
Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2019 verskyn het. Drie pryse word toegeken: vir Afrikaanse resensies oor Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik sowel as langer, tipies akademiese resensies.
Dié jaarlikse pryse is ingestel om die belange van boeke en die leesgenot van boekliefhebbers te bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf.

Bibi Slippers en Mercy Kannemeyer
Vanjaar se keurders was die boekjoernalis en digter Bibi Slippers, joernalis en skrywer Jomarié Botha en regisseur, skrywer en joernalis Mercy Kannemeyer.
Die kortlyste is in alfabetiese volgorde soos volg:

Jonathan Amid, Willie Burger, Nadine Petrick en Marita van der Vyver
Fiksie:
- Jonathan Amid: “Klikbek verryk ons krimikorpus” (oor Klikbek deur Sidney Gilroy, Rapport Weekliks, 29 September 2019)
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/klikbek-verryk-ons-krimikorpus-20190927 - Willie Burger: “Kies ’n boek” (oor Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach, Vrouekeur, 1 Februarie 2019) https://www.vrouekeur.co.za/nuus-vermaak/kies-n-boek-die-troebel-tyd-ingrid-winterbach
- Nadine Petrick: “Zola” (oor Zola deur Johan Jack Smith, LitNet, 24 Oktober 2019) https://www.litnet.co.za/resensie-zola-deur-johan-jack-smith/
- Marita van der Vyver: “Benderoman is briljant” (oor Lang pad onnetoe deur Nathan Trantraal en Jason Reynolds, Rapport Weekliks, 20 Januarie 2019) https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/benderoman-is-briljant-20190118
Die aantal en gehalte van fiksie-inskrywings het aan vier resensente ’n plek op die fiksie-kortlys besorg.

Sonja Loots, Jean Meiring en Bill Nasson
Niefiksie:
- Sonja Loots: “WAT sonder dié woorde maak mens soema vies” (oor Woordeboek van die Afrikaanse taal Deel XV, Rapport Weekliks, 5 Julie 2019)
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/wat-sonder-die-woorde-maak-mens-soema-vies-20190705 - Jean Meiring: “Dit wat André Brink dryf” (oor André P. Brink en die spel van die liefde deur Leon de Kock, Rapport Weekliks, 19 Mei 2019) https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dit-wat-andre-brink-dryf-20190517
- Bill Nasson: “Moet ons die ABO nou liefs vir die romansiers los?” (oor Rebel: Die lewe van kommandant Hans Lotter deur Chris Schoeman, Rapport Weekliks, 8 Desember 2019) https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/moet-ons-die-abo-nou-liefs-vir-die-romansiers-los-20191207

Izak de Vries, Karen de Wet en Hein Willemse
Langer resensies:
- Izak de Vries: LitNet Akademies-resensie-essay oor 1 Recce, die nag behoort aan ons deur Alexander Strachan, LitNet, 10 Januarie 2019 https://www.litnet.co.za/1-recce-die-nag-behoort-aan-ons-n-litnet-akademies-resensie-essay/
- Karen de Wet: LitNet-resensie oor Jan, Piet, Koos & Jakob deur Loftus Marais, LitNet, 15 Julie 2019 https://www.litnet.co.za/resensie-jan-piet-koos-en-jakob-deur-loftus-marais/
- Hein Willemse: LitNet Akademies-resensie-essay oor Verset en opbou deur JC Steyn – ’n Subteks van ’n Afrikaanse taalgeskiedenis, LitNet, 31 Oktober 2019 https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-verset-en-opbou-deur-jc-steyn/
Volgens die sameroeper van die keurpaneel, Bibi Slippers, is dit vanjaar ’n besondere kopseer om wenners te moet aanwys. “Veral die algehele gehalte van inskrywings in die niefiksie-kategorie is merkbaar beter as vorige jare. In beide die fiksie- en niefiksie-kategorie is daar meer uitskieter-resensies as waarvoor ons op die kortlys kon plek maak. Daar is vanjaar nuwe resensente wat ons verras het met sterk inskrywings en verskeie gereelde resensente van wie meer as een inskrywing 'n aanspraakmaker op die prys was.”
Die wenners word op Saterdag 19 September 2020 aanlyn aangekondig saam met die wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse. Die skakel na die aankondiging sal op kykNET en Rapport se Facebook-blaaie beskikbaar wees.
Lees die LitNet-resensies wat almal benoem word hier:
LitNet Akademies-resensie-essay: Verset en opbou deur JC Steyn
1 Recce, die nag behoort aan ons: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

