LitNet

LitNet

UJ-boekpryse-2020: prysoorhandigings en videogesprekke met die wenners

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-16

Weens veiligheidsmaatreëls en ongewone omstandighede rondom COVID-19 is besluit om die 2020-UJ-boekprysoorhandigings vanjaar aanlyn te laat plaasvind. Hier is ’n video-opname van ’n verwelkoming deur Karen de Wet, ’n gesprek tussen Amanda Lourens en Ruan Kemp, gevolg deur ’n gesprek tussen Frederick Botha en Etienne van Heerden.

Rus in vrede, Ampie Coetzee

LitNet In memoriam 2020-10-15

LitNet het met leedwese verneem dat Ampie Coetzee oorlede is.

Pasverskyn: Braaibroodjies en burgers deur Jan Braai

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-15

"Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee."

Uitnodiging: 49ste JBM Hertzog-gedenklesing

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020-10-15

Jy word uitgenooi na die 49ste JBM Hertzog-gedenklesing wat op 21 Oktober om 18:00 gratis op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-bladsy aangebied word. Fransjohan Pretorius is vanjaar die spreker.

Kommadagga: Poskaarte van Paulet Huis | Postcards from Paulet House

LitNet Slypskole 2020-10-14

Kyk na die eerste foto’s van LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat Maandag 12 Oktober 2020 op Somerset-Oos begin het.

Persverklaring oor Wesens: ’n eerste vir Afrikaanse filmteater

LitNet Film 2020-10-14

’n Vreemde voorwerp land op 3 Desember 1967 op ’n boer se plaas in die Karoo. Wat volg, is ’n raaisel wat jou sal boei tot op die laaste oomblik.

Mondig

LitNet Poësie 2020-10-14

LitNet is 21 jaar oud. Met dié mylpaal in gedagte het digters vir ons verse geskryf. Lees die bydraes hier.

Persverklaring en uitnodiging: stuur voorleggings vir 2021-kykNET-Rapport-boekpryse

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-14

Uitgewers  word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2021-kykNET-Rapport-boekpryse.

Ontlaering 2021: Eerste oproep om voorstelle

LitNet Akademies en skole 2020-10-13

Die tema van die aanlyn 2021-kongres is Geworteldheid: die onderrig van Afrikaans in spesifieke ruimtes. Voorleggings van tot 300 woorde word ingewag teen 31 Januarie 2021. Ons nooi veral opkomende akademici, en navorsers en dosente wat in België, Nederland, Pole, Aruba, die VSA en Namibië met/oor Afrikaans werk om deel te neem.

LitNet: Senekal

LitNet Nuusbrief 2020-10-09

LitNet: Senekal

Pasverskyn: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-08

Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat. Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.

Kommadagga – hier is ons deelnemers

LitNet Slypskole 2020-10-07

Ontmoet die ses beginnerskrywers wat deelneem aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat van 12 Oktober tot 1 November 2020 op Somerset-Oos gehou word.

Die KKNK en URUCU bied ’n webinaarreeks aan oor kwessies uit Stam (The tree)

LitNet Film 2020-10-07

Die gesprekke wat aanlyn plaasvind, sluit temas in soos: wat ons nie van geslagsgebaseerde geweld sê nie, die trauma van die versorger; en die verhouding tussen verslawing en verbondenheid.

Virtuele boekbekendstelling: Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-07

Jy word hartlik uitgenooi na die virtuele boekbekendstelling van Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius op 13 Oktober 2020 om 18:00. 

Uitnodiging: virtuele oorhandiging van die 2020 UJ-pryse vir Afrikaans

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-07

Die kantoor vir Meertalige Taaldienste by die UJ nooi jou vriendelik uit om vanaf 16 Oktober 2020 na vanjaar se virtuele oorhandiging van die 2020 UJ-pryse vir Afrikaans op LitNet te kyk. 

Top