
Pasverskyn: Nuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902–1910 deur Karel Schoeman (Protea Boekhuis)
Nuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902–1910
Skrywer: Karel Schoeman
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313366
Nuwe begin: Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902–1910 is die sesde en die laaste van die reeks Imperiale somer. Hierdie deel word gewy aan die twee kleinste Britse kolonies in Suid-Afrika gedurende die jare ná die Anglo-Boereoorlog, die Oranjerivierkolonie (Vrystaat) en Natal, en meer spesifiek aan Bloemfontein, Harrismith, Pietermaritzburg en Durban. Aandag word ook geskenk aan die swart gemeenskap in Bloemfontein en op die Vrystaatse platteland, die kwessie van deelboerdery wat toenemende weerstand by wit boere uitgelok het, en die interne spanning in Natal wat ook tot die Bhambatha-opstand van 1906 gelei het. Soos die ander boeke in die reeks, kleur anekdotes en kameebeskrywings die vertelling in.
Schoeman sluit af met die verhaal van die luukse Waratah passasier- en vragskip met 82 passiers wat op 25 Julie 1909 uit Melbourne vertrek het. Die skip het nie ‘n radio gehad nie en ‘n passasier het by Durban afgeklim odat hy onveilig gevoel het. Twee dae later het die skip 290 km van Durban op pad na Kaapstad “verdwyn”. Geen wrakstukke of lyk is ooit gevind nie. Hy noem dat Waratah later deur vier ander skepe as naam gebruik is en al vier het ook vergaan.


Kommentaar
Karel Schoeman is in 2017 oorlede. Ek neem aan hierdie boek word postuum gepubliseer. Is daar nog boeke van Karel Schoeman wat in die toekoms gaan verskyn?