Laai die volledige oproep hier af.
Oorspronklike navorsing van tussen 5,000 en 8,000 woorde, in Engels of Afrikaans, word ingewag sowel as korter beskouings (van tot 3,000 woorde) van outeurs, openbare figure, instellings en tekste.
Afrikaanse bydraes (in enige variant van Afrikaans) sal verskyn in Tydskrif vir Geesteswetenskappe en Engelse bydraes in Image & Text.
Bydraes tot ’n vierde afdeling, met digitale, visuele en kreatiewe werk wat aansluit by die bogenoemde temas word ook verwelkom, en só ook langer profiele oor outeurs en digters soos Bettina Wyngaard, Chase Rhys, Azille Coetzee, Pieter Odendaal, Mia Arderne, Loftus Marais, Francois Loots, Emma Huismans, Francois Bloemhof, Welma Odendaal, Eben Venter, Fourie Botha, en Marlize Hobbs, sowel as oor denker-outeurs/digters soos Marius Crous, Stephen Gray en Marthinus Beukes.
Belangstelling kan aangedui word deur ’n opsomming van 300 woorde of minder teen einde Mei 2024 aan die gasredakteurs per e-pos te stuur.
Laai die volledige oproep hier af.

