Lot se vrou in Kaapstad bekendgestel

  • 0

In Joan Hambidge se nuwe bundel, Lot se vrou, kom die woord stilte nie minder nie as 19 keer in verskillende vorme voor. Die bundel is Donderdag 1 Maart by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Tydens die bekendstelling het Joan met redakteur Etienne Bloemhof gesels oor die bundel, onder andere oor stilte as kern-begrip daarin. Maar Joan was nie vir ’n oomblik stil op die verhoog nie, en het staaltjies, stories en insigte oor die bundel en die digkuns gedeel. Sy het ook verse uit Lot se vrou voorgelees.

Bibi Slippers het haar selfoon op “silent” gesit en ’n handvol foto's daarop vasgelê.

Stillewe met ingang na The Book Lounge

Stillewe met Tafelberg

Joan het op ’n Mondriaan-geïnspireerde platform plaasgeneem vir die gesprek. Hier gesels sy vooraf met redakteur Etienne Bloemhof en reklame-koördineerder by NB-Uitgewers, Eben Pienaar.

Stillewe met waaier en kandelaar

Stillewe met gehoorlede

Joan lag vooraf vir ’n grappie.

Stillewe met Lot se vrou

Die jong digter Pieter Odendaal

Hester Carstens van NB Uitgewers en Fourie Botha van Umuzi
 

Murray la Vita, Anneke van Niekerk en Hettie Scholtz gesels land en sand.

Digter Aniel Botha gesels met Hester Carstens.

Joan aan die gesels

Johan Hugo van The Book Lounge het gaste by die bekendstelling verwelkom.

Marga Collings van NB-Uitgewers het Joan aan die gehoor bekendgestel

Joan Hambidge en Etienne Bloemhof in gesprek

Joan lees voor uit Lot se vrou

Stillewe met Martina Klopper, een van Joan se voormalige studente

Joan lees voor uit Lot se vrou

 

Stillewe met Martina Klopper, een van Joan se voormalige studente

Die aandagtige gehoor volg Joan se voorlesing.

 

Na afloop van die gesprek het Joan boeke vir die waarderende gehoor geteken.

Joan Hambidge en Pieter Malan van Rapport in ’n ligte luim

Joan en Murray la Vita

Joan in gesprek met Pieter Odendaal

 

Martina Klopper, Karen Kuhn en Aniel Botha is almal jong digters wat onder Joan studeer het en in die afgelope twee jaar gedebuteer het.

Gaste by die bekendstelling het sommer ook die meeste voordeel uit The Book Lounge se groot uitverkoping probeer trek.

Eckhard Cloete en Willem Jacobs

Carina Diedericks-Hugo en Willemien Jansen

Sonja Loots, Murray la Vita en Marga Collings

Stillewe met boeke en ballonne

Stillewe met mat

Stillewe met bewegende ballonne

Hilda-Mari Cronjé en Romano Cardinal

Stilte
Joan Hambidge

Laaste stillewe met enkele ballon

Foto's: Bibi Slippers

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top