LitNet

LitNet

Pasverskyn: Wêreld van wolwe 3: Derde mag deur Fanie Viljoen

LitNet Boeke en skrywers 2022-08-11

Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter.

Graad 5: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-10

As jy in graad 5 is, weet jy mens kry vyf soorte voedselgroepe: lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed en lekkergoed. Toemaar, ons by LitNet wens ook dit was waar (maar daar is ’n som oor pannekoeke hier versteek). Ons kan jou dag tog so effens versoet deur hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West met jou te deel. Klik hier om dit gratis af te laai en begin sommer vandag al daaraan smul.

Persverklaring: Dialoogprogram vir Skrywers van die Lae Lande en Suid-Afrika

LitNet Boeke en skrywers 2022-08-10

Twee Vlaamse skrywers word elke jaar gekies om ’n skrywersresidensie met twee Suid-Afrikaanse skrywers te deel. Vanjaar se skrywers is Yousra Benfquih en Fleur Pierets. Hier is nog inligting oor die inisiatief en hoe om aansoek te doen vir die residensie, wat vanaf 7 tot 21 November 2022 in Somerset-Oos plaasvind.

Press release: Major nomination for Sifiso Mzobe

LitNet Books and writers 2022-08-08

On October 27, 2022, the Hurston/Wright Foundation will announce, during their annual Legacy Awards celebration, the winners of the juried awards for books by black authors published in 2021 in the categories of debut fiction, fiction, nonfiction, and poetry.

Eerste slukkie: Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2022-08-08

"Tedeschi en Calhoun het hul navorsing onder ander getraumatiseerde groepe herhaal. Hulle het met oorlogsveterane, kankeroorlewendes en oudgevangenes gesels. Waar hulle posttraumatiese stresversteuring verwag het, het hulle keer op keer groei aangetref. In 1996 het hulle hul 'posttraumatic growth inventory' gepubliseer, ’n databasis van bevindings wat só omvattend was dat niemand dit meer kon ignoreer nie."

LitNet: Om te skryf

LitNet Nuusbrief 2022-08-05

LitNet: Om te skryf

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-05

Is jy in graad 7 en weet jy hoeveel kontinente daar op aarde is? Wag, op hierdie prent is een van hulle soek! As jy voel daar is ook ’n leemte in jou Wiskunde-kennis kan hierdie vraestel deur Wilhelm du Toit ’n meer volledige legkaart help pak. Laai sy oefenvraestel en -memo hier af. Hierdie toetsreeks hoef verlore legkaartstukkies jou nie te frusteer nie.

LitNet-slypskool Om te skryf

LitNet Slypskole 2022-08-05

Alle voornemende skrywers is welkom om in te skryf vir keuring vir die LitNet-slypskool Om te skryf. Voorleggings van kortverhale word ingewag en vyf skrywers sal aangewys word om deel te neem. Voorkeur sal verleen word aan goeie werk van skrywers wat nog nie solopublikasies gelewer het nie.

Persverklaring: McGregor gedigtefees, skryfkompetisie 2022

LitNet Skryfwerk 2022-08-04

Die McGregor Gedigtefees wil digters jonk en oud aanmoedig om te skryf en te bly skryf. Die jaarlikse gedigteskryfkompetisie is een van die opwindende elemente van die fees. Daar is groot kontantpryse!

Eerste slukkie: "Die soldaat se vingerhoed wikkel en flits", ’n essay uit Tom Dreyer se Kodachrome, 90 flitse

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2022-08-04

"Die vingerhoed was ’n verrassing, en ek het sedertdien al ’n paar keer ’n soldaat in my geestesoog op een van daai klipmure sien sit, doenig met ’n bietjie naaldwerk voor ’n volgende inspeksie." Lees ’n uittreksel uit Tom Dreyer se bundel. Hier is ook inligting omtrent die boekbekendstelling by Protea-boekwinkel op Saterdagoggend 6 Augustus in Stellenbosch.

Pasverskyn: Om te skryf (tweede uitgawe)

LitNet Boeke en skrywers 2022-08-03

Wat dié boek besonders maak, is dat dit eerder wys as om vir jou te vertel hoe om te skryf. Jy loer as ’t ware oor mense se skouers en kyk hoe hulle met woorde werk.

Persverklaring: Taalmuseum vier Taaldag met gesprek wat prikkel

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-08-03

Jy word uitgenooi na die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se gewilde Taaldagviering op Vrydag 12 Augustus 2022, vanjaar in die vorm ’n paneelgesprek met vroue wat deskundiges op uiteenlopende taalgebiede is. 

Wydlopende kommentaar deur akademici op Van Coller-debat

LitNet Menings 2022-08-03

Nadat Hennie van Coller as voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Letterkundekommissie bedank het, het prominente persone in die akademie op LitNet kommentaar gelewer oor die debat wat ontstaan het. Lees hier wat hulle sê, en sê ook jou sê.

Nuut by Sunbird Publishers: VELD – Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-08-03

Hierdie gids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen.

New from Penguin Random House: Dear Comrade President by André Odendaal

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-08-03

In his annual presidential address on 8 January 1986, ANC president Oliver Tambo called on South Africans to make apartheid ungovernable through militant action.

Top