Nuut by Protea Boekhuis: Weerskyn deur Alwyn Roux

  • 0

’n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.

Die bundel bevat ook ’n aantal herskrywings/bewerkings van bekende digters se werk. Charl-Pierre Naudé beskryf Roux as ’n “diplomatiese stem van die rede in die moeilike en dissonante projek van transformasie in Suid-Afrika se kulturele veld”. Marni Bonthuys skryf die volgende oor sy “landskapportrette”: “Die oog van die digter is dikwels soos dié van ’n kameralens wat landskapfoto's neem […] Hierdie verse herinner aan Willem Pretorius-skilderye - realisties, nostalgies en melankolies. Ek vermoed lesers gaan daarby aanklank vind.”

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top