Kommentaar

Wat is Orania?

Hans Richardt 2017-06-09 Angus, dis nie plaaslike owerheid gedryf deur politieke partye nie. Die konsep is soos "body corporate", dis samelewing binne SA wetgewing, sonder regeringsubsidies. En ek dog heeltyd ...

Wat is Orania?

Gerhardus Jansen van Reenen ; Orania 2017-06-09 BESTE ANGUS Orania is die hartklop van vooruitgang in SA. Ek het 12 jaar gelede in Orania investeer en ek is geen oomblik spyt daaroor nie. My opbrengs op kapitaal gemeet teen inflasie het alles met 25%+ oorskryf. Ons skole in hierdie wonderlike ontwik

Uit die argief: ’n Nuwe, kommerwekkende poging om Suid-Afrikaanse kopiereg te hervorm

Theresa Papenfus 2017-06-09 Dis die dood in die pot. Dis die stroping en sloping van alle soorte regte, nes eiendomsreg. Dit probeer vroom voorkom, maar is gewoon slu.

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Marie Erlank 2017-06-09 Wou net my waardering uitspreek!

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Marie Erlank 2017-06-09 Al sou hy hom as 'n withaak van die bosveld geag het, was hy vir my 'n seder van gehalte. Dankie Jeanette vir jou pragtige huldeblyk. 'n Groot gees was hy en sal altyd in ons Afrikanertaal bly voortleef.

Graad 6-wiskundevraestel: kwartaal 1 en 2

Jaclyn 2017-06-09 Dis n oulike plekkie vir my kind om te leer

Graad 6-wiskundevraestel: kwartaal 1 en 2

Jaclyn 2017-06-09 Ek dink dis n baie oulike website

Graad 6-wiskundevraestel: kwartaal 1 en 2

Jaclyn 2017-06-09 Wiskunde Engels Afrikaans en Natuur Wetenskap vraestelle Graad 6

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet 2017-06-09 Hallo Marie, die indeks se vraestelle is ingedeel volgens graad, en hier is graad 8-vraestelle en -memoranda ook. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

Wiskundevraestel en memorandum (Junie, graad 7, senior fase)

Nerina C van der Merwe 2017-06-09 Sjoe, hierdie is goud werd. Soek orals, so bly ek het hierop afgekom!! Baie dankie!!

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Arno van Zyl, Springbok 2017-06-09 Seker die briljantste taalkundige wat ek die voorreg gehad het om te ken, 'n besondere vriend en 'n besondere mens. Suid-Afrika het, net soos vir Langenhoven destyds bepaald ook vir P G verloor.

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Nic D. van Schalkwijk 2017-06-09 Die lotery-kaartjie, van sy beste fyn spot!

Die Lewensiklus van die son

Angus 2017-06-08 Beste Panda, Dankie vir hierdie insiggewende brief. Jy het my laat skrik, want ek het aanvanklik gelees dat die aarde nog net 4.5 tot 5 duisend jaar het om te leef. Gelukkig kyk ek toe darem weer, en sien dis miljard. Groete, Angus

Wat is Orania?

Angus 2017-06-08 Beste Hans, Verduidelik asseblief aan my hoe kan Orania regeringloos wees aan die eenkant, en aan die anderkant bedryf word volgens Art235 in die grondwet? Groete, Angus

“Ons is ’n waterskaars land”

Hans Richardt 2017-06-08 Wel, in Calvinia ry hul water 500 km ver aan. Daar is 150 km ver vanaf Calvinia 'n dam. Uitdaging is om tonnels deur berge te kry vir pyplyn, agv koste. Is dit die moeite werd vir inwoners van 10 000 in Calvinia of moet 150 jarige dorp net sterf?

Martin Luther herdenk na 500 jaar: deel 2

Sakkie Spangenberg 2017-06-08 'n Skitterende vertelling.

PG du Plessis (1934–2017)

Prof dr Rita du Preez 2017-06-08 Wat 'n wonderlike nalatenskap ... Dankie PG!

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Celesté 2017-06-08 Pragtige huldeblyk, Jeanette. Dankie daarvoor.

Mini-perde

Hans Richardt 2017-06-08 Reusedwerg, beeste en skape ens verstaan ek. Een bees gee die raam, die ander vinnige groei vir grootste gewig. Dit gaan oor inset vs winsgrens. Mini-perde dien geen doel nie en baie van hierdie tipe kunsmatige geteelde diere kan nie in natuur oorleef n

ANC se skuimrubbertande ontbloot?

B 2017-06-08 Ons kan nie kla dat ons nie gewaarsku was nie.

Is skrywers se outeursregte in gedrang?

Mary Sadler 2017-06-08 Vergoeding word gereël deur die bepalings van die kontrak tussen die outeur en die ander persoon aan wie 'n lisensie gegee of kopiereg oorgedra word. Dis nie deel van die Kopieregwet nie. Die Wet bepaal egter dat waar daar nie 'n geskrewe kontrak tuss

Is skrywers se outeursregte in gedrang?

Mary Sadler 2017-06-08 Daar's eintlik niks verkeerd met die huidige wet nie; net omdat die oorspronklike teks uit 1978 dateer, word maklik vergeet dat dit verskeie male opgedateer is om nuwe soorte werke te akkommodeer, soos rekenaarprogramme. Ook, daar is deur die howe beslis

Persverklaring: Sara se geheim, ’n nuwe kykNET-dramareeks

liz 2017-06-08 Ek kan nie wag vir 'n Dinsdagaand 8uur nie, Inge se kêrel raak nou lekker benoud!

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Louise Humphris 2017-06-08 Mooi huldeblyk Jeanette.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Marie 2017-06-08 Hi Ek soek even vraestelle Vir Gr 8 asb

Anarcho-kapitalisme en VOC

Angus 2017-06-08 Wie het ooit gesê dat Nederland die Kaap gekolonialiseer het?

PG du Plessis (1934–2017)

Rita Leven 2017-06-08 Hy was 'n Groot gees, is 'n groot nalatenskap en laat 'n groot leemte.

Terme in Afrikaans

Angus 2017-06-08 Beste Hans, Ek weet niks van jou leesgewoontes nie; waarom dink jy dan dit irriteer my? Ek voel vere vir al jou bedrywighede, selfs al tik jy op jou selfoon terwyl jy swem. Groete, Angus

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Louis van Niekerk 2017-06-08 Wonderlike mens en sensitiewe kunstenaar. 'n Kyk en 'n lag wat boekdele kon spreek. Dankie PG.

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Lien Botha 2017-06-08 Knap ode aan die man van Rysmierbult: 'Pieter kon ’n hoek uit ’n sirkel bou, een wat bly staan.' Dankie Jeanette.

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Joost Heystek 2017-06-08 'n Waardige, wetenswaardige, huldeblyk. Deurdag en deernis-deurweef.

Taurid-stroom

Hans Richardt 2017-06-08 Enige missiel gebruik deur VSA sal seker eers deur KONGRES-ondersoek van jare vooraf gegaan word ...

Taurid-stroom

Hans Richardt 2017-06-08 Wel, ek hoop Noord-Korea se ballistiese missiele kom van die grond af, in die volgende 13 jaar. Ten minste sal dit goedkoper en beter kwaliteit wees, as VSA-weergawes ... Tydens die Sirië as teiken VSA-aanval, het vele Tomahawk-missiele net vermis gera

Moet ons nuwe terme in Afrikaans skep?

Hans Richardt 2017-06-08 Ek het gedink oor Afasie agv oormatige drankgebruik, in bv Broca se area van brein of agv ander psigiatriese probleme, wat bv Jaguars in "gawares" verander ... Ek gaan net gou my Gaware E-type vol brandstof maak (net einde van maand ...). Die idee van kl

A vision for Afrikaans

Johannes Comestor 2017-06-08 Oor twee verdere sake sou ek graag inligting wou ontvang. Wat het die Departement Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch alles in 2015 gedoen ter herdenking van die dood van Jan Marais 'n eeu tevore? Wat beoog hierdie departement om te doen ter bevor

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Frederik de Jager 2017-06-08 Wat 'n mooi en treffende huldeblyk. Dankie aan Jeanette.

Redelose minderwaardigheid

Jan Rap 2017-06-07 Behalwe, natuurlik (volgens jou), die voorsate (wat jy 'onkundig' noem).

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Jeanette 2017-06-07 Sal sy stout gesig, kwinkslae & groot talent vreeslik mis.

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Jeanette 2017-06-07 Sy boeke was so lekker om te lees - ingekleur en opreg.

Queen of the Free State deur Jennifer Friedman: ’n resensie

Hannelie 2017-06-07 Hi ... terloops jou interview op RSG gehoor. Ek is ook 'n vrou wat groot geword het in die VS. Ek is ook fotograaf en dis in my kop om fotos van die VS te neem om die mooi daarvan uit te beeld vir die mense wat niks weet van die VS. Gaan verseker jou bo
Top