Pasgelaai

Borrelgom deur Jana du Plessis Müller: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2024-11-26

"Borrelgom is ’n grootwordverhaal wat hoofsaaklik fokus op gesinsverhoudinge en vriendskap teen die agtergrond van ’n baie lelike olifant in die vertrek, naamlik seksuele gereedmaking en teistering. Sonder enige veroordeling of moralisering slaag die skrywer baie goed daarin om haar boodskap sensitief en met genoeg lig en hoop oor te dra."

Kollig op akademikus Gerhard van Huyssteen: Taboetaalgebruik en mensetaaltegnologie

Gerhard van Huyssteen SteedsDink 2024-11-26

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Gerhard van Huyssteen oor die ontstaan van sy navorsingsfokus, insluitend taalkunde, tegnologie en vloektaal.

SteedsDink met LitNet Akademies: Gerhard van Huyssteen oor sy akademiese navorsing

Gerhard van Huyssteen SteedsDink 2024-11-26

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Gerhard van Huyssteen oor taboetaalgebruik, Afrikaans se uitdrukkingsvermoë, vooronderstellings in navorsing en Kunsmatige Intelligensie (KI).

Persverklaring: kykNET vier 25 jaar van wêreldklas – in Afrikaans

LitNet kykNET Portaal 2024-11-26

Dit het soos soveel suksesverhale klein begin, maar die droom was groot: begin ’n TV-kanaal in Afrikaans vir almal wat die taal praat. Meer nog – skep inhoud in Afrikaans wat kan meeding met die beste in die wêreld, ontdek nuwe talent voor en agter die skerms en gee vir kykers die beste moontlike kykstof.

Gordyn lig oor enkele dae vir My fair lady: ’n onderhoud met Graham Hopkins

Maryke Roberts, Graham Hopkins Teater 2024-11-26

Graham Hopkins gesels met Maryke Roberts oor My fair lady wat van 12 Desember tot 12 Januarie in die Kunstekaap Operahuis opgevoer word voor dit na Johannesburg en Durban reis: "Kuns is universeel en goeie kuns weerspieël die mensdom, onbeperk deur tyd en konteks. Ons moet ’n eng, hier-en-nou beoordeling van teater vermy."

Luna Paige kom huis toe

Izak de Vries Musiek 2024-11-26

"Die langpad sal weer haar woning word. Hierdie toer was skynbaar ’n bevestiging en ’n erkenning aan haarself, dat sy op haar gelukkigste is wanneer sy in haar bakkie van dorp na dorp ry om op te tree."

25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET

Bibi Slippers, Waldimar Pelser kykNET Portaal 2024-11-26

"Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê."

LitNet Akademies-artikels met 2024 ATKV-SA Akademiepryse bekroon

LitNet Akademies en skole 2024-11-26

LitNet Akademies-artikels deur Johann Rossouw en Daniël Louw is pas bekroon met die ATKV en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se ATKV-SA Akademiepryse vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans.

Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-11-26

"In ons huis is daar twee rakke vol kinderboeke wat jong besoekers na hartelus kan uitpak en verken. Wanneer ’n klein leeswetenskaplike dus opdaag met ’n boek wat sy gekies het, neem ek kennis. Ek neem ook kennis van die manier waarop die inhoud ontvang word."

Persverklaring: Swart Vrydag-winskopies by die WAT – alles nou halfprys

LitNet Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2024-11-26

Sorteer sommer nou al jou Kersgeskenke uit deur vir elkeen in die gesin sy eie unieke woord te borg vir slegs R50 per woord!  Die WAT se 2024 Swart Vrydag-winskopies is tans oop en is geldig tot 5 Desember 2024.

PJ Philander (1921–2006)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-11-26

"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son." Lees meer oor PJ Philander se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach, ’n pionier in Afrikaanse Letterkunde

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-11-25

Sy werk, wat in verskeie tale vertaal is, is steeds ’n kernonderdeel van Suid-Afrika se literêre erfenis en word wyd bestudeer, selfs as voorgeskrewe werke op skoolvlak.

Kortliks met Stefaans: My top-10 van 2024

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2024-11-25

"Almal soek Kersfeesleesstof of -presente. Hier is my top-10 van 2024. Ek het my keuse uit alle genres waar ek vanjaar gekuier het, saamgestel ... Ek het meestal probeer bly by boeke wat in 2024 verskyn het, maar vermeld wel twee keer ouer boeke. Ons almal koop mos ook boeke by tweedehandse boekwinkels."

Lewensreis: ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach

Cas Vos In memoriam 2024-11-25

"Vir haar kon jy om die dood nie ’n wrang
vers skryf nie, want sy bly jou Ounooi.
By haar het jy geleer om om die dood nie
aan ’n mondvol bitter woorde te smul nie."

Moeg vir groet

Charles Tait In memoriam 2024-11-25

"Dood is nie die stilte nie,
jy het mos gepraat van die brug
waar jy staan en wag vir die nagvoël,
waar water oor die klippe gly,
waar die dood sy stem verloor."

Altyd Breyten, die man met die groen trui

Francois Lötter In memoriam 2024-11-25

"Breyten het gereeld, veral naby sy verjaardag op 16 September en die jaarlikse Tuin van Digters-fees ’n gedig per e-pos gestuur. Soms met die woorde 'gebruik dit soos jy goed dink'."

Persverklaring: by mekaar met Gustav Bester en Gareth Hickling – Breytenbach Galery

LitNet Kuns 2024-11-25

’n Praatjie oor bye vind Saterdag, 30 November by die Breytenbach Galery plaas as deel van die kunsuitstalling by mekaar deur Gustav Bester en Gareth Hickling.

Persverklaring: Die Chris Barnard-prys

LitNet Boeke en skrywers 2024-11-25

Dit was vir ons ’n groot voorreg om vanjaar Die Chris Barnard-prys ná twee jaar te kon hervat. Nagenoeg 100 inskrywings – met uiteenlopende temas – van regoor die land is ontvang. Vanjaar se drie wenners is: Albert Maritz met "Boere by Thabazimbi", Fransjohan Pretorius met "Pasop vir die rekenaardiewe" en Curtley Pitt met "Die legendariese rugbybal".

Persverklaring: Digtersweek 2024 – Almal is dit eens, dit was ’n reusesukses!

LitNet Boeke en skrywers 2024-11-25

"'Uit die gesprekke met die deelnemers het dit duidelik geword dat daar baie mense is wat rustig besig is om hul digvaardighede te slyp en te poets. In dié opsig het gesprekke soos dié tydens Digtersweek ’n waardevolle rol te speel in die slypproses, maar eweso as aanmoediging,' het Johan Myburg, een van die digters in die paneel van vyf, agterna gesê. Ander digters wat deelgeneem het, is Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais."

Gesprekskuns: Breytenbach se blywende, lewende nalatenskap

Willem de Vries In memoriam 2024-11-25

"Hy het die waarheid van hibriditeit as kern van menswees bly deurgee aan lesers oor die wêreld heen, nooit as ’n pamflet nie, maar as ’n veelkantige insig wat sy werk deurspek."

Top