
Agterstories – Ideesmouse
2025-05-08"In ’n tyd toe Engels vinnig besig was om die enigste taal van die staat, en dus ’n 'magstaal' te word, was Pieter de Vos een van die eerstes om ’n droom vir taalgelykheid te verwoord, nog lank voordat Afrikaans as ’n amptelike taal erken sou word. ... Dit bring ons by ’n ongemaklike laaste vraag: Wie is vandag se voorste Afrikaanse publieke intellektueles? Wie waag dit steeds om hul stem te laat hoor in die hedendaagse mark van idees, en met watter doelwitte? En watter hedendaagse platforms bevorder die soort intellektuele, openbare debat waarvoor iemand soos De Vos gepleit het?"

Agterstories – Welkom in die era van die digters
2025-03-31"Podsendings, stemnotas en videogesprekke vervang toenemend teksboodskappe. Maar KI neem dit een stappie verder. ... Verbeel jou nou ’n wêreld waar studente deur gesprek met ’n KI-tutor leer, nie deur opstelle skryf nie, of waar witboordjie werkers idees dikteer terwyl KI-assistente dit intyds verfyn. Waar saketransaksies en regskontrakte mondelings geskep word, met KI as notaris."

Agterstories – Kwyngroei is katastrofies: ekonomiese groei vandag en môre
2025-03-03"Ek is seker Costa Rica is ’n pragtige plek, maar hierdie outeurs se argument berus op ’n fundamentele fout – hulle meen dat vooruitgang en volhoubaarheid twee onversoenbare begrippe is. Hulle dring daarop aan dat ekonomiese groei nie binne omgewingsperke kan plaasvind nie, dat 'volledige ontkoppeling' van die BBP, koolstofemissies of hulpbrongebruik wensdenkery is. Dít is egter eenvoudig nie waar nie."

Agterstories: Eiendomsregte is endogeen
2025-02-11"Daarom is dit onwaarskynlik dat die tipe grondhervorming wat Mlungisi nodig het van die regering sal kom. Groot spronge in tegnologie en infrastruktuur is nodig om vraag na nuwe grondregte te skep. Ware verandering verg die ontwrigting wat innovasie bring, om tradisionele gesag met moderne landbou te belyn."

Agterstories: Hoe koffie ons ryk gemaak het
2025-01-20"Soos Galofré-Vilà verduidelik, het hierdie ruimtes die inligtingsnetwerke van daardie tyd verteenwoordig, waar mense ingekom het om ’n koffie of ’n drankie te geniet, idees te deel en in kontak te kom met mense uit verskillende omgewings en dissiplines. Dit is waarom ek die ontstaan van die nywerheidsomwenteling in Engeland sou korreleer met die aankoms van Londen se eerste koffiehuis, wat in 1652 deur Pasqua Rosée gevestig is."

Agterstories: Wat Sophia ons kan leer oor die ekonomie van slawerny
2024-12-18"Mens sou hoop dat die geskiedenisdepartemente van universiteite soos Kaapstad en Stellenbosch – geleë in die distrikte waar die meeste Kaapse slawe sou gewoon en gewerk het, en waar baie afstammelinge steeds hunker na ’n beter verstaan van hul eie geskiedenis – hierdie gaping sou raaksien en aanspreek."

Agterstories: ’n Ekonomiese teorie oor Afrikaans
2024-11-14"Vir baie van ons is Afrikaans dalk die taal van ons hart, maar die realiteit is, om dit te behou vir ons kinders se kinders wat wag, gaan dit ook die taal van ons spaarvarkie moet word. Bela is maar net die begin."

Agterstories: Waarom is jou baas nie snaaks nie? Die ekonomie van humor in die werksplek
2024-10-17"Is daar ’n wenresep vir ’n goeie grappie?"

Agterstories: Om ’n kaart in die donker te teken
2024-09-16"Dit is verbysterend hoe baie prominente historici, ekonome en ander sosiale wetenskaplikes dit verkeerd gehad het."

Agterstories: Wat ons op skool leer
2024-08-27"Tog, dit wat ons opdoen in daardie klaskamers – die blootstelling aan nuwe idees en die ontwikkeling van kritiese denke – kan ons lewens beïnvloed op maniere wat ons dalk nooit besef nie."

Agterstories: Die ekonomie van styl
2024-07-23"Maar hier is my hipotese: Ons (haar)style raak al hoe minder uitsonderlik. Society has cramped our style. Dit het begin as ’n waarneming."

Die ekonomie van koerantnuus
2024-06-25"Die sluiting van Afrikaanse koerante moet dus geen verrassing wees nie; die groter verrassing is eerder dat hulle so lank teen die oormag van die internet – en die verbrokkeling van hul sakemodel – kon uithou."

Skatryk: leef ons wérklik beter? ’n Onderhoud met Johan Fourie
2023-04-25"Ons leef kwalitatief beter – langer en met beter lewensgehalte en selfs meer betekenisvol. Ons kyk dalk te gereeld vas in die daaglikse opskrifte of sien die verval rondom ons en vergeet van hierdie langtermynperspektief. Maar die vraag is nie net óf ons beter leef nie (daar is baie boeke wat dieselfde vraag beantwoord), dit is ook hóékom ons beter leef."

Leef ons werklik beter as ons voorsate?
2023-04-13Freek Robinson vra: Hoe kan Fourie beweer ons leef beter as tevore wanneer jy die agteruitgang om ons sien? En wat dink Fourie van Helen Zille se twiet waarin sy beweer dat kolonisasie vooruitgang, nie agteruitgang nie, gebring het?

SteedsDink met LitNet Akademies: Johan Fourie
2022-10-14In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel jong Afrikaanse akademici wat opgang maak, van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Eerste aan die beurt is Johan Fourie, professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, wat gesels oor die fassinerende bevindings wat die veld van ekonomiese geskiedenis oplewer.