Pasverskyn: Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square – ’n memoir

  • 1

Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square (Tafelberg, 2024)

Skrywer: Portchie
Titel:
Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square
Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624094715
Epub ISBN: 9780624094722

Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die skilderye skuil? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto’s, 60 skilderye, 12 beelde en selfs sy gunstelingresepte. Portchie se verhaal is een van hoop, van liefde en deernis, en van treffende eenvoud.

  • 1

Kommentaar

  • Dit is beslis 'n boek wat jy nie kan neersit nie - inspirerend, motiverend en meesleurend. Portchie deel 'n eerlike terugskouing op 'n kleurvolle lewe in lekkerlees Afrikaans.
    Die boek word sterk aanbeveel vir alle lesers - ek glo dat diegene onder ons wat soms twyfel in ons vermoëns om ons doelwitte te bereik, sal besef dat die hoop nie beskaam nie.
    Portchie se lewensverhaal sal ook jonger lesers inspireer om in hul drome te glo - met sy onwrikbare geloof, vergestalt hy die gesegde: "You are never given a wish without being given the power to make it come true - you may have to work for it, however..."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top