Bibi Slippers

Bibi Slippers is ’n digter en joernalis. Sy het in 2007 BA-grade in Beeldende Kuns en Tale verwerf aan die Universiteit van Pretoria, en in 2015 ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy was voorheen ’n inhoudsbestuurder by LitNet, artikelredakteur by die tydskrifte MyTyd en VISI, en werk in Johannesburg as vryskut-skrywer, -inhoudsregisseur en -aanbieder in die TV-bedryf.

Haar gedigte en stories is opgeneem in verskeie versamelbundels, onder ander Nuwe Stemme 4 en Nuwe Stories 1. Haar debuutbundel Fotostaatmasjien het in November 2016 by Tafelberg verskyn. Sy was die mede-samesteller van Nuwe Stemme 6 (2017). 

  • Foto-erkenning: Wikus du Toit

Afluister en opskryf

Bibi Slippers 2012-03-16 "Hier is my afgeluisterde versameling, opgeskryf sodat jy self uit die lappies iets nuttig aanmekaar kan stik. Saam met ’n paar lukrake kiekies van die Woordfees, wat moet instaan vir die duisende derduisende woorde wat ek nie dié week daaroor kon skryf nie."

SA-illustreerders: Theo Krynauw

Theo Krynauw, Bibi Slippers 2012-03-13 Theo Krynauw shares his passion for art and his experiences abroad with Bibi Slippers.

Lot se vrou in Kaapstad bekendgestel

Bibi Slippers 2012-03-06 Terugkyk, stilte en geselsies met die digkuns se grootste "raasbek". Die bekensdtelling van Joan Hambidge se bundel Lot se vrou was ’n feestelike geleentheid met meer ernstige ondertone.

SA-illustreerders: Piet Grobler

Piet Grobler, Bibi Slippers 2012-03-02 Piet Grobler raak liries oor sy passie vir illustrasie en wys vir ons sy skrikkels.

Gesien: Joan Hambidge by die bekendstelling van Lot se vrou

Bibi Slippers 2012-03-02 Joan Hambidge se jongste bundel, Lot se vrou, is op 1 Maart in Kaapstad bekendgestel.

Woordfees-onderhoud: Melt Myburgh raak opgewonde in die week voor die Woordfees

Melt Myburgh, Bibi Slippers 2012-02-29 Met die Woordfees om die draai gesels Bibi Slippers met Melt Myburgh, Woordkuns-projekbestuurder.

Woordfees-onderhoud: Pieter Odendaal gesels oor Transkripsie

Bibi Slippers, Pieter Odendaal 2012-02-29 Pieter Odendaal gesels oor die meiose tussen musiek en digkuns wat vorm vind in sy produksie Transkripsie.

Darwin se dagboek: 'n meditasie op skrikkeldag

Bibi Slippers 2012-02-29 Idees vir gedigte lei ’n mens soms na water waar daar (opwindende) onrus is. Ek wou vroeër die week in die eerste reël van ’n gedig ’n uitspraak oor Darwin maak – meer gebaseer op oulike alliterasie as op enige feite.

Krap my rug

Bibi Slippers 2012-02-23  "Dis altyd opwindend om te sien hoe mense dieselfde teks verskillend interpreteer, en hoe kruisbestuiwing met ander se werk jou eie pogings kan verryk. En in baie gevalle is die cover-weergawe nog ’n entjie cooler as die oorspronklike."

SA-illustreerders: Maryke van Velden

Bibi Slippers, Maryke van Velden 2012-02-21 Maryke van Velden teken al van kleins af, maar het meer onlangs 'n voltydse "doodler" geword.  Sy wys vir ons hoe lyk 'n skrikkel, en gesels oor haar onlangse uitstalling illustrasies van die Bybelboek Job.

Foto's: Alfabet van die voëls-bekendstelling

Bibi Slippers 2012-02-17 SJ Naudé se kortverhaalbundel Alfabet van die voëls is op 15 Februarie 2012 by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Trekvoëls, luistervinke, boekwurms en voëlkykers het almal hul opwagting gemaak om te hoor watter eiertjies Louise Viljoen en Naudé self oor die boek te lê het.

Die hart op die tong

Bibi Slippers 2012-02-15 Watter woorde sou dit wees wat probleme veroorsaak? Hier in die omgewing van Valentynsdag is hart die voor die hand liggende antwoord. Buiten hartaanvalle en hartseer, dwaasheid en algemene chaos is daar ook die bykomende kwessie van waar om die hart te dra. Volgens Van der Merwe is dit glad nie so eenvoudig soos die algemeen-aanvaarde mou nie. 

SA-illustreerders: Diek Grobler

Diek Grobler, Bibi Slippers 2012-02-14 Diek Grobler deel fabrieksgeheime en menings oor illustrasiekuns met Bibi Slippers.

Woordfees-onderhoud:Diek Grobler gesels met Bibi Slippers oor die illustrasie van Mankepank en ander verse

Diek Grobler, Bibi Slippers 2012-02-14 Diek Grobler gesels oor die illustrasie van die bygewerkte heruitgawe van Antjie Krog se verseboek vir kinders, Mankepank en ander verse

Brief uit die bunker

Bibi Slippers 2012-02-09 Iemand het my eendag (in ’n gedig nogal) beskuldig dat ek ’n muur van boeke om my bou. Vandag kan ek met alle oortuiging sê dat hy verkeerd was: dis nie ’n muur nie, Baby, dis ’n bunker. 
Top