LitNet

LitNet

Luisterverhale

LitNet Luisterverhale 2024-02-22

Luisterverhale is ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.

Persverklaring: Die 14de kykNET Fiëstas vereer twee kultuurreuse in die kunste

LitNet kykNET Portaal 2024-02-21

By die veertiende kykNET Fiësta-toekennings vanjaar word twee reuse in hul onderskeie velde as legendes vir hulle lewensbydrae tot die kunste in Suid-Afrika gehuldig.

Press release | Persverklaring: Kaaps Symposium – Final call for papers | Finale oproep vir papers

LitNet Akademies en skole 2024-02-21

The final submission date is 31 May 2024. | Die finale datum van indiening is 31 Mei 2024.

Persverklaring: Jy kan die volgende Afrikaanse miljoenêr wees!

LitNet kykNET Portaal 2024-02-20

Vinnige vingers eerste! kykNET se gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? soek weer deelnemers. Soos met die vorige reekse, is daar weer ’n allemintige R1 miljoen op die spel wat wag om deur iemand opgeraap te word wat oor ’n goeie skeut algemene kennis beskik.

Graad 7: Wiskunde-werkopdrag 2 en memo, kwartaal 1

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-02-19

Is jy in graad 7 en besorg breuke jou hoofbrekens? Hier is ’n gratis werkopdrag en memo deur Wilhelm du Toit waaraan jy kan smul. Kort voor lank sal jy sien: die wêreld wemel van breuke – en Wiskunde raak so lekker soos om ’n snytjie uit die tert te sny en sommer elke som te verorber. 

Persverklaring: Skrywersverblyf wink vir opkomende skrywers van fiksie en niefiksie in 2024

LitNet Slypskole 2024-02-19

Die Jakes Gerwel Stigting (JGS) en NB-Uitgewers kondig met trots die opkomende skrywers van fiksie en niefiksie aan wat gekies is om in 2024 deel te neem aan hul Bosberg-boekskryf-mentorskapprogram.

LitNet: Wel ter tale

LitNet Nuusbrief 2024-02-15

LitNet: Wel ter tale

Uitnodiging: Boom, Bomer, Boomste | Breytenbach-galery, 17 Februarie 2024

LitNet Kuns 2024-02-14

Boom Bomer Boomste open op Saterdag 17 Februarie om 11:00 by die Breytenbach-galery. Met Dave Pepler as gaspreker en kunswerke deur Varenka Paschke, Gustav Bester, Estelle Marais, Johan Swart, Nanette Ranger, Heinz Modler, Susan Grundling, Jacques Dhont, Sharle Matthews, Zonia Scheffer, Susan Bloemhof, Desirée Malan, Estelle Louw, Zach Mukwira en Kobus Coetzee.

Persverklaring: Hier is die Adam Small-fees se program

LitNet Feeste 2024-02-14

Die Adam Small-fees van 2024 vind van 23 tot 25 Februarie plaas te Pniel, met ’n skoleprogram wat begin op 22 Februarie. Hier is die volledige program en meer inligting oor aspekte daarvan.

Nuut by Lapa: Vlug van gister deur Jan Bonthuys

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-14

Ná jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man, Gert, haar byna in die hospitaal in. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, ’n werk of familie wat haar kan ondersteun? Só kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die beste. Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom ’n plaaslike boer, Dewald, tot haar redding.

New from Lapa: Apocalypse at the end of the street compiled by Marieta Nel

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-14

Apocalypse at the end of the street is a brand-new anthology compiled by Marieta Nel. This anthology contains texts in the following genres: short stories, folklore, poetry and drama.

Nuut by Lapa: Vasbytvyf: Die ontvoering deur Eleanor Lombard

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-14

Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan! Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré wéét wat hulle gesien het … en daar is net een oplossing: hulle moet die meisies red. 

New from Kwela: Finding purpose by Thami Nkadimeng

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-14

Thami Nkadimeng, also known as "the message architect", works with presidents, executives, corporate leaders and organisations worldwide to make positive change in the world. But before she could follow her calling, Thami had to overcome her own self-doubt. In Finding purpose, she takes us along in her quest to discover her life’s aim.

Nuut by Protea Boekhuis: Samoe(r)sa reis, bygewerk en bygereis deur C Johan Bakkes

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-14

Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die "Boksombende" wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.

Nuut by Human & Rousseau: Hoe gril ek nou! deur François Bloemhoef en De Wet Hugo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-02-14

Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister: Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan.

Top