Persverklaring: Hier is die wenners van die ATM se jongste Arabies-Afrikaanse wedstryd | Here are the winners of the ATM’s latest Arabic Afrikaans competition

  • 0
Hier is die wenners van nuwe Arabies-Afrikaanse werke | Here are the winners of new Arabic Afrikaans works (English below)

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Historium Trust is verheug om die wenners van hul jongste Arabies-Afrikaanse kompetisie, waarvoor R10 000 en jaarpermitte op die spel was, aan te kondig.

Vanuit Komatipoort, Mpumalanga, is Zahraa Ameer die algehele wenner, met haar suster, Zaynad Ameer, en Naeema Fredericks van Kaapstad wat as gesamentlike naaswenners op Saterdag, 15 Oktober, tydens die Neville Alexander-gedenklesing by die Paarl aangewys is.

Die tien ander beste werke word vir ’n paar maande saam met dié drie se inskrywings in die monument se Groen Galery uitgestal.

Ter ere van Erfenismaand en spesifiek die bydrae van Arabies-Afrikaans tot die taal se wording het die ATM kort Afrikaanse tekste in Arabiese of Jawiese (Arabiese alfabet soos aangepas vir Afrikaans) skrif versoek. Dit volg op die hoogs suksesvolle kompetisie in 2020 toe meer as 40 nuwe Arabies-Afrikaanse geskrifte ontvang is asook die onlangse Arabies-Afrikaanse werkswinkel by die museum.

Die positiewe reaksie, mediadekking en talle inskrywings – van religieuse tekste en poësie tot oorspronklike werke in Afrikaans – bewys dat daar steeds ’n groot belangstelling in Arabies-Afrikaans is. Naas Suid-Afrika, was daar vanjaar ook inskrywings van Duitsland en Katar, met Ludwig Schmidt, Alamien Gaidien, Egbert Vermaak, Suleman Dangor, Jubayda Venos, Albrecht Beer, Johann Potgieter, Dorette Booysen, Tuhfah Emjedi en Jo-Mari Reynolds wie se werke die top-13 gehaal het.

Volgens die wenner stel sy belang in Arabies-Afrikaans "omdat dit ’n groot rol speel in die geskiedenis van Moslems in Suid-Afrika. Ek is Moslem-Indiër van etnisiteit en my huistaal is nie Afrikaans nie, maar ek het grootgeword in ’n meestal Afrikaanssprekende dorpie en skoolgegaan in ’n Afrikaanse skool," sê Zahraa Ameer. "Baie Suid-Afrikaanse Moslems wat nie in die Kaap grootgeword het of Kaaps-Maleis is nie, is onbewus van hoe ryke rol Afrikaans in die geskiedenis van ons geloof en godsdiens speel."

Naaswenner Naeema Fredericks sê sy vind hierdie tipe skryfwerk baie uniek. "Ek het baie tyd aan redigering bestee aangesien ek dit vir die lesers maklik wou maak."

"Afrikaans is vir my ’n baie fassinerende taal," verduidelik die ander naaswenner, Zaynad Ameer. "Ek stel nie gewoonlik in geskiedenis belang nie, maar die geskiedenis van die taal is vir my baie besonders en interessant. Die kompetisie was uitdagend en lekker; terselfdertyd het dit my herinner aan sjeg Abu Bakr Effendi wat Arabies-Afrikaans in sy madrassa gebruik het. Die moeilikste ding was om die regte klanke vir sekere letters te kry wat nie ooreenstem nie."

Afrikaans wat met behulp van die Arabiese alfabet geskryf is, word algemeen aanvaar as die eerste geskrewe vorm van Afrikaans. Talle Arabies-Afrikaanse geskrifte – soos studentenotaboeke, verkiesingsplakkate, publikasies en manuskripte – het behoue gebly; tot dusver is 74 van dié werke wat tussen 1845 en 1957 geskryf is, deur kundiges ontdek en geïdentifiseer. Hieronder tel uitstekende voorbeelde van die vroegste Afrikaanse literatuur. Daar is boonop heelwat Arabies-Afrikaanse geskrifte in privaatbesit wat die ATM graag wil digitaliseer om dit vir die nageslag te bewaar.

Die beoordelaar was dr. Shamiega Chaudhari, ’n dosent in die fakulteit opvoedkunde aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie waar sy Afrikaans as hoofvak en Kurrikulumstudie doseer. Sy is nie net ’n kenner op Afrikaans en Arabies – en liefhebber van Jawies – nie, maar fokus ook op dekolonisering, identiteitstudies en oratuur. Volgens haar was die beoordeling nie maklik nie, maar het die top-3 kop-bo-water uitgestaan. "Ek wil ook spesiale melding maak van die onmiddellike opvolgers in die 8/10-kategorie wat uitstekende werk gelewer het," sê sy. "Aan die res van die kandidate wil ek graag my dank betuig; dit was goed en getuig van harde werk en belangstelling." Om by hierdie kompetisie aan te sluit, het Chaudhari boonop op 16 Julie 2022 ’n stimulerende Arabies-Afrikaanse werkswinkel vir beginners aangebied; die moderne tipe ‘madrassa’-klas is nie net goed bygewoon nie, maar daar was talle versoeke vir nog werksessies.

Volgens Michael Jonas, direkteur van die ATM, is die doel van hierdie werkswinkels en kompetisies om ’n moderne bydrae tot dié skryftradisie te lewer. "Ons missie is immers om onder meer die versweë geskiedenisse van Afrikaans te belig en die ryke diversiteit van Afrikaans se ontstaansgeskiedenis asook haar moderne gedaantes te vier. Daarom wil ons mense aanmoedig om ook op hierdie manier hul deelname aan hierdie taal te herbevestig," sê hy. "In die Taalmuseum in die Paarl gee ons heelwat erkenning aan Abu Bakr Effendi wat in die 1800’s ’n groot rol in die ontwikkeling van Arabies-Afrikaans en derhalwe ook Afrikaans in die Bo-Kaap gespeel het. Ons wil graag sien dat die Afrikaanse gemeenskap hierop voortbou." 

Die wenner ontvang R5 000 kontant en die twee naaswenners R2 500 elk, geborg deur die Historium Trust. Al drie wen ook ’n gesinsjaarpermit vir die ATM wat onbeperkte besoeke vir vier mense aan die monument, museum, koffiewinkel en volmaanpieknieks insluit. Om dit aan ’n groter gehoor bloot te stel, word die beste dertien inskrywings in die monument se Groen Galery uitgestal waar die Romeinse en Arabiese/Jawiese weergawes van dieselfde Afrikaanse tekste naas mekaar sal verskyn. Dit is ook aanlyn beskikbaar by www.taalmuseum.co.za/groen-galery.

• Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die ATM Koffiehuis bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte.

****

Here are the winners of new Arabic Afrikaans works

The Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) and Historium Trust are delighted to announce the winners of their latest Arabic Afrikaans competition, for which R10 000 and annual permits were up for grabs.

From Komatipoort, Mpumalanga, Zahraa Ameer is the overall winner, with her sister, Zaynad Ameer, and Naeema Fredericks from Cape Town named as joint runners-up during the Neville Alexander Memorial Lecture at Paarl on Saturday, 15 October.

The ten other best works, together with the entries of these three, are exhibited for a few months in the monument's outdoor gallery.

In honour of Heritage Month and specifically the contribution of Arabic Afrikaans to the language's development, the ATM requested short Afrikaans texts in Arabic or Jawi (Arabic alphabet as adapted for Afrikaans) script. This follows the highly successful competition in 2020 when more than 40 new Arabic Afrikaans writings were received, as well as the recent Arabic Afrikaans workshop at the museum.

The positive response, media coverage and numerous entries - from religious texts and poetry to original works in Afrikaans - prove that there is still a great interest in Arabic Afrikaans. In addition to South Africa, this year also saw entries from Germany and Qatar, with Ludwig Schmidt, Alamien Gaidien, Egbert Vermaak, Suleman Dangor, Jubayda Venos, Albrecht Beer, Johann Potgieter, Dorette Booysen, Tuhfah Emjedi and Jo-Mari Reynolds whose works made it to the top-13.

According to the winner, she is interested in Arabic Afrikaans "as it plays a big role in the history of Muslims in South Africa. I am Muslim-Indian by ethnicity and my home language is not Afrikaans, but I grew up in a mostly Afrikaans-speaking village and went to an Afrikaans school," says Zahraa Ameer. "Many South African Muslims who did not grow up in the Cape or are not Cape Malay are unaware of how rich a role Afrikaans plays in the history of our faith and religion."

Runner-up Naeema Fredericks says she finds this type of writing very unique. "I spent a lot of time editing because I wanted to make it easy for the readers."

"Afrikaans is a very fascinating language for me," explains the other runner-up, Zaynad Ameer. "I'm not usually interested in history, but the history of the language is very special and interesting to me. The competition was challenging and fun; at the same time, it reminded me of sheikh Abu Bakr Effendi who used Arabic Afrikaans in his madrassa. The hardest thing was finding the right sounds for certain letters that didn't match."

Afrikaans written using the Arabic alphabet is generally accepted as the first written form of Afrikaans. Numerous Arabic Afrikaans writings – such as student notebooks, election posters, publications and manuscripts – have been preserved; so far 74 of these works written between 1845 and 1957 have been discovered and identified by experts. Amongst them are excellent examples of the earliest Afrikaans literature. In addition, many more Arabic-Afrikaans writings are privately owned, which the ATM would love to digitalise for future generations. 

The judge was Dr Shamiega Chaudhari, a lecturer in the faculty of education at the Cape Peninsula University of Technology where she teaches Afrikaans as a major and Curriculum Studies. She is not only an expert on Afrikaans and Arabic - and a lover of Jawi - but also focuses on decolonisation, identity studies and orature. According to her, the judging was not easy, but the top 3 stood out head and shoulders above the rest. "I also want to make a special mention of the immediate runners-up in the 8/10 category who did an excellent job," she says. "To the rest of the candidates I would like to express my thanks; it was good, and shows hard work and interest." In conjunction with this competition, Chaudhari also presented a stimulating Arabic Afrikaans workshop for beginners on 16 July 2022; the modern type 'madrassa' class was not only well attended, but there were numerous requests for more workshops.

According to Michael Jonas, director of the ATM, the aim of this competition is to make a modern contribution to this unique writing tradition. "Our mission, after all, is to also highlight the lessor-known histories of Afrikaans and to celebrate the rich diversity of Afrikaans's development as well as its modern forms. That is why we want to encourage people to reaffirm their participation in this language in this way," he says. "In the Taalmuseum in Paarl we give a lot of recognition to Abu Bakr Effendi, who played a major role in the development of Arabic Afrikaans and thereby also Afrikaans in the 1800s in the Bo-Kaap. We would like to see the Afrikaans community build on this."

The winner receives R5 000 in cash and the two runners-up R2 500 each, sponsored by the Historium Trust. All three also win a family year permit for the ATM that includes unlimited visits for four people to the monument, museum, coffee shop and full moon picnics. To reach a wider audience, the best 13 entries are exhibited in the monument’s outdoor gallery where the Roman and Arabic/Jawi versions of the same Afrikaans text appear side by side. It is also available online at taalmuseum.co.za/groen-galery

• For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument, call 021 872 3441/863 0543, visit taalmonument.co.za or follow them on Facebook. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages on the symbolism of the Taalmonument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution's past, present and future. There are also many resources for school and research projects. Annual permits are available at only R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all Full Moon Picnics. The ATM Koffiehuis offers delicious food and beautiful views daily.  

Lees ook:

Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid

Review vannie Arabies-Afrikaans Workshop met die Afrikaanse Taalmuseum

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top