Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2025

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augstus 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Augustus

By my lees: Danie Marais

4 Augustus

Resensie: ‘Drie moorde’ heerlike krimi
Stefan Schutte resenseer Drie moorde in die baai deur Madelein Rust

Resensie: Bundel rubrieke soos pêrels aan ’n halssnoer
Ilza Roggeband resenseer Laastegoed deur Annelie Botes

Resensie: Jeugroman om oor te praat
Willemien Aukema resenseer Web van leuens deur Marion Erskine

6 Augustus

Sterfteberig: Madelein Rust se pen ewig stil na stryd teen kanker

In memoriam: Kanker keer nie Rust se skryfwerk, sy lewer meer as 15 boeke

7 Augustus

Boeke: Open Book Festival: Gesprekke wat jy nié wil misloop

9 Augustus

Aardklop: Gehoor op voëlvlug van Breytenbach se lewe geneem

11 Augustus

Resensie: Bloedblou ’n heerlike boek
Anschen Conradie resenseer Bloedblou deur Jan Vermeulen

Resensie: Hoe het dié boek só die lig gesien?
Martin Laubscher resenseer Die volmaakte moord deur Leon van Nierop

Resensie: ‘Waar ’n forel helder in die dam plas en plons’
Joan Hambidge resenseer Rietspruit deur Johann Lodewyk Marais

Boekevat: Boekbeïnvloeders, akademici moet hande vat
’n Rubriek deur Stefaans Coetzee

Boeke: Skrywer bring tragiese Nama-geskiedenis in ‘Kinderlê’ na verhoog

13 Augustus

Boeke: Johann de Lange se laaste bundel vir Woordveertjie benoem

14 Augustus

Boeke: Barnard Beukman stel boek op Innibos-boekenaweek bekend

16 Augustus

Boeke: Bloemlesing oor Wilma Stockenström verskyn by Naledi

18 Augustus

Resensie: ‘Donkermaan’ fokus op oorlog se donker kant
Neil van Heerden resenseer Donkermaan deur Jaco Wolmarans

Boekevat: Roemryke vitterigheid van ‘The New Yorker’
’n Rubriek deur Elmari Rautenbach

Resensie: Korter sou beter gewees het
Sonja van der Westhuizen resenseer Fox deur Joyce Carol Oates

Resensie: Knussie kraai heerlik koning
Jonathan Amid resenseer Making a killing deur Bonnie Espie

Boeke: Morgan wen vertaalprys vir ‘Ons wag vir Godot’

19 Augustus

Boeke: Dié 3 in wedloop om gesogte Ingrid Jonker-poësieprys

20 Augustus

By my lees: Marita van der Vyver

21 Augustus

Tuin van Digters besin oor die pad ná Breyten Breytenbach

23 Augustus

Boeke: Marié Heese se eerste Afrikaanse digbundel verskyn

25 Augustus

Boekevat: Boeke koop sit nie in enige ou se broek nie
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: Oor familiegeheime en gevaarlike speletjies
Francois Bekker resenseer Roulette deur Sidney Gilroy

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:

Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes Bertus de Villiers: ’n persoonlike bespreking

Death in Pretoria deur Peter Auf der Heyde, ’n resensie

Drie moorde in die baai deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Preacher, let my people go deur Zakhe Mazibuko: ’n lesersindruk

Soen my, cowboy deur CM Christians: ’n resensie

Web van leuens deur Marion Erskine: ’n resensie

Bybelblokraaie 1 en 2, saamgestel deur Heidri Mittendorf: ’n resensie

Die skuld wat bloed betaal deur Sandra Skinner: ’n lesersindruk

Om Karolien te beskerm deur Elsa Winckler: ’n resensie

Merang deur Neil Cochrane en Alwyn Roux (redakteurs en samestellers): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Short.Sharp.Stories anthology Power: interview with Mthobisi Myeni, author of "The denizens"

Short.Sharp.Stories anthology Power: interview with Kate Thompson Davy, author of "Still the sun rises"

In gesprek met Antoinette Venter oor die Kinders van die gode-reeks

Pharos se Klein woordeboek/Little Dictionary bedoel vir groot en klein: ’n onderhoud

Die uitvaart deur Carla van der Spuy: ’n onderhoud

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Augustus in Rapport verskyn:

2 Augustus

Resensie: Dalk moet jy ’n vloeistoffie neem om dié gedig te begryp?
Joan Hambidge resenseer vloei/stof deur Gilbert Gibson

Resensie: Vrou op rand van 50 besef haar ou self het nie verdwyn nie
Trisa Hugo resenseer Wilde vere deur Hendie Grobbelaar

10 Augustus

Resensie: Dié storie gryp jou soos ’n episode van ‘Binnelanders’
Jannes Erasmus resenseer Bloed van ’n vlinder deur Marieta Carrick

17 Augustus

Resensie: Dié trein-boek ry nie lekker vir ’n ware Sporie soos ek nie
Tobie van den Bergh resenseer Op die spoorweg deur David Williams

24 Augustus

Nuwe boek: Waarom is Jode al nasie wat g’n simpatie kry as hulle ly?

Boeke: Lamborghinis en paleise terwyl pasiënte op die vloer slaap

31 Augustus

Suid-Afrika se brug van intriges en drama
Uittreksel uit Wag-’n-bietjie deur Hennie van Deventer

Die einde van Beeld: ‘Hoe om nié ’n koerant te sluit nie’
Resensie deur Francois Bekker

’n Krimi vir die jeug en nog twee boeke wat lekker lees
Resensies deur Magdel Vorster

100 beste boeke: Nr 30 – 21: Die skat in Dalene Matthee se inkopiesak 

Die volgende resensies en onderhoude het in Augustus onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

3 Augustus

Luister | Geloof die goue draad in Karlien se storie
“Daar is definitief dinge wat ek nie eksplisiet uitgespel het nie, omdat ek baie respek het vir mense en die paaie wat hulle loop.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-geloof-die-goue-draad-in-karlien-se-storie/  

4 Augustus

Jare ná 65 werklik goud
Die einde van ʼn loopbaan, van jou plek in ʼn sosiale groep of van ʼn vaste inkomste hoef nie soos die einde van jou menswaardigheid en lus vir die lewe te voel nie. 

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/jare-na-65-werklik-goud/ 

10 Augustus 

Boekresensie: ‘Die dood van Rachel April’ deur PP Fourie
Fourie se geloof in sy storie en die sekerheid van sy vertelvermoë (en sy huiswerk, nie net en opsigte van feitelikhede nie, maar veral ook sy fyn waarneming van geleefde werklikhede) vrywaar hom van enige sweem van aanmatiging.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-die-dood-van-rachel-april-deur-pp-fourie/  

14 Augustus

Taalstryd lê dieper as blote beskerming van Afrikaans 
“Die oomblik as ons dit regkry om van Afrikaans ʼn instrument in ons hand te maak en dit te bemeester, dan skep ons ʼn toekoms vir Afrikaans.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/taalstryd-le-dieper-as-blote-beskerming-van-afrikaans/  

20 Augustus

ʼn Troetel-ystervark, melktert en mevrou Smit se verkeerdomwêreld 
“Mevrou Smit se verhaal verras my keer op keer. Ek weet self nie aldag wat sy nou weer gaan aanvang nie.”

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/n-troetel-ystervark-melktert-en-mevrou-smit-se-verkeerdomwereld/

22 Augustus

Boekoorsig: ‘Sidestoep stories’ deur Elise Bishop 
Taal leef waar mense leef, en in Graaff-Reinet het Afrikaans spontaan ontwikkel toe verskillende tale en kultuurgroepe hier byeengekom het.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-sidestoep-stories-deur-elise-bishop/

23 Augustus

Luister | ‘Die uitvaart’ ondersoek hoe ons oor die dood dink
“Dit kan nie maklik wees om elke dag in ʼn morbiede omgewing te werk nie.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-die-uitvaart-ondersoek-hoe-ons-oor-die-dood-dink/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

14 Augustus

Die binnelandskap van Antjie Krog se moedertaal
Celeste Theron besin oor Binnerym van bloed

21 Augustus

Asof omme memory te deel dit sal lat vi’gan
Paul Kammies vertaal Ocean Vuong-gedigte in Kaaps

Mercy Kannemeyer en Ryan Pedro praat oor sy tweede bundel, Prins

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 6 Augustus

Luister na ’n huldeblyk oor die digter, skrywer en dramaturg, Pirow Bekker. Hy is onlangs in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Jy kan luister hoe sy vrou, kinders en kleinkinders hom as mens en skrywer onthou. Drie van sy voormalige uitgewers (Petrovna Metelerkamp, Martjie Bosman en Jeanette Ferreira) gee ook hulle indrukke van hom. Daar is ook twee argiefonderhoude waarin jy die digter en skrywer self aan die woord kan hoor. Johan Myburg vertel meer oor die Booker-langlys vir 2025, en het nuus oor ’n nuwe roman uit die pen van die Bookerbekroonde George Saunders.

Woensdag 13 Augustus

Ons onthou die skrywer Madelein Rust in ’n huldigingsprogram. Jy kan ook luister na Iris Bester, wat gesels oor ’n TV-dokumentêr wat sy gemaak het oor Antjie Krog se ma, Dot Serfontein. Johan Myburg het weer internasionale boekenuus, en het ook vandeesweek ‘n insetsel oor die boeke op die Sunday Times se langlys vir fiksie.

Woensdag 20 Augustus

Skryf se terapeutiese waarde word ondersoek. Ilse Salzwedel het die skrywers, Adele Vorster en Zarine Roodt, gevra om saam met Francois Smith, skrywer en dosent in kreatiewe skryfwerk, daaroor te gesels. Dis ’n gesprek vir meer as net mense wat wil publiseer – luister gerus as jy deur groot gebeure in jou lewe moet werk. Johan Myburg het oudergewoonte weer nuus uit die internasionale boekewêreld. Hy vertel hoekom die digter, Alice Oswald, onlangs in hegtenis geneem is, vertel meer oor vanjaar se Bookerprys-beoordelaars, en vertel van die jongste ontwikkeling in die Future Library-projek in Noorweë.

Woensdag 27 Augustus

Ilse Salzwedel praat met Naomi Morgan oor haar jongste vertalings uit Frans: die drama Ons wag op Godot (waarvoor sy pas met die UJ-Prys bekroon is), en Die ander dogter, ’n novelle deur Annie Ernaux. Johan Myburg bespreek die BBC se lys van topverkoperboeke vir die eerste ses maande vanjaar, en jy kan ook uitvind hoekom die Britse Polari-letterkundeprys nie meer vanjaar toegeken gaan word nie. Dan is daar ook ’n kykie na die kortlyste vir die Netwerk24/KykNET/Rapport-boekpryse, en die benoemings vir die ATKV-Woordveertjies.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Dinsdag 5 Augustus

Digter Louis Esterhuizen se twaalfde bundel, Klaarte, het vroeër vanjaar by Naledi Uitgewers verskyn. Sophia van Taak praat met hom oor die berusting en uitdagings wat saam met die ouderdom kom, en hoe hy en sy vrou, Marlise Joubert, die vrees vir die onafwendbare steeds met die liefde besweer.

Dinsdag 12 Augustus

Wessel Pretorius neem ons op ’n reis met voorlesings van gedigte oor agterpaaie deur Suid-Afrika, en toere oorsee. Daar is ook verse oor die bagasie – in jou koffer én jou kop – wat deel uitmaak van elke reis, oor hoe ons probeer om ligter te reis, én daardie heel laaste reis wat vir elke mens voorlê.

Dinsdag 19 Augustus

Sophia van Taak en voorleser Johann Nel begin met ’n nuwe reeks oor die digter George Weideman se lewe en poësie. Daar is voorlesings uit Weideman se eerste drie bundels, Hondegaloppie, As die son kliplangs spring en Klein manifes van ’n reisiger.

Dinsdag 26 Augustus

Sophia van Taak en voorleser Johann Nel sit die reeks oor die lewe en werk van die digter George Weideman voort. In hierdie aflewering kan jy uitsien na gedigte uit Weideman se bundels Hoera, hoera die ysman en Uit hierdie grys verblyf.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

25 Augustus

Resensie: tussentogte (Johan Cilliers)
Resensent: Joan Hambidge

26 Augustus

Resensie: Rietspruit (Johann Lodewyk Marais)
Resensent: Marlies Taljard

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Augustus verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marita van der Vyver oor My jaar van vrees en vryheid

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marion Erskine oor Web van leuens

Onderhoud: Annette Havenga gesels met Petro Odendaal oor Waar die krieke stil word

Resensies: 7 Boeke gee jou ’n kykie in die lewe van uiteenlopende mense:

  • Phyllis Green resenseer Sol: My friend and adversary, Sol Kerzer deur Peter Venison
  • Ilze Crous resenseer Soul mandate. The extraordinary life of a property maverick deur Lew Geffen en Becoming a doctor. Learnings and unlearnings about life and the politics of medicine deur Hloni Bookholane
  • Anne Marais resenseer Waar oos en wes ontmoet deur Carla van der Spuy
  • Colleen Labuschagne resenseer A taste for life deur Allen Ambor
  • Olga Krügel resenseer Guesthouse life deur Philda Benkenstein
  • Susan Puren resenseer Sociopath: a memoir deur Patric Gagne

Resensies: Twee knussies deur Madelein Rust en Richard Osman:

  • Irma Steffens resenseer Drie moorde in die baai deur Madelein Rust
  • Sonja van der Westhuizen resenseer We solve murders deur Richard Osman

Resensies: Vier spanningsverhale wat jou tot laatnag laat lees:

  • Alida Vos resenseer Nothing to see here deur Susan Lewis
  • Retha Kotzé resenseer One of us is back deur Karen M. McManus
  • Anne Marais resenseer Day one deur Abigail Dean
  • Karien Labuschagne resenseer Exiles deur Jane Harper

Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer Inside the mind of Rose West deur Tanya Farber en Jeremy Daniel

Uittreksel: Stories vir die siel, Bettina Wyngaard se kortverhaal, Prostrate

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top