Pasgelaai
SteedsDink met LitNet Akademies: Danie Stander
2023-01-25SteedsDink met LitNet Akademies: Danie Stander vertel van sy navorsing oor drie sonderlinge vroue se vertalings van dramas in Afrikaans: Nerina Ferreira, Anna Neethling-Pohl en Antjie Krog.
Balneologie en -terapie
2023-01-25"Balneoterapie verwys na die terapeutiese gebruik van natuurlike termiese fonteinwater teen temperature van minstens 20°C en met ’n minimum mineraleinhoud van een gram per liter."
Nuut by Human & Rousseau: Die holderstebolder hondepartytjie deur De Wet Hugo
2023-01-25Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: ’n hond! En hy wil ’n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee?
Nuut by Human & Rousseau: Skool vir talente deur Silke Schellhammer
2023-01-25Vlieënde klasmaats en kinders wat deur deure loop, is doodgewoon. ’n Resep vir CHAOS! Maar hoekom praat die gebreekte kennisgewingbord in die kafeteria in raaisels?
Professor T op BritBox: ’n TV-resensie
2023-01-25"Dit is donker, moeilik, verg konsentrasie maar bowenal geduld. Tog, wanneer dié toonlose, stroewe man se brein eers oortyd begin werk om ’n moord op te los, mag jy verslaaf raak aan hom en sy metodes."
Drake deel nooit deur Nicola Kinnear: ’n resensie
2023-01-25"Die doel van die storie is om kinders meer te leer oor die belangrike beginsel van deel. Skrywers word gewoonlik gewaarsku dat dit ’n doodsonde is om ’n les in ’n kinderstorie in te werk, maar die groot geheim is om dit só te doen dat jy nie jou lesertjies se intelligensie onderskat en boonop prekerig oorkom nie. Die les moet op ’n heel natuurlike wyse onontbeerlik deel van die storie vorm."
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal
2023-01-25Is jy in graad 4 en is alles vanjaar splinternuut: jou klasmaats, jou onderwysers, toetse en eksamens? Eugene van der Westhuizen se gratis Afrikaans Huistaal-vraestel kan help om onsekerheid te verdryf. Begin sommer nou al vir jou eerste toetse en eksamens in die laerskool voorberei. Klik hier om die vraestel en memo af te laai.
KI vir die gewone gebruiker
2023-01-24"Vir my is dit belangrik dat ons blootgestel word aan KI, sodat ons in staat is om die volle potensiaal daarvan te ontgin, terwyl ons die nadele minimaliseer. Wie wil nou ’n oumens word wat net op sy eie geheue moet staatmaak?"
KI: Die ontydige aankoms van die toekoms
2023-01-24"Dit is deel van die natuur van die mensdom dat iewers daarbuite ’n vernuftige klein !&%#@ sit wat ’n manier sal kry om iets onderduims met nuwe tegnologie aan te vang waaraan niemand nog gedink het nie. Intussen moet ons almal terugsit, die reis geniet en met verantwoordelikheid deelneem aan die openbare gesprek."
Individuasie
2023-01-24"Individuasie is ’n groot woord. Dit beteken om ’n stabiele persoonlikheid te vorm, ’n duidelike sin van jouself wat verwyderd is van jou familie en die res van die wêreld. Carl Jung het die term gemunt. Individuasie het min of meer op die ouderdom van 40 op my neergedaal."
Persverklaring: Jakes Gerwel Stigting- en PEN Afrikaans- / PEN South Africa-residensie 2023
2023-01-24"Die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans en PEN South Africa wag tans graag aansoeke in vir ’n residensieprogram wat ten doel het om skrywers onverstoorde skryftyd in Somerset-Oos in die Oos-Kaap vanaf 5 tot 25 Junie vanjaar te bied."
’n Dagreis ver deur Zarine Roodt: ’n resensie
2023-01-24"Vir ander kan sy nou sê: Die Camino-avontuur, veral die potensiaal vir insig, is net ’n dagreis ver, soos ook die titel suggereer. Ėlke dag van die staptog was trouens ’n nuwe reis. So ook elke dag wat vir elkeen van ons begin."
Djy kan maa eider Davos toe gegan het, Cyril
2023-01-24"Moet ôs nou lekke gevoel het lat djy djou overseas trip gecancel het om sam ôs innie donker te sit? Ôs is mos ie eyeblind lat djy hiesa bly oorie lectric, maa ek scheme djy’t gewiet ie anne leiers gan djou nie ’n lekke gesig gie oorie military exercises met daai Poetin ie."
Om ’n mens na te boots
2023-01-24"Gaan die kletsbot beter essays kan skryf as professore? Gaan KI oneerlike studente help om plagiaat te pleeg? Wat is die implikasies van ChatGPT vir die joernalistiek en die publiek se vertroue in die nuusmedia?"
SA se onderwys sal hersien móét word
2023-01-24"’n Ander ramp was die onpraktiese samesmelting van universiteite en universiteite van tegnologie. Dit het nie bygedra tot die ontwikkeling van hoër onderwys nie. Die sluiting van kolleges vir onderwysopleiding het grootliks die krisis in onderwys vererger."
Die skerpgevylde oomblik deur Karen de Wet (redakteur): Stellenbosch-bekendstelling
2023-01-24Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Die skerpgevylde oomblik, die huldigingsbundel rondom Petra Müller, op 1 Februarie om 18:00 in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch.
’n Lesersindruk van Hunter Killer deur Brad Taylor
2023-01-24"Gewere kletter sonder end, almal ken hul wapens en die boeke is deurdrenk van inside inligting – hierdie boek is geen uitsondering nie."
Die tweede wenner van die R1 500-prys
2023-01-24"Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser."
’n Resensie van The Cedarville shop and the wheelbarrow swap deur Bridget Krone
2023-01-23"Dit alles skep ’n sensitiewe, speelse en plek-plek snaakse verhaal vol deernis, liefde en genade."
Ons soek e-boekkortverhale in Afrikaans
2023-01-23"Die mark van e-boekkortverhale is nog nie in Suid-Afrika ontgin nie. Tog kan dit ’n boek van een punt na ’n ander dra, nuwe lesers lok of selfs ’n newekarakter ontwikkel wat in ’n latere boek ’n hoofkarakter word."
