Persverklaring: Laerskool Noord, die komedie, toer voort!
2024-02-05Na meer as 80 vertoning en amper twee jaar op die pad is die komedie Laerskool Noord weereens op die pad, maar op sy laaste rondtes.
Persverklaring: Verskeie bekroonde produksies by KKNK te sien
2024-02-04Teaterliefhebbers kan uitsien na verskeie bekroonde teaterproduksies van feeste regoor Suid-Afrika wat by die KKNK te sien is. Die 28ste KKNK word van Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart 2024 op Oudtshoorn aangebied.
Press release: Rosalind Butler’s new South African play Expelled at The Baxter premieres on 7 February
2024-02-01Expelled is a family drama which focuses on the largely ungoverned world of social media. Alex, a Matric pupil at an elite school, gets caught up in a viral scandal and is suspended. Once shared, lives alter in seconds. This production is a must-see for all high school learners who make use of social media, and for their parents wading through the minefield – and to this end significant school learner discounts will be on offer.
Uitnodiging | Oerlied-bekendstellingskonsert: ’n korehuldeblyk om Internasionale Moedertaaldag te vier
2024-02-01Die SBA nooi u uit na die Oerlied-bekendstellingskonsert, ’n korehuldeblyk aan Afrikaans erfenis om Internasionale Moedertaaldag te vier op 24 Februarie 2024 by die Endlersaal in Stellenbosch. Met Lynelle Kenned, Tribal Echo Trio, Lyntjie Jaars, Gertruide Lombaard en gesogte gemeenskapskore, onder leiding van die bekende Zenobia Kloppers.
Persverklaring: Suidoosterfees word mondig
2024-02-01Die Suidoosterfees word vanjaar mondig. Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer dié gewilde Moederstad-fees van 26 April tot 1 Mei 2024 by die Artscape-teaterkompleks aangebied word. Kaartjies kan vanaf 5 Februarie by Webtickets bespreek word.
Pasverskyn: Ina Rousseau: Digter van die kwiksilwerwoord, ’n huldiging deur Daniel Hugo
2024-01-31In hierdie huldigingspublikasie word daar met vars oë gekyk na Ina Rousseau as digter, kortverhaalskrywer en vertaler. Sy was ’n eindeloos presiese en perfeksionistiese samevoeger van klinkende frases wat langsaam oor ’n tydperk van vyf dekades soos ’n koraalrif aangegroei het tot verse, digbundels en ’n indrukwekkende oeuvre.
Uitnodiging | Skrywersaand by Oude Leeskamer met Michiel Heyns, SJ Naudé en Jonathan Amid, 29 Februarie 2024
2024-01-31Eerder as die benouende formaat van ’n tradisionele kort gesprek met een skrywer oor ’n jongste titel, plaas hierdie reeks twee skrywers en die gespreksleier in dialoog: oor die skryfkuns en hul skryfproses, hul wêreldbeskouing, die rol van die skrywer plaaslik en wyer, die betowering en uitdagings van die woord en die unieke karakter van die onderskeie skrywere se skryfkuns en stem.
Uitnodiging | Tom Dreyer en Toast Coetzer: In my droom ry jy oor ’n rooi robot – Valentynsdag by die NALN
2024-01-31Gedigte, reis en liefde is al drie ’n ekspedisie na die onbekende. Kom reis saam met Toast Coetzer en Tom Dreyer | Valentynsdag by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum in Bloemfontein.
Persverklaring: ’n Uitnodiging na die studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2024-01-31Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing oor enige onderwerp in Afrikaans aanbied in die vorm van ’n referaat of plakkaat. Die simposium sal ’n hibriede formaat aanneem om soveel moontlik aanbieders en bywoners te akkommodeer.
Persverklaring: Nuwe buitelugkonsertreeks by Century City
2024-01-30Kaapse musiekliefhebbers, bring julle familie en vriende en pak julle piekniekmandjies om saam met Die Heuwels Fantasties en Jitsvinger, die heel eerste ervaring van die Ratanga Park Sunset Concerts wat op Sondag 25 Februarie aangebied word, te vier.
Persverklaring: Storielied-reünie met Luna Paige en ’n 13-stuk-orkes
2024-01-30In aanloop tot die bekendstelling van Luna Paige se nuwe Afrikaanse album, wat in April vanjaar uitgereik word, bring Luna en medemusikante die gewilde produksie van haar Afrikaanse debuutalbum, Storielied (2012), weer na die verhoog.
Uitnodiging: Taalmonument se volmaanpiekniek beloof ’n belewenis
2024-01-30Bewonder die Dassiemaan op Paarlberg, 23 Februarie 2024 | Admire the Dassie Moon on Paarl Mountain, 23 February 2024
Persverklaring: Twee nuwe Afrikaanse vertalings van dramas uit Sesotho
2024-01-30Chris Swanepoel het Senkatana deur S Machabe Mofokeng en Moshoeshoe en die sendelinge deur B Maralo Khaketla uit Sesotho in Afrikaans vertaal.
Graad 6: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, kwartaal 1
2024-01-30Is jy in graad 6? Teen hierdie tyd weet jy al waar jou plek in die klas is, en as julle skool reeds kleuresport-atletiekbyeenkoms gehou het, weet jy op watter plek jou span op die pawiljoen gesit het. As jy hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel deur Wilhelm du Toit aflaai, sal jy waarde en plekwaarde kan hersien. Jou punte sal sommer na ’n hoër posisie en ’n beter plek toe skuif!
