Persvrystelling: VrySpraak-digitaal, die Vrystaat Kunstefees se Literatuurfees skop vandag af!

  • 0

Vryspraak Digitaal is ’n digitale uitbreiding van die Vrystaat Literatuurfees, en betrek ’n verskeidenheid aanlyn boekbekendstellings en -besprekings, en digkunsvoorlesings en -optredes. Hierdie gesprekke, voorlesings en opvoerings sal deur middel van verskillende formate aangebied word, waaronder potgooi, vooraf opgeneemde videogesprekke, radioprogramme en regstreekse, livestream sessies met Suid-Afrikaanse en internasionale skrywers en digters. In ’n opwindende toevoeging, sal die Vryspraak-program ontwikkel word tot ’n intekenaarsplatform waar toeskouers ’n klein maandelikse fooi betaal, wat hulle toegang tot alle beskikbare inhoud verleen, met nuwe boek- en poësie-geleenthede wat deurlopend opgelaai word. Alle boekliefhebbers word uitgenooi om die VS Vryspraak Digitaal (web)bladsy te boekmerk!

 VrySpraak-digitaal se volledige program is hier beskikbaar.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top