LitNet

LitNet

Persverklaring: ViVA bied ’n redigeringswerkwinkel aan | 26 Februarie 2024

LitNet Skryfsake en rubrieke 2024-02-23

In die redigeringswerkwinkel kyk deelnemers en VivA na makroredigeringskwessies soos genrekonvensies, struktuur en verwysings, mikroredigeringskwessies soos styl, formatering, taalgebruik en interpunksie, en die K3-model as ’n praktiese hulpmiddel by redigering. Klik hier vir meer inligting.

Persverklaring: 2024 Endler-konsertreeks betower met eklektiese eerste seisoen

LitNet Musiek 2024-02-23

Die Universiteit Stellenbosch Konservatorium is trots om die langverwagte seisoen van die 2024 Endler-konsertreeks aan te kondig.

Persverklaring: Kortlys vir LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie 2023 bekend!

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-02-22

Die Jeugromankompetisie word elke tweede jaar aangebied en dié gewilde kompetisie trek elke slag groot name.

LitNet: Jou LitNet-luisterverhaal

LitNet Nuusbrief 2024-02-22

LitNet: Jou LitNet-luisterverhaal

Nuut by Best Books: Faan Haas land in die pot en ander stories – Meerkatreeks (graad 1)

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-22

Die Meerkatreeks-klasleesboeke volg ’n fonetiese benadering waar klanke, en later spelkonvensies, stap vir stap aangebied word. Die progressie van fonetiese vaardighede duidelik gesien word. Die leeslesse word deurgaans vergesel met leesopdragte wat leesbegrip aanmoedig. Die leesstukke is opwindend en kontemporêr en sluit onder andere stories, fabels, grappies, feitestukke, advertensies en voorbeelde van digitale kommunikasie in.

Nuut by Tafelberg: Die feëtjiepolisiediens deur Leon-Ben Lamprecht

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-22

Almal in Feëtjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feëtjiepolisiediens wat ’n oog oor hulle hou! Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg ... te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.  

Nuut by Human & Rousseau: ’n Saak van lewe of dood deur Alet Steenkamp en Nerine Ahlers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-22
Zander voel sy ouers sien hom nie meer raak ná sy sussie se dood nie. Hy en drie maats skiet ’n seerower-film vir ’n skoolprojek by ’n ou verlate huis in hulle straat. Wanneer hulle op iets skokkends in ’n swembad afkom en besef wie die skuldige is, is hul lewens in gevaar.

Nuut by Human & Rousseau: Tuimeltrein deur René van Zyl

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-22

Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?

Nuut by Human & Rousseau: Wim Vermaak maak ’n plan deur William Oosthuizen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-22

Die verhaal neem die lesers op ’n lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Katie en ’n Great Dane-brak – Krummel. Ouma Katie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes. Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees. 

Nuut by Best Books: Die emmerskoplys deur Heléne de Clercq

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-22

Die verhaal neem die lesers op ’n lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Katie en ’n Great Dane-brak – Krummel. Ouma Katie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes. Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees. 

Pasverskyn: Dis mos nou Afrikaans! – handboek en studiegids (EAT) deur Henriëtte Turner en Suneen Laing

LitNet Boeke en skrywers 2024-02-22

Voel Afrikaans soms vir jou soos ’n vreemde taal? Dis mos nou Afrikaans! neem jou vanaf graad 8 tot graad 12 op ’n reis om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester, sodat jy die finale matriekeksamen met vlieënde vaandels sal slaag. Die boek is ’n omvattende, gebruikersvriendelike naslaanbron wat deur sowel onderwysers as leerders gebruik kan word.

Luisterverhale

LitNet Luisterverhale 2024-02-22

Luisterverhale is ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.

Persverklaring: Die 14de kykNET Fiëstas vereer twee kultuurreuse in die kunste

LitNet kykNET Portaal 2024-02-21

By die veertiende kykNET Fiësta-toekennings vanjaar word twee reuse in hul onderskeie velde as legendes vir hulle lewensbydrae tot die kunste in Suid-Afrika gehuldig.

Press release | Persverklaring: Kaaps Symposium – Final call for papers | Finale oproep vir papers

LitNet Akademies en skole 2024-02-21

The final submission date is 31 May 2024. | Die finale datum van indiening is 31 Mei 2024.

Persverklaring: Jy kan die volgende Afrikaanse miljoenêr wees!

LitNet kykNET Portaal 2024-02-20

Vinnige vingers eerste! kykNET se gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? soek weer deelnemers. Soos met die vorige reekse, is daar weer ’n allemintige R1 miljoen op die spel wat wag om deur iemand opgeraap te word wat oor ’n goeie skeut algemene kennis beskik.

Top