Barend van der Merwe

Barend van der Merwe spandeer sy kinderjare in Christiana in Noordwes, waar hy in 2003 aan die Gekombineerde Skool Christiana matrikuleer. Hy studeer BA (Taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat en behaal ook die grade BA Hons (Geskiedenis) in 2009 en MA (Geskiedenis) in 2011. Hy studeer verder aan Unisa en voltooi nagraadse sertifikate in onderwys (2014) en Argief- en Rekordbestuur (2016). In 2012 begin hy as internargivaris by die Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek werk. In 2015 en 2016 werk hy by die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbonneagentskap in Kaapstad as erfenispraktisyn verantwoordelik vir erfenisvoorwerpe. Gedurende 2016 tot 2019 werk hy by die Noord-Kaapse Provinsiale Argief in Kimberley as provinsiale rekordbestuurder. In November 2019 begin hy by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se institusionele argief werk. In 2021 begin hy met ’n honneursgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde by UWK, wat hy in 2022 voltooi. Hy het al saam met ander navorsers vyf akademiese artikels gepubliseer oor onderwerpe wat wissel van die geskiedenis van die NG Kerk, Qwaqwa en die beskerming van twee getekende kopieë van die Vryheidsmanifes.

Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld deur Deon Maas: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-27

"Maas doen baie moeite om die geskiedenis van Berlyn en Duitsland te absorbeer en dit op ’n gemaklike manier weer te gee. In sy beskrywinge weerlê hy, getrou aan sy aard, baie stereotipes."

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling deur Shaun Andrew Mynhardt: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-23

"Benewens die hordes kleurfoto’s en die teks wat Shaw se lewe dokumenteer, bevat die boek ook ander interessanthede. Daar is byvoorbeeld persoonlike boodskappe van haar aan haar ondersteuners ingesluit."

Louis Botha: A man apart by Richard Steyn: a reader's impression

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-13

"The book is by no means a hero-worshipping publication, and the oppression of black South Africans by the Union government forms an important part of the book. It is a fresh appraisal of Botha, but even this bold attempt will, I believe, not stir any long-term interest in the former prime minister."

Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s web of capture by Pieter-Louis Myburgh: a reader’s impression

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-07

"It is quite a bold move on the part of the author to make claims such as the ones he makes. The book more than raises the eyebrows, as false claims would certainly land the author in hot water. However if there is any truth to these claims, it would mean that the ruling ANC is in really deep trouble as a party – and not only the ANC, but the country as a whole."

Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-05-06

"Die oorkantste oewer is ’n lekker verfrissende boek. Dit is goed om te weet dat daar mense is wat verder soek as die verstikkende ruimtes binne die mure van die kerke."

Oor grense deur Ton Vosloo: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-04-08

"Nogtans is die boek die lees werd, veral omdat dit baie inligting dokumenteer oor Naspers se geskiedenis sedert die ontstaan van die internet, en ook omdat dit Vosloo se perspektief op van die gebeure uit sy lang loopbaan gee."

The resurrection of Winnie Mandela: A biography of survival by Sisonke Msimang: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2019-03-20

"The history of Winnie Mandela (1936–2018) is one of the most painful stories to emerge from South Africa. It is a story of injustice and oppression, but it is also, for many South Africans, a story of triumph and hope."

Steinheist: Markus Jooste, Steinhoff and SA’s biggest corporate fraud by Rob Rose: book review

Barend van der Merwe Books and writers 2019-03-19

"Rob Rose’s Steinheist is not the first book to appear in the aftermath of the Steinhoff crash, but it is, by far, the most comprehensive and most compelling."

Liefde in die tyd van die internet: ’n stadsprokie deur Fransi Phillips: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-03-09

"Die boek vertel die verhaal van ’n vrou se vlug van haar gewelddadige minnaar na eksotiese Rusland, waar sy ’n Engels-onderwyser word en dan ’n verhouding aanknoop met een van haar studente, ’n welgestelde Russiese man, wat haar uiteindelik red nadat haar wrede voormalige minnaar haar ontvoer."

Die braambos bly brand: Nieteoloë se perspektiewe op Bybelverse – Pieter Malan en Chris Jones (reds): ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-03-06

"Danksy al hierdie en nog ander uiteenlopende bydraes bly Die braambos bly brand deurgaans ’n boeiende boek. Elke skrywer bring ’n ander perspektief en onderwerp."

Rainbow nation my Zulu arse: Reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2019-03-04

"Khumalo really goes out of his way to research and explain the origins and meanings of the names of all the places that he visits. This, in itself, makes the book a wonderful read, as there are many surprises to the reader along the way."

The enumerations by Máire Fisher: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2018-11-28

"The enumerations is certainly a novel that I recommend to anyone, especially anyone with an interest in psychology and the issue of OCD."

Toe-val-lig deur Amore Bekker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-11-21

"Luisteraars stuur hulle stories van toeval in na Amore Bekker, en dan word die stories op die radio vertel. Uiteindelik was daar genoeg stories vir ’n boek, en so is hierdie keur van sowat 100 stories saamgestel ..." 

Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwag deur Albert Blake: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-11-20

"Met Wit terroriste ondersoek Blake ’n onderwerp wat hy tereg beskryf as heelwat afgeskeep deur historici. Dit is die onderwerp van die Ossewabrandwag (OB), maar meer spesifiek die sabotasieveldtogte wat deur die OB en hulle verwante groepe uitgevoer is."

Gert en Joey: Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar deur Pieter van Zyl: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2018-11-15

"Van Zyl se boek het my vir die eerste keer op omvattende wyse aan die tragiese gebeure van die verdwyning van die jong kinders blootgestel."

Top