Cas Wepener

Cas Wepener is op 2 Augustus 1972 te George gebore en matrikuleer in 1990 aan die Hoërskool Outeniqua. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch, eers Drama vir een jaar gevolg deur Teologie, ook aan die Universiteite van Stellenbosch en later ook aan die Universiteit van Tilburg (Nederland). In 2004 voltooi hy ’n doktorsgraad wat handel oor versoeningsrituele in Suid-Afrika en in 2015 behaal hy ’n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Henning Pieterse. Ongeveer 90 artikels het reeds in nasionale en internasionale geakkrediteerde tydskrifte verskyn, asook heelwat populêre, professionele en akademiese boeke. Sy mees resente akademiese boek is: C. Wepener, I. Swart, G. Ter Haar en M. Barnard (reds.). 2019. Bonding in worship. A ritual lens on social capital formation in African Independent Churches in South Africa. Liturgia Condenda. Leuven: Peeters Press. Kreatiewe tekste uit sy pen sluit in: Dubbelfoto. Kortverhale (2013), asook drie romans Syferfontein (2016), Johanna (2017), en Die Slaghuis (2019). Cas was tussen 2010 en 2019 Professor, en vir vyf jaar ook Departementshoof, aan die Fakulteit Teologie en Religie van die Universiteit van Pretoria. Sedert Desember 2019 is hy Professor in die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch.

 

Wanneer die kanonskoot op Vlaeberg al dowwer knal

Cas Wepener Menings 2026-04-13

"Wat ek wel nog raaksien, gegewe kanontyd, wapper soos die ou Bataafse vlag voor die kasteel in Kaapstad in my gedagtes. Kleurvol in rooi, wit en blou simboliseer dit hoe ek, soos alle mense, besig is om al verder weg te trek vanaf kanontyd."

Om myself te lees

Cas Wepener Seminare en essays 2026-03-24

"Is dit ’n wyse daad of is dit ’n arrogante daad om jouself te lees?"

Lui, lui, telefoon ... maar asseblief nie in die koffiewinkel nie!

Cas Wepener Seminare en essays 2024-12-11

"Die woord persoon is afgelei van die woord persona wat 'masker' beteken. En die hele wêreld, ook ’n koffiewinkel, is ’n verhoog gevul met 'entrances and exits', en 'one man in his time plays many parts', soos Shakespeare in As you like it vir ons verduidelik het."

Hermeneutiek: Om met jou lyf te lees en te luister

Cas Wepener Seminare en essays 2024-10-23

"Vanaf interpreteer met jou hele lyf moet ons gaan na preek en praat vanuit daardie lyf. En nee, hiermee word nie ’n soort emosionaliteit bedoel nie. Soos Danie Marais in Ek en jy bestaan nie dig: 'Wit trane is net sout / in ou wonde.'"

’n Wonderwerk in die Wynlande

Cas Wepener Menings 2024-08-16

"Daar was mense, dosyne en dosyne mense, en nie een sonder ’n glas wyn in die hand waaruit hulle aanhoudend nog ’n groot sluk geneem het nie. Mirjam het na haar dogter gedraai en met ’n bedroefde uitdrukking gesê: 'Die mense drink, maar hulle bly dors.'"

Grenselose genade en Die heiligheid van hier: Chris van der Merwe en Cas Wepener ruil gedagtes uit

Cas Wepener, Chris van der Merwe Skrywersonderhoude 2024-06-10

"Is die bediening iets anders as om woordkuns in ’n veelheid van vorme te bedryf? En kan ’n mens dit werklik sinvol in Afrikaans doen sonder om darem so ’n bietjie Afrikaanse letterkunde te lees?"

Wie mag skeppend skryf?

Cas Wepener Seminare en essays 2023-11-08

"Die skrywer se vel is ’n chiasme tussen hom en die wêreld. Dit is deur sy vel dat die wêreld aan hom vat en dit is deur daardie selfde vel dat hy op sy beurt met sy pen en woorde aan die wêreld vat."

Lost in translation?

Cas Wepener Seminare en essays 2023-10-09

"Vertaling gaan egter oor veel meer as korrekte vertaling. En wat gewen word en wat verlore gaan in vertaling, gaan oor veel meer as net gewone feitefoute."

Ankerkaroo, groen lusern en klein liberale vrysinnige kerkies

Cas Wepener Menings 2022-08-03

"Sommige skape mag terugkyk deur die oop hekkie na die veld waarvandaan hulle kom en dit in vergelyking met die groen en pers lusernland onaantreklik vind. My pa se lusernkampie bestaan lankal nie meer nie."

Kwarantynketting: "Eers die ritme, later die woorde" deur Cas Wepener

Cas Wepener Kwarantynketting 2020-05-05

"Vir my is dit nog heeltemal te vroeg om woorde te hê vir die kwarantyntyd. COVID-19 laat almal tans deur ’n landskap reis waar nuwe ervarings opgedoen en onbekende ritmes beleef word. Wat die woorde ook al gaan wees om hierdie landskap mee te karteer, dit kan ons nog nie weet nie; wat wel seker is, is dat die ervarings en die ritmes nou van belang is om dit sinvol te kan doen."

Stil Saterdag 2020: God is ’n gat om ’n gat

Cas Wepener Menings 2020-04-10

"Stil Saterdag van die vol graf is ’n leë dag, ’n dag van wag, ’n dag van afwesigheid."

Millenniërs en die kerk: Vyf vrae aan Marileen Steyn en Cas Wepener

Marileen Steyn, Cas Wepener, Liné Loff Onderhoude 2020-03-06

"Millenniërs is wel besig om nuwe betekenisse aan ou gebruike te heg en hierdie rituele en gebruike buite die tradisionele ruimte van die kerkgebou te beoefen."

’n Magtige dreuning: dit is die lied van die ou én die nuwe Suid-Afrika

Cas Wepener, Tanya van Wyk Seminare en essays 2020-02-12

Voor 1990 was Nelson Mandela ’n gevangene in ’n tronk, en Suid-Afrikaners gevangenes van ’n ou bedeling. Mandela is in 1990 vrygelaat, maar is Suid-Afrikaners teen 2020 al vry van magsdiskoerse wat op hulle afgedwing word?

Prayer practices and faith convictions of churchless millennial Christians: A ritual-liturgical exploration

Marileen Steyn, Cas Wepener Academic research 2020-01-29

“In order to guide millennials through their unique context and experience of loss, a new approach to worship is necessary.”

Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos millenniër-Christene: ’n Ritueel-liturgiese verkenning

Marileen Steyn, Cas Wepener LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-01-29

“Gereformeerdheid word sodoende dus weer ’n moontlikheid vir millenniërs – nie deurdat hulle die klassieke erediens bywoon nie, maar wel deurdat hulle in ’n vorm van ’n gemeenskap van gelowiges tree.”

Top