Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Doc Immelman (1928–2013)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-10-02

"Die drang om te skryf, kan ek egter nie verklaar nie. Dit is eensaam, uitmergelend. Jy is alleen." Lees meer oor die lewe en werk van Doc Immelman in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Julian de Wette (1951–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-09-25

"Ek sien dit nog steeds dat Afrikaanse mense hulself beter voordoen deur Engels te praat. Dis een van die redes waarom ons Napier toe trek – om weer ’n slag onbevange met mense Afrikaans te praat." Lees meer oor die lewe en werk van Julian de Wette in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Marius Crous (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-09-11

"Die vreugde van poësie is juis daarin geleë – die waarneem, die opteken, die vlugtige deel met ander." Lees meer oor die lewe en werk van Marius Crous in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Pirow Bekker (1935–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-09-03

"Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf." Lees oor Pirow Bekker se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Madelein Rust (1967–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-08-28

"Al skryf jy een sin op ’n dag – skryf en moenie ophou nie. Raak ontslae van enige sensitiwiteit. Dit verhoed jou om te leer. Opbouende kritiek help jou groei as skrywer." Lees meer oor die lewe en werk van Madelein Rust in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Henk Rall (1938–2022)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-08-21

"Ek is doodbang om ’n moralis te wees. Ek wil niks bepleit nie, ek wil eerder aandadig wees om ’n geslotenheid oop te breek – om in eerlike selfbeskouing te staan." Lees meer oor die lewe en werk van Henk Rall in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Annesu de Vos (1964–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-08-11

"My beste verse is dié wat ontstaan het met ’n gedagte, ’n woord, ’n reeks woorde of net ’n reëltjie wat in jou kop opkom. Die vorm kom vanself – deur die medium, deur die woord. Dit gaan nie om ’n verhewe idee of ’n verhewe emosie nie, maar om die suiwer skoonheid van die woord self." Lees meer oor die lewe en werk van Annesu de Vos in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

DPM Botes (1935–2013)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-30

"My gedigte is net die raamwerk waarbinne die leser sy eie gedagtes en sy eie assosiasies kan giet en plaas." Lees meer oor die lewe en werk van DPM Botes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

TO Honiball (1905–1990)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-24

“As iemand snaaks probeer wees, lag mense gewoonlik nie. Dit is ’n kuns om mense te laat lag.” Lees meer oor die lewe en werk van TO Honiball in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

C Johan Bakkes (1956–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-14

"’n Reis is nie net iets wat jy moet verbykry om by die bestemming uit te kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van C Johan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Eveleen Castelyn (1928–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-08

"Vir my is dit harde werk om te dig. ’n Gedig volg sy eie stadige proses. Vandat ’n gevoel of indruk in digvorm by my opkom, neem dit dae of selfs weke van oor en oor tik tot ’n gedig na my sin is." Lees meer oor Eveleen Castelyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Naomi Meyer (1975–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-03

“Om te skryf is ’n protes teen die alledaagse lewe. Dit is dalk die mees rebelse daad wat ek kon uitvoer.” Lees meer oor die lewe en werk van Naomi Meyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Lien Botha (1961–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-06-17

"Ek pendel nog heelhuids tussen die visuele en geskrewe wêreld, en ek hoop en vertrou dat hierdie metodiek verwering sal verlangsaam." Lees meer oor die lewe en werk van Lien Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Toast Coetzer (1977–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-06-04

"In die voortslepende proses tot die verbetering van waarmee jy ook al besig is, is niks wat enigiemand anders te sê het belangrik nie. Wees besluiteloos op die regte tyd ... Bier en vryheid. Niks meer nie. Beer and freedomLittle more." Lees meer oor die lewe en werk van Toast Coetzer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Tom Dreyer (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-30

"Met ’n goeie gedig, of ten minste die wete dat ’n reël of twee wat jy geskryf het die suiwerste essensie van iets vasvang, kom daar ’n gevoel oor jou, ’n soort rush, ’n euforie, ’n onvoorspelbare vryheid, ’n vreemde alchemie, iets misterieus soos ’n UFO wat pas op die grasperk geland het. Daarom sê ek reguit ek verstaan nie die skryf van poësie nie; ek het steeds nie ’n clue waar gedigte vandaan kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van Tom Dreyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Top