Die Rooikop Afrikaans

  • 17
Russiese Federasie Afrikaans gedoseer aan Moskou-universiteit. 
Mal oor die geluidstroom ... 
 

  • 17

Kommentaar

  • Beste Hans,
    Dis ou nuus. Die spotprenttekenaar, Victor Ivanoff, kon Afrikaans praat voordat hy Suid-Afrika toe gekom het. Een van my oupas kon Russsies praat, alhoewel hy dalk nie eens geweet het waar Rusland is nie, en een van my niggies kan vlot Italiaans praat, en vir haar is Italië net 'n stewel wat 'n bal skop op 'n landkaart.
    Moenie die geluidstroom onderskat nie.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, duidelik is jy ook verleë oor wat ons agv NP-indoktrinasie van GROOT rooi gevaar verloor het. Ons moes net tevrede bly met Dankie-Tanniepakkies ...

  • Hans Richardt

    Vet Anna en vetkoek vs Nadia en kaviaar ... Dankie-Tanniepakkies met harde ou koeksisters ...

  • As deel van hulle kursus luister hulle seker na Afrikaans op radio en TV. Ons hoop van harte dat hulle nie op ons sepies afkom nie - hulle sal summier oorslaan na 'n Engelse kursus toe.

    • Nes jy sê Reusedwerg. Die oorronding is erg maar wat my meer pla is die Afrikaans wat so met Engels besmet is (soos in 'Suidooster' byvoorbeeld).

  • hans Richardt

    Jan Rap, die geluidstroom is ook nie lekker nie op RSG waarna hul luister ... baie Russophobia.

  • As ek die hele ou sakie so beskou, dan besef ek ons het baie uitgemis wat ons moes opgebring het.

  • hans Richardt

    Wel, hul uitspraak is baie soos in Pretoria. Ek weet hul hou van moderne Afrikaanse musiekgroep.

  • hans Richardt

    Regte Russe uit Rusland het geen O in vanne. Duidelik is hul uit Groter Russiese Federasie, dalk Ukropia.

  • Het nog al die jare 'n sagte plekkie vir Rusland gehad, selfs in die dae van die USSR. Die rolprent dr Zhivago het 'n blywende indruk op my gemaak, en dit was nie net Julie Christie nie. Daar was Ivan Rebroff en die Kosakkekoor wat ook bygedra het tot my wens om eendag daar 'n draai te gaan maak. Het selfs 'n Russiese waghond aangeskaf. 'n Brak wat net die hele tyd as hy nie rus nie, wag vir sy kos.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, bkykbaar was Dr Zhivago 'n movie in Ukraine om die Nazi-kultuur-herlewing van WO 2 aan te wakker om te dien as aanslag teen USSR in Koueoorlog-era.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top