LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020

  • 0

’n Woord kan ’n tydsgees vasvang.

  • In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se "Suid-Afrikaanse woord van die jaar"-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".
  • Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014" deur Willem Botha en die WAT.)
  • In 2015 was daar vuurwarm diskoers rondom studenteprotes en hutsmerkveldtogte. "#" is as wenner aangewys.
  • In 2016 het politieke terme hoogty gevier en "staatskaping" is as die wenner aangewys.
  • In 2017 was die media in die spervuur as gevolg van vals nuusberigte en is "fopnuus" as wenner aangewys.
  • In 2018 was die wenwoord "grondonteiening".
  • In 2019 was "droogte" die woord van die jaar.

.....

Wat is 2020 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Stuur vir ons jou woord van die jaar in enige variëteit van Afrikaans.

.....

LitNet sal R1 000 toeken aan een woord, die sterkste inskrywing volgens LitNet se redaksie.

Indien die gekose woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.

Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom. Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.

Kompetisiereëls:

  • Stuur jou woord voor middernag op Vrydag 4 Desember 2020 aan [email protected].
  • Geen sinne of frases sal aanvaar word nie; slegs ’n enkele woord.
  • Slegs een inskrywing per persoon.
  • Deur in te skryf, stem jy toe dat LitNet jou mag inteken op die weeklikse nuusbrief wat na jou e-posadres gestuur word indien jy nog nie ingeteken is nie.
  • LitNet behou hom die reg voor om geen prys toe te ken nie.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top