will start at 15:30 with an introduction to the venue, the artists and partner organisations. The concert will start at 16:00.
Persverklaring: kykNET-Rapport 2020 – kortlyste vir resensiepryse bekend
2020-08-26Vier LitNet-resensies is deel van hierdie oes! Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2019 verskyn het.
Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika: Sluitingsdatum vir inskrywings verleng
2020-08-24Terwyl verskeie kunswedstryde en ander feeste vir 2020 reeds met die instelling van die inperking teen die einde van Maart gekanselleer is, het die Nasionale Eisteddfod Akademie reeds van die begin af besluit om voort te gaan met aktiwiteite vir 2020.
Uitnodiging: Ronelda S Kamfer gesels met Lynthia Julius oor Uit die kroes
2020-08-24Jy word vriendelik uitgenooi na ’n gesprek tussen Ronelda S Kamfer en Lynthia Julius op Donderdag 27 Augustus om 18:00. Hulle sal oor Lynthia se digbundel Uit die kroes gesels.
