Persverklaring: Suidoosterfees vier Nelson Mandeladag met spesiale musiekvideo
2020-07-17Die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting vier Nelson Mandeladag vanjaar met ’n spesiale projek. In samewerking met die CTMA (Cape Town Music Academy) en Die Burger stel die fees op 18 Julie 2020 ’n musiekvideo bekend van ’n nuwe weergawe van Amanda Strydom se lied "A child in a faraway land".
Pasverskyn: Swart swaan deur Wilken Calitz
2020-07-16Wilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.
Mediaverklaring: Oudtshoorn-kunstenaars en -werke aan voorpunt van KKNK Virtuele Galery
2020-07-16Vyf visuele kunstenaars van Oudtshoorn se werke word in die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se eerste Virtuele Galery uitgestal.
Digitale boekbekendstelling: Merk deur Rudie van Rensburg
2020-07-16Jy word vriendelik uitgenooi na die digitale boekbekendstelling van Merk deur Rudie van Rensburg op Dinsdag 21 Julie 2020. Phyllis Green gesels met Rudie van Rensburg.
Persverklaring: Afrikaanse folkmusikant Hanru Niemand onthul nuwe album, Opgrawings vir ’n lugkasteel
2020-07-16"Die album is deels retrospektief, soos ’n argeoloog wat opgrawings doen by ’n antieke stad. Die opgraafwerk is egter ook gelyk aan ’n post mortem wat wys hoe dinge skeefgeloop en die verval vastrapplek gekry het."
Press release: Ingrid Jonker Prize 2020 goes to a poignant collection of poems distinguished by a photographer’s instinct
2020-07-14The winner of the Ingrid Jonker Prize for a debut volume of poetry in English published in 2018 and 2019 has been announced.
Inskrywings word ingewag vir die US Woordfeeskortverhaalbundel 2021
2020-07-14Hierdie kortverhaalbundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind.
Persvrystelling: Tuin van Digters in November 2020 huldig digter, vertaler en skrywer Daniel Hugo
2020-07-14Die negende jaarlikse Tuin van Digters-fees, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, sal in 2020 op 27 tot 29 November saam met NB-Uitgewers as medeborg by die Breytenbach Sentrum in Wellington, sowel as op sosiale media platforms, aangebied word.
Pasverskyn: Maggie – My lewe in die kamp deur Maggie Jooste
2020-07-09Maggie is die merkwaardige verhaal van ’n Afrikaanse tienermeisie en haar belewenis van die Anglo-Boereoorlog.
Mediaverklaring TRIBUO: Nuwe ondersteuningsfonds vir die kunste
2020-07-08Die TRIBUO-fonds is ’n inisiatief om die uitvoerende kunste in hierdie uitdagende tye ’n hupstoot te gee. Tribuo, Latyns vir "ek gee", bied ’n geleentheid om ’n belegging in Suid-Afrika se uitnemende kunstenaars te maak.
Virtuele boekbekendstelling: Die kunsversameling van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
2020-07-07Jy word vriendelik uitgenooi na die virtuele boekbekendstelling van Die kunsversameling van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns op Woensdag, 8 Julie om 18:00.
Nuwe dramareeks begin 14 Julie op kykNET
2020-07-06Spoorloos: Heksejag is kykNET, DStv-kanaal 144, se nuwe drama wat vanaf Dinsdag 14 Julie om 20:00 uitgesaai word.
