Ingrid Jonker Prize: Shortlist 2020
2020-07-03The shortlist for the Ingrid Jonker Prize for debut volumes of poetry in English published in 2018 and 2019 has been announced. The prize is alternately awarded on an annual basis to a first volume of poetry in Afrikaans or English – the two languages in which Ingrid Jonker herself wrote.
Pasverskyn: My naam is legio deur Madelein Rust
2020-07-02Renata Malan help weer die polisie om ’n moordenaar vas te trek. Dié keer besef Renata dat die geweldenaar martelmetodes gebruik wat in die ou dae gebruik is om duiwels uit mense te dryf.
Press release: All African series, My better world, nominated for Annecy International Animation Film Festival
2020-06-26My better world, a 55-episode life skills series that follows the adventures of six African teens as they navigate the complex challenges of school, family, and friendship, was selected for competition at the 2020 Annecy International Animation Film Festival.
Pasverskyn: Donker web deur Fanie Viljoen
2020-06-25Greg Owen, voormalige hoofseun van die elite-privaatseunskool Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is ’n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Die langverwagte vervolg op die topverkoper Onderwêreld.
Persvrystelling: Teksmark beloof weer ’n smeltkroes van teater
2020-06-24Die doel van Teksmark, in 2018 vereer met ’n spesiale Fleur du Cap-prys vir innovasie in teater, is om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste te ontwikkel en aan skrywers ’n geleentheid te bied om hul idees en tekste vir moontlike ontwikkeling bekend te stel. Alle skrywers, hetsy gevestig of opkomend, kan deelneem.
Uitnodiging na digitale boekbekendstelling van Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen
2020-06-24Jy word vriendelik uitgenooi na die digitale boekbekendstelling van Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen op Donderdag 25 Junie 2020.
Persverklaring: Uitnodiging – Studiegroep Afrikaans en Nederlands (aanlyn forum)
2020-06-23Die voorstel behels die oprig van ’n aanlyn forum waar nagraadse studente by seminare, leesgroepe en werkswinkels, soortgelyk aan die werksaamhede by ASCA (Amsterdam School for Cultural Analysis) aan die Universiteit van Amsterdam, betrokke is. Die maandelikse lesings sal ’n sekere tema of onderwerp aanspreek waarby al die lede sal baatvind. Hierdie lesings sal dan maandeliks deur een of twee van die lede van die studiegroep aangebied word.
Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar
2020-06-23"Die toekoms van Kaaps"-webinaar van die Afrikaanse Taalraad, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet, het op Jeugdag, 16 Junie 2020, plaasgevind. Lees ook bydraes oor Kaaps deur die jare uit die LitNet-argief.
Press release: Call for entries – Eisteddfod 2020
2020-06-19While many eisteddfod events and other festivals planned for 2020 have been cancelled as a result of the COVID-19 challenge, The National Eisteddfod Academy (NEA) is happy to announce that its national eisteddfod activities for 2020 will go ahead as planned.
Persvrystelling: ’n Unieke uitsending van Jeanne Goosen se Elders aan diens
2020-06-19Liefhebbers van Jeanne Goosen se werk kan uitsien na ’n uitsending van haar 2009-kabaret, Elders aan diens. Dié stuk word deur Nicole Holm, Frieda van den Heever en Luna Paige opgevoer.
Inskrywings vir die ATKV-Woordveertjies 2020 nou oop
2020-06-19Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die ATKV-Woordveertjies is Woensdag 1 Julie 2020.
Pasverskyn: Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis
2020-06-19Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie.
