Johan Fourie

Johan Fourie is professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch waar hy die afgelope dekade ekonomiese geskiedenis doseer. Hy het in 2012 sy PhD aan Utrecht Universiteit in Nederland verwerf. Hy is die skrywer van meer as 60 akademiese artikels in plaaslike en internasionale joernale, het pas ’n B1 NNS-gradering ontvang, en is sedert 2016 die president van die Ekonomiese Geskiedenis Vereniging van Suid-Afrika. Johan skryf ook gereeld vir Finweek en Rapport. Hierdie skrywes is gratis beskikbaar op sy webtuiste, johanfourie.com.

KI-miniseminaar: Sewe probleme voor middagete

Johan Fourie Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-10-01

"Wie gee hul denkwerk prys?"

Agterstories: Wie betaal om die ligte aan te hou?

Johan Fourie Rubrieke 2026-10-01

"Ek en my seun sal in Desember weer daardie paadjie stap en die vuurtoring se lig sal oor die water blink soos dit sedert 1849 maak. Iemand betaal steeds om dit aan die draai te hou. Wie dít behoort te wees, is die een deel van die vraag wat nooit verdwyn nie."

Agterstories: Hoekom slaap ryk mense te min?

Johan Fourie Rubrieke 2026-09-09

"Die mense wat finansiële markte dophou behoort dalk ’n slaapaanwyser in hul modelle in te bou ..."

Agterstories: Die silwerdraad

Johan Fourie Rubrieke 2026-08-25

"Vir geslagte lank het Romeinse keisers die silwerinhoud van hul munte verminder. ... Tog het Romeinse kopers daarmee bly betaal en verkopers het dit bly aanvaar. Lank nadat die silwer feitlik uit die munt verdwyn het, het gewone mense steeds die munt se waarde vertrou. Waarom?"

Agterstories: Die ekonomie in jou DNS

Johan Fourie Rubrieke 2026-08-25

"Skink vir jou ’n glas melk. Of jou liggaam dit kan hanteer en of jy oor ’n paar uur krul van die pyn, word grootliks bepaal deur ’n ekonomiese besluit wat jou voorouers sowat sesduisend jaar gelede geneem het."

Agterstories: Schole en die sigblad

Johan Fourie Rubrieke 2026-06-30

"Wat in dié spanning verlore kan raak, noem Thom schole: die Griekse stamwoord van scholarship, of akademieskap. Dit beteken vrye tyd, of vryheid van noodsaak – die tyd en ruimte wat ’n mens nodig het om te dink. ... In ’n tyd van masjiengegenereerde teks is dit dalk die waardevolste ding wat ’n universiteit kan leer: om ’n fragment te beoordeel, en die egte artikel van ’n namaaksel te onderskei."

Will deporting illegal foreigners benefit the economy? | Wie wen as buitelandse werkers weggaan?

Johan Fourie Opinion 2026-06-26

"We have little solid proof that foreign workers are the reason South Africans cannot find jobs, or that removing them would open those jobs to anyone else. What economics can speak to with more assurance is the other side of the ledger: the measurable consequences of acting on the anger." | "Ons het egter min bewyse dat buitelandse werkers wel die rede is waarom Suid-Afrikaners nie werk kry nie, of dat hul verwydering daardie poste vir iemand anders sal oopmaak. Wat ons wel beter kan meet, is wat gebeur wanneer daardie woede in beleid omgesit word."

Agterstories: Die Grondwet: Maak dit saak hoe jy ’n land ontwerp?

Johan Fourie Rubrieke 2026-04-21

"Met die Grondwet se 30ste verjaardag om die draai ontstaan ’n interessante vraag: Het die spesifieke argitektuur en ontwerp van ons land, naamlik proporsionele verteenwoordiging, ’n parlementêre uitvoerende gesag en ’n eenheidstaat, Suid-Afrika se ekonomiese trajek beïnvloed? Sou die land vinniger gegroei het, of minder aan die staat bestee het, as die Grondwetlike Vergadering ander keuses gemaak het?"

Agterstories: Suid-Afrika, televisie en Starlink

Johan Fourie Rubrieke 2026-03-27

"Dit is heeltemal redelik om regulatoriese waarborge, plaaslike eienaarskap en databeskermingsmaatreëls te eis voordat Starlink gelisensieer word. Dit is heeltemal redelik om te vereis dat Musk se maatskappye volgens Suid-Afrikaanse reëls speel. Wat nie redelik is nie, is om hierdie bekommernisse as verskoning te gebruik om miljoene mense weg te hou van ’n tegnologie wat hul lewens kan verander, terwyl die alternatiewe steeds nie werk nie."

Agterstories: Clans, korporasies en klone

Johan Fourie Rubrieke 2026-02-20

"Clans, korporasies en klone is dus verskillende antwoorde op dieselfde probleem: hoe om samewerking te organiseer onder beperkings; en hoe om delegasie te plaas – binne verwantskapsnetwerke, binne reëlgebaseerde organisasies, of binne dupliseerbare agente wat volgens gedeelde protokolle werk. Die opkoms van KI-agente doen meer as om bestaande organisasies net vinniger te laat werk. Dit stel ’n nuwe organiserende logika bekend, gebou op gedelegeerde, skaalbare agentskap."

Agterstories: Verbeelde vooruitgang

Johan Fourie Rubrieke 2026-01-30

"’n Kritiese blik op verlede en hede bly noodsaaklik, dit hou ’n samelewing eerlik oor mislukkings, maar kulturele verbeelding het óók ’n rol: om die horison van moontlikhede oop te stoot en hoop te legitimeer."

Agterstories: Ou nuus kry nuwe baadjie

Johan Fourie Rubrieke 2025-12-18

"Sodra koerante data word, kan mens bekende vrae skielik met veel fyner instrumente beantwoord. … Hoe het berigte oor rasse-onluste oor streke heen versprei? Wanneer het die gesprek oor werkloosheid skielik toegeneem? Hoe vinnig het stories oor nuwe tegnologie, soos die telefoon, die motor, of die rekenaar, van die kusstreke na die binneland beweeg?"

Agterstories: ’n Troon vir almal

Johan Fourie Rubrieke 2025-11-14

"Sowat twee uit elke vyf mense leef steeds sonder veilige sanitasie, met die gevolg dat kindersterftes steeds drasties van land tot land verskil. Juis daarom stel die World Toilet Organisation op 19 November 2001 World Toilet Day in – om toilette te vier en bewusmaking te skep van die miljoene mense wat nog altyd sonder veilige rioolstelsels leef. Om te verstaan hoekom sanitasie só ’n verskil maak, moet ons kyk hoe mense deur die eeue hul afval bestuur en wat gebeur wanneer hulle dit regkry."

Agterstories: Die bababoete: gelykheid het sy prys

Johan Fourie Rubrieke 2025-10-23

"Ek noem dit sommer die bababoete – die ekonomiese prys van ouerskap."

Agterstories: Waarom belê Afrika in God?

Johan Fourie Rubrieke 2025-09-29

"Godsdiens gaan [...] net soveel oor ekonomie as oor geloof."

Top