Persvrystelling: Koning Shaka-boekprojek

  • 0

Ek (Wouter Jacobus Gildenhuys) werk aan ’n prestigepublikasie getiteld Die invloed van Shaka op kuns, literatuur en die samelewing, wat in Afrikaans en isiZulu met ’n addendum in Engels by Naledi gaan verskyn.

Shaka is volgens oorlewering in ongeveer 1781 gebore en het in 1828 gesterf. Hy het in sy leeftyd daarin geslaag om ʼn klomp stamme te verslaan en sy magsposisie oor ʼn magtige militêre volk uit te brei. As militêre despoot het hy ’n ingrypende invloed op sowel militêre as politieke gebied in Suider-Afrika gehad. Oor Shaka bestaan daar uiteenlopende sienings in die geskiedenis en die literatuur.

Die kunshistorikus Elza Miles, digter en letterkundige Johann Lodewyk Marais, uitvoerendekunste-aktivis Vusabama Ngema, taalkundige Wannie Cartstens, kunskenner en -kritikus Marilyn Martin en hoogleraar in Afrikaans en poësiekenner Helize van Vuuren is genooi om bydraes vir die manuskrip oor Koning Shaka in hul onderskeie vakgebiede voor te berei.

Ons het ook Afrikaanse en isiZulu-digters genooi om gedigte oor Shaka te skryf en het heelparty in isiZulu ontvang, maar hoop tog vir nog ’n paar inskrywings. Die sluitingsdatum vir bydraes is uitgestel na 30 September 2020, waarna alles in Afrikaans en isiZulu vertaal sal word. Alle gedigte moet ons voor of op 30 September 2020 bereik.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top