Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Naudé Kritzinger
2017-10-12"Leonard Cohen se skryfwerk is wat my betref ’n spasie waar al die dinge wat ek geniet, saamkom: misterie, sinisme, die estetiese, klank en ritme, godsdiens, seksualiteit – en dit alles met woordekonomie en ’n waardering vir die lewe."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marthé McLoud
2017-10-12"Ek is altyd bly as ’n gedig ook universeel gelees word, want dan toon dit dat jy daarin geslaag het om iets te sê."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marcel Spaumer
2017-10-12"Ek wou die volgende groot gedig, of drama, of roman skryf, maar dit gebeur nie net nie. Die gedig is ook ’n soort uitspraak teen die onregverdigheid van die lewe: slegte goed gebeur te maklik, terwyl iets wat goed kan wees, nie so maklik gebeur nie."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Johan Jack Smith
2017-10-12"Ek ken nie regtig digters nie. Bruce Springsteen as liriekskrywer. Is hy naby genoeg aan ’n digter? Ek hoor wel ek sal aanklank vind by Allen Ginsberg."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Jaco van der Merwe
2017-10-12"Ek geniet en verken al vir jare die verhoudings tussen woorde en beelde, so ek was moer opgewonde toe Wikus vir my sy foto’s wys en voorstel dat ons saam ’n projek moet aanpak."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Ingrid Penzhorn
2017-10-12"'Kougom gekou' het op ’n bus in Londen gebeur. Die taxibestuurder langs ons het nes my pa gelyk. Dit was baie vreemd. Ek kon nie ophou kyk nie. Toe vat dit my terug na my kinderdae."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Hannes Visser
2017-10-12"Die sewe gedigte is deel van ’n bundel wat ek pas voltooi het vir voorlegging. Al die gedigte speel af in 1967, die jaar toe my pa dood is."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Franco Colin
2017-10-12"Die beskrywing van Brian Cox oor die samekoms van sterstof om die menslike brein te vorm, en dat daar dan die kreatiwiteit uit voortspruit, was die inspirasie vir die gedig 'Kopkring'."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elodi Troskie
2017-10-12"In ’n perfekte wêreld is elke dag Sondag in ’n koffiewinkel in Buffelsbaai terwyl dit reën en ek ’n geel trui aan het terwyl ek na foto’s van vreemdelinge se katte kyk."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elna van Niekerk
2017-10-12"Ek lees baie digbundels en merk die gedigte waarvan ek hou, onderstreep die frases in die gedig wat my tref, kom dan daarna terug om weer te lees. Ek kom gereeld terug na Wilna Stockenström en Antjie Krog."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Angie Gallagher
2017-10-12"Ek sal seker nog kan leef, maar my lewe sal baie armer wees sonder gereelde gesels met my mense oor meer as net die prys van brood en melk."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Donnay Torr
2017-10-12"Ek het nog altyd ’n 'proses' met die skep van enige projek, wat ook al dit is. Soos dinge spertyd toe beweeg, raak my lessenaar al hoe meer deurmekaar en bisar. Wanneer alles voltooi is, maak ek skoon."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Anton Döckel
2017-10-12"Kiaatlessenaar met vier laaie so vol soos ’n mossienes. Dis semi-art deco en vir ’n appel en ’n ei gekoop by ’n firma wat wou uitgooi en nuut oormaak. Op hom staan die laptop, drukker, papiere en ’n blik Doom."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Churchil Naudé
2017-10-12"Ek het lank trug al geleer om nie te attached te raak met enige van my skryfdinge nie, want sodra dit uit is beteken dit vir mense whatever hulle besluit dit beteken. Dis soms swaar, maar dis beter so."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Annami Mailovich
2017-10-12"’n Gedig is indrukke, stories en gesprek. Soms is dit gesprekke tussen vriende, familie en die kanon, ander dae is dit jou brein wat prentjies uitspoeg."

