Persverklaring: Die McGregor Gedigtefees vier 10 jaar!
2022-08-16Digters wat belangstel om vanjaar deel van die amptelike feesprogram te wees, kan hier inligting kry oor hoe om kontak te maak vir oorweging. Inskrywings vir die gedigteskryfkompetisie is ook nou oop. Kontantpryse te wen. Klik hier vir meer inligting.
Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2022: Kortlyste bekend
2022-08-14Vroueskrywers maak skoonskip op die twee fiksiekortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-boekpryse. Onder hulle is die bekroonde digter Ronelda Kamfer wie se debuutroman Kompoun vir beide die kykNET-Rapportprys vir romans en die Jan Rabie-Rapportprys vir eerste of tweede prosawerke benoem is.
Musiekvideo: Margot beweeg teen 110!
2022-08-12Dit is warm en gemaklik soos hoërskooldrukkies. Dit is onskuldig en eerlikwaar verfrissend om ’n liedjie te hoor sonder enige seksuele innuendo.
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-11Staan nader, al julle snare, en kyk bietjie hoeveel snare het ’n kitaar! Van sesse gepraat: is jy in graad 6 en luister jy eerder popmusiek as om Wiskunde te doen? Met Lee-Ann West se gratis oefenvraestel en -memo kan jou toetspunte hierdie kwartaal soos musiek in jou ore klink.
Press release: Cape Town welcomes back the Open Book Festival – September 2022
2022-08-11The event in September brings people together for lively conversations with authors and other guest speakers, in one central location in Cape Town’s historic District Six. The program sees a mix of established and debut authors engaging with audiences over three days.
Nuut by Protea Boekhuis: Kodachrome deur Tom Dreyer
2022-08-11Om hierdie skryfsels te lees is soos die oomblik wanneer jy ’n 3D-bril opsit of ’n towersampioen eet: Alles lyk opeens anders, die wêreld is op sy kop gedraai, oral knetter moontlikhede.
Nuut by Hemel & See: Verdeelde stand | Divided stance deur Celesté Fritze
2022-08-11Die digter gebruik die taal van die moeder en die werkstaal van die vader om wydlopende temas soos die omgewing, meertaligheid, tolking, die politieke bestel, die liefde, verlies en veroudering, die Covid-19-pandemie, metapoësie, delusies, en drome aan te roer.
New from Catalyst Press: Today is tomorrow by Caroline Kurtz
2022-08-11A deeply personal examination of South Sudan at war – and a woman at war with herself – Today is tomorrow shines a warm light on the darkest of places.
New from Catalyst Press: The Cedarville shop and the wheelbarrow swap by Bridget Krone
2022-08-11When Boi stumbles upon a story about a Canadian man who traded his way from a paperclip to a house, Boi hatches his own trading plan starting with a tiny clay cow he moulded from river mud.
Nuut by Naledi: Halfpad hol deur Amos van der Westhuizen
2022-08-11Halfpad hol is die storie van vier karakters wat hulle lewensweg moet vind in die godsdienstig versplinterde landskap van postapartheid Suid-Afrika.
Nuut by Penguin Random House: Die drie lewens van Hannli Human deur Connie Luyt
2022-08-11Sal haar ouma se belofte van ’n gelukkige lewe vir haar hier op Salt Rock waar word – of lê haar geluk verder noord in die Afrika-landskap van haar kindertyd?
Nuut by LAPA: Vleisfees op Karibib deur Isa Konrad
2022-08-11Liefde en dood loop hand aan hand deur die woestyn. Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel.
Nuut by LAPA: Hartklop deur Sunel Combrinck
2022-08-11Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink, en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit.
Uitnodiging: Boekbekendstelling – So is onse mense deur JC Steyn
2022-08-11Jy word uitgenooi na ’n viering van die skrywer JC Steyn en die bekendstelling van sy laaste boek, So is onse mense, op Vrydag 26 Augustus 2022 in Bloemfontein. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
