Pasgelaai
Pasverskyn: Elf dae in Amsterdam deur Elizabeth Wasserman
2022-09-19Millie is die middelste van vyf kinders, en wanneer sy die kans kry om vir ’n "week of wat" na Amsterdam te gaan om na haar oeroue tante te gaan kyk terwyl dié aansterk na ’n knie-operasie, gryp sy die kans aan.
Gesondheidswaarskuwings en alkoholiese produkte
2022-09-19"Een manier waarop die bewustheid van verbruikers bevorder word, is om gesondheidswaarskuwings op die etikette van alkoholiese produkte aan te bring. Grummon en Hall noem verder dat die verbruiker daarop geregtig is om ingelig te word rakende die moontlike skadelike effekte van die produkte wat hul koop, sodat ingeligte besluite in verband met die verbruik daarvan geneem kan word."
Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft Drinks Festival!
2022-09-19LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die Stellenbosch Craft Drinks Festival (SCDF), gee 3x2 kaartjies weg. Dit sal drie paartjies die geleentheid gee om die SCDF op 8 Oktober by te woon.
Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-19Is jy in graad 8 en kan jy nie meer wag vir die blaaskans voor die vierde kwartaal nie? Hierdie Afrikaans Huistaal-vraestel deur Eugene van der Westhuizen kan jou deur die laaste voorbereiding van die derde kwartaal se toetsreeks laat skaats.
Ellen Botha (1941–)
2022-09-19"As jy wil snaaks wees, kan dit nie net ’n 'grappie op rym' wees nie. Jy moet in jou rymelary speel met die taal. En daar moet altyd iewers ’n stekie, ’n stoutigheid, ’n stuitigheid of ’n skurwigheid wees. So nie beteken dit vir my niks."
Persverklaring: StudentePlein oorweeg appèlopsies ná hofuitspraak in US-taalsaak
2022-09-16StudentePlein oorweeg verdere regstappe, insluitend appèl, na ’n uitspraak vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof waarin die hof bevind het dat die Universiteit Stellenbosch (US) nie onregmatig opgetree het toe daar in 2020 en 2021 met Afrikaanse leermateriaal weggedoen is nie.
Persverklaring: Universiteit Stellenbosch is verbind tot meertaligheid
2022-09-16Die Universiteit verwelkom die Hooggeregshof se uitspraak dat die Senaat (en sy komitees) nie die taalbeleid oortree het soos beweer is nie, en dat die verklarende versoek – wat ’n bevel aangevra het dat die Senaatsbesluit en veranderinge aan die fakulteite se Taalimplementeringsplanne as ongrondwetlik, onregmatig en ’n skending van die 2016-Taalbeleid verklaar word – van die hand gewys word.
Onderhoud: Kirky van Kirkwood sing dat ’n mens moet spring
2022-09-16Kirky van Kirkwood se tweede enkelsnit, "Spring", is pas uitgereik. Die lied handel oor iemand wat ’n loopbaankeuse moet maak. Izak de Vries het by Kirky gaan kuier enkele dae voordat sy haar bakkie gepak het om self ’n enorme loopbaanskuif te maak. Gaan jy spring, of spyt wees?
Seksrobotte: Hoekom, en hoekom nie?
2022-09-16Hierdie artikel is vir ons hardebaard lesers. Dit bevat sensitiewe inligting. "Seksrobotte is ’n kontroversiële onderwerp, maar daar is navorsers wat aanvoer dat hierdie tegnologie oor die potensiaal beskik om ’n konstruktiewe bydrae tot die gemeenskap te lewer. Die doel van die huidige artikel is om hierdie terrein te verken en sommige van die argumente vir en teen hierdie tegnologie weer te gee, maar gegewe die hoogs persoonlike aard van die onderwerp en die kompleksiteit van die onderwerp kort daar nog baie gesprekvoering en navorsing voor ’n ingeligte standpunt hieroor ingeneem kan word."
Die koningin is dood: lank lewe ouma Kerliena
2022-09-15"Haar kerkhoed was haar kroon; haar paleis was die Here se huis."
Graad 11: Wiskundige geletterdheid – vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-15As jy na die getal kyk, voel dit jy sien al dubbel van al die spanning gedurende jou toetsreeks? Jy hoef nie jou oë te laat toets nie, graad elf-leerder, want LitNet bied hulp. Lee-Ann West se oefenvraestel en memo kan jou met jou toetsreeks se Wiskundige geletterdheidsvoorbereiding help.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – Poësie-, Drama- en Woordwystoekennings
2022-09-15Die ATKV-Woordveertjies, bekroon reeds vir meer as ’n dekade uitmuntende skrywers, digters en dramaturge.
New from Penguin: Black Beach by Daniel Janse van Rensburg and Tracey Pharoah
2022-09-15Black Beach, located on Bioko Island off the mainland of Equatorial Guinea, is one of the world’s most feared prisons, notorious for its brutality and inhumane conditions.
New from Penguin: The quality of mercy by Siphiwe Gloria Ndlovu
2022-09-15In her most magnificent novel yet, award-winning author Siphiwe Gloria Ndlovu showcases the history of a country transitioning from a colonial to a postcolonial state with a deft touch and a compassionate eye for poignant detail.
Nuut by Kwela: Buit deur Dibi Breytenbach
2022-09-15Markus Gerlach en Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van moord aangekla sal word. Die joernalis Phoebe Maritz sit hulle agterna om ’n eksklusiewe onderhoud los te slaan.
Nuut by Protea Boekhuis: Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella
2022-09-15In Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het.
Nuut by Protea: Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster
2022-09-15Hierdie “biografie” – uit die perspektief van ’n onwaarskynlike vertroueling – is ’n verwerking van gesprekke met Franz (persoonlik en professioneel) deur die bekroonde akteur, skrywer en regisseur Chris Vorster.
Nuut by Litera Publikasies: Wieg deur Joan Kruger
2022-09-15Uit skrapse oorblyfsels soos hofverslae, mediese rekeninge, veilings en testamente onthul Joan Kruger ’n ryk en boeiende verhaal, vol humor en patos.
Skaakmat
2022-09-15"Ek sit aan die wit kant soos iemand aan die bibber-buitekant
en oorkant my sit jy, hartseer leser, soos ’n donker anderkant."
