Henry Cloete

joernalis/skrywer

Volkspeler is terug, met Die Boksburg Bebop

Henry Cloete Musiek 2015-04-09 Die alternatiewe-rock-groep Volkspeler is terug met ’n nuwe album. Johan Jack Smith, voorman, beantwoord ’n paar vrae. Goeiedag, Johan. Wat gaan aan? Nie veel nie. Sit by die werk. Herstel na die langnaweek. Laas toe ons gepraat het op LitNet, het jy pas ’n solo-album bekend gestel, apart van die Volkspeler-deelname en -loopbaan. Nou is […]

Francois van Coke oor sy solo-album: "Ek het opsetlik minder geskree ..."

Henry Cloete, Francois van Coke Musiek 2015-04-08 Francois van Coke, reeds ’n rock ’n roll-legende en voorman van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, se eerste solo-album word nou vrygestel. Hy beantwoord ’n paar vrae. Goeiedag, Francois. Wat gaan aan? Hei Henry, dinge is besig. Ek beantwoord die onderhoud op ’n vliegtuig op pad Pretoria toe. Ek het so ’n paar shows die […]

Klopjag: 'Dis definitief meer as net ’n band'

Henry Cloete 2015-03-04 "Vir ’n lang tyd moes ons speel om huur te betaal en nou speel ons om musiek te maak. Dis ’n baie bevrydende plek om te wees – dis amper soos om oor te begin, maar na meer as ’n duisend gigs saam."

Heinz Winckler: "Ek wens ek was al langer ’n onafhanklike kunstenaar"

Henry Cloete 2015-03-03 "Ek was nog nooit spyt oor my deelname aan Idols nie. Ek glo dit was die regte ding vir my. Ek wens wel daar was beter leiding itv my bestuur en besigheidsbestuur na die kompetisie."

Koos Kombuis: "Dit is inderdaad deesdae lekkerder as ooit"

Henry Cloete Musiek 2015-02-04

"Die ding wat ek eers na die tyd agtergekom het, is as ’n ou ’n sogenaamde geestelike album uitbring, moet jy bereid wees om al die pad gaan. Jy moet die regte soort gel in jou hare smeer en jy moet optree by gospelfeeste en jy moet in elke onderhoud sê jy werk aan jou huweliksprobleme. Ek was eenvoudig nie dedicated genoeg om al daai effort in te sit nie."

Sons of Settlers: "Ons behoefte is om net te jam"

Henry Cloete 2015-01-24 "Ons baat meer uit die vryheid van bloot te speel en ons liedjies vind natuurlik vorm as ons nie te behep raak met die idee van lirieke neerpen nie. Hoe minder struktuur daar is, hoe makliker kom ons idees na vore."

Klankkas-oorsig 2014: Die gehalte, die aanklank en die bisarre

Henry Cloete 2014-12-16 "Dit was ‘n jaar van twee helftes. Dít is die gevoel wat ek kry met terugskouing oor die talle Klankkas-onderhoude wat in 2014 gevoer is. Van die kunstenaars is wêreldbekend, ander swoeg nog om gigs vas te maak."

Robbie Wessels: "Dit het al hoe meer gemaklik vir my geraak om oor te slaan na dieper liedjies"

Henry Cloete 2014-12-09 "Ek dink die snaaksste materiaal is dit wat vanself gebeur. Met komedie voel ek daar moet nie te veel inspanning wees met die skryfproses nie."

Die Heuwels Fantasties: "Die album is ’n breë storielyn ..."

Henry Cloete 2014-12-09 "Wat kan van die liedjie waarmee ons besig is, die beste weergawe moontlik maak, sonder om dit te oorkompliseer?"

The Lyzyrd Kings: "Weens die waansin van die musiekbedryf is ons genoop om ons eie geluk te maak"

Henry Cloete 2014-11-29 "Al wat ons nog ooit wou doen, is om musiek te maak, mense gelukkig te maak, of hartseer, of opgewonde, want musiek is vir ons ’n lewe, dit is nie ’n job nie, dis iets wat mens elke dag mee saamloop."

Riana Nel: "Om die balans te hou tussen wat mense wil luister en wie jy is, dis die trick"

Henry Cloete 2014-11-29 "Mens verander geweldig van jou 20’s na jou 30’s! My musiek het dalk meer kommersieel geraak, want dis vir my sinloos om musiek te maak wat niemand wil luister nie."

André Swiegers: "Ek is nie op die tradisionele kultuurtrip nie ..."

Henry Cloete 2014-11-18 "Ek hou van wat ek doen. My loopbaan is ’n hoogtepunt vir my. Om songs te skryf, albums op te neem, optredes te doen. Negatiewes raak klein in hierdie werklikheid."

Beatenberg's Matthew Field: "I try not to allow myself to think about international listeners too much."

Henry Cloete 2014-11-18 "think some writer once said you should 'write as though you are writing to one person only', and that makes sense to me. As a response to your question, I offer a kind of inversion of this rule, that you should write as though you are writing as one person only. "

Rufio Vegas: "Hierdie album is ’n tong-in-die-kies-sinopsis ..."

Henry Cloete 2014-10-21 "Rufio verteenwoordig my onuitputbare jeugdige self en RufiYOLO was ’n identiteitskrisis wat ’n sekere persoon met wie ek nou saamgewerk het, ondergaan het. Ek dink met VEGAS het die groeipyne effens bedaar."

Bittereinder: "Wat’s ’n treffer?"

Henry Cloete 2014-10-14 "Gelukkig het ons drie in punk en metal en conscious-rap bands grootgeword, so dis vir ons eintlik onmoontlik om ooit ’n fully commercial mindset aan te neem."
Top