Die week in woorde
Tydens die pouse in die kooruitvoering wat ek by die Woordfees bygewoon het, gesels ek met een van die mees aangename mense wat ek in ’n baie lang tyd ontmoet het. Sy is ’n musiekonderwyseres van Kuilsrivier. Voor ons groet, beveel sy vir my Andreï Makine se boek A Life's Music aan. Ek het nog nie tyd gekry om dit te lees nie, maar kies toe gou kortpad na die The Guardian se aanlyn-boekeblad. Die resensent sê: "Makine ends on a note which, even if not redemptive, appears to escape the tyranny of time."
Hier volg ’n lys van dinge wat ek dié week wou geskryf het, maar waarvoor daar nie tyd was nie:
- ’n Resensie van Pieter Odendaal en Bateleur se Transkripsie-show. Dit was uitstekend!
- ’n Artikel oor Susan Smith se lesing oor ekopoësie. Dit was verskriklik interessant!
- ’n Snaakse storie oor die verstopte drein wat ’n onaangename klankie oor die groen-gedigte by die Slenterfees laat hang het.
- ’n Storie oor Antjie Krog, Nunke Khadimo, Andre Lekoa, Stef Paulo en Sabelo Sawula se Inheems-voorlesing. Met ondersteuning van die musiek van Garth Erasmus en Glen Arendse het dit mens sewe verskillende soorte hoendervleis gegee.
- ’n Lang verslag oor als wat lekker was by die 2012-Woordfees. (Dis regtig baie!)
Met daardie genadelose tiran Tyd wat my tans iets vreesliks terroriseer, is hierdie lys die beste wat ek kan doen. Dit en al die goed wat ek afgeluister het: grepe van slim mense se gedagtes, flentertjies van ander se versreëls, stukkies gesprek. Hier is my afgeluisterde versameling, opgeskryf sodat jy self uit die lappies iets nuttig aanmekaar kan stik. Saam met ’n paar lukrake kiekies van die Woordfees, wat moet instaan vir die duisende derduisende woorde wat ek nie dié week daaroor kon skryf nie.
![]() |
Oor die digkuns as kuur vir slapeloosheid, afgeluister uit ’n gesprek tussen Joan Hambidge en Aniel Botha JH: Ly jy nog aan insomnia? |
|
’n Insig oor die aard van die liefde, afgeluister by Petra Müller Die liefde het ook sy eie donker moraliteit. Dis nie iets wat ons kies nie, dis iets wat ons ondergaan. |
![]() |
![]() |
Iets oor gesonde lees-, skryf- en eetgewoontes, afgeluister by Helena Gunther wat gepraat het oor ontvlugtingsliteratuur teenoor ernstige politieke literatuur Jy moet jou broccoli ook eet. |
|
Flentertjies vers, ook afgeluister by Petra Müller
Jy is my wond Hy wil sy storie in jou warm palm skryf. Dis soos die son gesê het: Daar is nie einde nie, aan tyd. |
![]() |
![]() |
Die name van digters om te google, afgeluister by Susan Smith (uit haar uitstekende lesing oor ekopoësie) Julie Patton Lara Odell Joel Bettridge Larry Eigner |
|
Flentertjies vers, afgeluister uit die voordrag van Nunke Khadimo Ek kan net sê ek wil iets anders wees, eland Ek is die vlerk van die droomwêreld |
![]() |
![]() |
Kwaai flenter vers, afgeluister uit Toast Coetzer se gedig oor Johan Kotzé Dis warm hier binne/ Ek is só kwaad |
|
’n Brokkie besinning oor die natuur en aard van die digkuns, afgeluister by Antjie Krog "Verskoon die uitdrukking, maar ’n gedig kom soos ’n kak." |
![]() |
![]() |
’n Stuk insig, afgeluister by Danie Marais
dis die onmiskenbare waarheid in swak poësie/ wat my moedeloos maak. |
Klik hier vir LitNet se Woordfees-fotoblad en artikels oor die fees.











Kommentaar
Baie mooi foto's!
Dankie Nomi 🙂
o hierdie is fantasties! J
Verál die foto van Pieter Odendaal.
Dankie Johan. 'n Letterlike gelukskoot.