Persverklaring: Sara se geheim, ’n nuwe kykNET-dramareeks

  • 48

Drie kan ’n geheim hou as twee dood is.

Geheime en leuens. Goeie leuens en slegte leuens. Geheime wat verhoudings vernietig, want ’n leuen kan slegs geheim gehou word deur meer leuens. En dan die eeuoue waarheid: familiebloed sal kruip waar dit nie kan loop nie.

Sara se Geheim is ’n dramareeks van 26 episodes wat in Kaapstad afspeel, met twee verhale wat hand-aan-hand loop – dié van ’n familie in Durbanville en dié van ’n familie in Athlone. Hierdie families se lewens is oënskynlik wêrelde van mekaar verwyder, maar een leuen verbind hulle; ’n leuen wat reeds 35 jaar lank geheim gehou word …

Tog is die reeks nie net donker en dramaties nie. Die temas word ook gejukstaponeer teenoor die ligter, meer humoristiese gevolge van leuens en geheime in die daaglikse bestaan van die karakters.

Daar is drie gesinne in Sara se Geheim – die Cloetes, Kiewietse en die Vermeulens – en die een persoon wat hulle saambind: Sara Abrahams (June van Merch). Sy is die stammoeder en dra swaar aan ’n diep, donker geheim en leuen wat sy 35 jaar gelede uit nood moes vertel om haar oudste seun se lewe te red.

Sara is ook die bewaarder van haar kinders se geheime. Soos die storie ontvou en elkeen se geheime ontdek en ontbloot word, sien ons hoe die verhoudings tussen ma en dogter, broer en suster en gades oopgekloof word.

sara_3

June van Merch is te sien as Sara Abrahams en Quanita Adams is haar jonger dogter, Lizzie Kiewiets. Van Rooi speel die rol van die ouer dogter.

Wanneer Sara se 14-jarige seun en sy maats tydens die politieke onluste in die 1980’s deur die polisie voorgekeer en ’n vangwa gelaai word, word haar seun vrygelaat omdag hy lig van kleur is. Sara het geweet dis net ’n kwessie van tyd voor die seuns sal erken dat haar seun, Johnny, hul leier is en dat die polisie hom by haar sal kom soek. Dieselfde aand gaan soek sy hulp by die kinderlose Mev Vermeulen en sy oorreed Sara om Johnny in haar sorg te laat.

Johnny word Johan (Dawid Minnaar) en op die vooraand van die nuwe Suid-Afrika raak hy verlief op Nicola (Natania van Heerden). Sara sê hy moet vir Nicola die waarheid vertel, maar hy kan nie.

Sara se oudste dogter, Maggie Cloete (Lee-Ann van Rooi), is die een wat die meeste geraak word deur Johnny se verdwyning. Sy het haar broer verafgod en met sy verdwyning raak sy as tiener met die ongure Ricky (Brendon Daniels) deurmekaar. Hy beland in die tronk en Maggie, wat swanger met sy kind is, besluit om haar lewe om te draai. Sy aanvaar ’n trouaanbod van Virgil Cloete (Charlton Lee George), maar Sara weet dat ook Maggie ’n geheim met haar ronddra.

sara_2

Conway October, Lee-Ann van Rooi en Marlo Minnaar op die stel van Sara se Geheim. Van Rooi speel die rol van Maggie en October en Minnaar is te sien as haar seuns, Kelvin en Aiden.

Sara se jongste dogter, Lizzie Kiewiets (Quanita Adams), lewe ook ’n leuen. Sy glo sy is gelukkig getroud met Danny (Keenon Arrison), maar Danny lewe ’n dubbel lewe. Johan en Nicola se dogter, Inge (Lise-Marie Richardson), ontmoet Maggie en Virgil se oudste seun, Aiden (Marlo Minnaar), op universiteit. Hulle vorm ’n noue band en Sara probeer Johan oortuig om vir Inge die waarheid te vertel. So word die groot geheim nou deur drie mense gedeel: Sara, Johan en Inge.

Ander spelers in die rolverdeling is Margot Luyt, Elton Landrew, André Weideman, Nicola Hanekom, Edwin van der Walt, Geon Nel, Marco Spaumer, De Klerk Oelofse, Celeste Matthews, Grant Swanby, Catriona Andrews en Shimmy Isaacs.

Die skrywers van die reeks sluit name in soos Margaret Goldsmid, Peter Goldsmid, Johann Davis, EKM Dido, Ilse Oppelt, Justine Loots en Tristam Atkins.

Die regisseurs is Mia Breet en David Isaacs en die reeks word vir kykNET & Kie deur Paw Paw Films, ’n onderafdeling van Penguin Films, vervaardig.

  • 48

Kommentaar

  • Ek kan nie wag tot dat hierdie reeks vrygestel word nie. Ek is `n dosent by Northlink Kollege, Tygerberg Kampus - van die tonele word hier verfilm. Dit is lekker om die "behind the scenes" te ervaar.

  • Judith Vermeulen

    Kan daar nie later 'n boek hieroor uitgegee word nie. Ek het 'n paar episodes gemis en dink dit sal 'n goeie boek wees.

  • Dolores van Jaarsveld

    Dit is 'n uitstekende reeks! Ek sien so uit na elke nuwe episode. Ek lewe my so in in elke gesin se dramas.

  • Dit is 'n interessante nuwe reeks. Sekere gedeeltes daarvan. Wat ek net nie kan verstaan nie is waarom die meisie wat verkrag is nadat haar drankie gespike was nie net die eerstejaar-mansstudent gekonfronteer het of dit vir polisie gesê het nie, want hy het haar genooi na die geselligheid hy die huis en hy het vir haar die drankie gegee ... dit weet sy tog want sy was soontoe nugter en op sy uitnodiging? Bietjie weird ... Jy begin mos met die persoon en plek waar als gebeur het, dan nie? En jy weet na DIE drankie by DAAI huis wat vir jou DAAR gegee is, kan jy niks onthou nie ... so hul het 'n PLAN gehad ...

    • Hierdie was die 11de episode en ek sien daar is 26 episodes. Ek kan nie wag vir vlg Dinsdag nie! ☺

  • Ai ek is so spyt ek het die reeks nie van die begin af gevolg nie. Maar ons kyk dit nou al so vier weke lank en ons kan nie wag vir Dinsdagaande nie. Baie goeie reeks met baie kinkels in die kabel.

  • Marius Allegretto

    Dis die beste reeks wat ek nog op KykNet gesien het. Uitstekende storielyne en uitstekende spel. Elke speler vertolk sy of haar rol meesterlik. Kwaliteit werk. Meer sulke reekse groot asseblief. Ek is moeg vir die daaglikse sepies.

  • I absolutely love this series - stumbled across it by accident - but cannot wait each week to watch it on catch up. My favourite character is Lizzie (Quaanita) - she is absolutely brilliant and so funny and makes the whole series for me - I love her and Gadija together ... the actual storyline is really good but Lizzie adds the lighthearted sparkle to it. Well done to the whole cast 🙂

  • I'm hooked, that's all I can say. I am so fascinated I can't wait to watch every week, really great series. It's awesome. It's almost like reallife.

  • Maak die reeks klaar die 4de Julie. Daar staan dan dit het 26 episodes? Of kom daar 'n tweede reeks uit? Asb lig ons in, ek soek oral op die internet maar kry niks.

  • Lizzie gaan die beste aktrise wees wat hierdie land nog gesien het. Toe sy se "Virgil, weet jy eintlik is ek baie disappointed in jou," het dit geklink soos mense wat by die huis praat. Dit lyk nie asof sy toneel speel nie. Sy praat so normaal. Ons is totaal mal oor haar.

  • Carmen de Beer

    Hoop regtig daar gaan nog 'n opvolgreeks wees. Het dit regtig baie geniet en kan nie wag vir Dinsdae nie. Nou is die laaste episode vannaand. Die mense het so in ons harte ingekruip en voel saam met hulle hul pyn en geluk.

  • Henrietta Ontong

    I simply love this series, its so true, so natural. Quanita your acting is Awesome! I cant wait for Tuesday's @ 20h00 done with all house chores and its my time with Sara se Geheim 🙂

  • Anthea Coetzee

    Julle haal aan "Sara se Geheim is ’n dramareeks van 26 episodes" maar dit eindig dan vanaand by episode 13. Wanneer sien ons die ander 13 episodes?

  • Ek kan nie verwerk dat ek moet wag tot 2018 vir die volgende episode nie. Dis mos onregverdig. Wat as ek nie meer hier is nie? Asb laat seisoen twee net begin. Ek is verslaaf aan Sara se geheim. Dis toneelspeel op sy beste en ek kon nie wag vir Dinsdagaande nie.

  • Beste reeks op KykNet ooit. Dis jammer die seisoen is klaar. Kan nie wag tot dit weer begin nie.

  • Die beste tv-reeks ooit. Gelag en baie gehuil ook. Vanaand was so mooi toe Koos uiteindelik plaasbestuurder word en dankie tog Ricky lewe. Kan nie wag vir opvolg nie.

  • Asb, wanneer begin dit weer? Ek het gedink ek het dit gemis. Asb laat my weet wanneer dit weer begin. Baie dankie.

  • Elna Potgieter

    Ek het nie die eerste reeks gesien het nie, maar die voorskou van seisoentwee is so interessant, dat my Dinsdagaande reeds bespreek is. Waar kan ek die eerste reeks te siene kry asb?

  • I love this series. Can't wait for the next episode each week ... Hope there is another season.

  • Wat 'n fantastiese storie! Ons het geweet daar kan nog ’n storie volg na die eerste een. Ons is mal oor elke akteur! Lag ons natuurlike simpel vir Gadija en Lizzie!
    Baie dankie aan Johann Davis en andere!

  • My hart bloei vir Sara wat 'n ma nie opeet nie. Wil graag deel wees van daai familie. Sara kan my suster wees.

  • Ek is absoluut versot op Sara se geheim en baie hartseer dat gisteraand die laaste episode was. Dit is die enigste "sepie" wat ek werklik volg ... Sê asb dat daar NOG 'n reeks gaan kom?! #Seisoen3.

  • Ek hoop daar is 'n seisoen 3 en sommer 4 en 5 ens. Sara se geheim is die heel beste reeks in die wereld 😱

  • Marcelle September

    My dogter is in Amerika tydens varsity recess. Sy’t my geskakel om my te remind om SARA te record. Haar boyfriend het my ook remind: "Maar dit is mos op Catch UP," het ek genoem. Ek wou niks weet van Afrikaanse flieks of Afrikaanse TV programs nie. Toe smeek sy my eendag in April, maar ek’t net geweier. Dan WhatsApp sy my voor 8 o’ clock (Dinsdagaande) dat ek moet nou kom watch, maar my man wou liewer he ek moet sy alewige NCIS-reekse kyk. Na al die violence in dai tipe reekse voel ek al soos a detective ... Toe eendag lei sy my aan die hand en forseer my om te watch en sê: "Dis my tipe mense." Wow! dink ek. Dit het nog nooit op TV gespeel nie ... Met boredom op my gesig geskryf sien ek die mense vanni Kaap, en my hart begin te klop, roer vanuit alle angles! My wêreld! So wraggies! Ai, ek is heeltemal uit die veld geslaan! Dat ek so lank kon neem om haar te glo dat daar wel 'n lekker Capetonian film oppi TV nou eers kan speel. Ongelooflik, onbeskryflik. Man, dit voel soos menswees, my tipe mense! So natuurlik soos net SARA kan speel. My Lizzy! Kannie wag wat djy nou weer gaan aanvang nie. Ai dankie "Father"! Dankie, dankie, dankie tog. Met Sara se geheim voel ek so at home. Nou is dit klaar, hemel Gadija en Lizzy, moet ek nou weer vir NCIS gaan kyk? Maak nou klaar met dai fish en chips Gadija en trou tog nou met Virgil, Kanala! Maggie, djy’s regtig a girl met guts! Jy gaan dit ver bring! Ek’t so gehuil by die skietvoorval! Well done Ricky. Vir jou moes ek my asem ophou en Aiden my broer, djy sê dai ding! Kwai Kwai. Die hele cast is grand! Out of this world! Johnny, Koos en Nicola, jy’t my op hete kole gehad. Inge, Sanel, well done! Ek is wagtend op die derde seisoen. Moenie te lank maak nie, want my eksamen eindig November eers dan hoop ek daar gaan weer trouklokkies wees. Geniet die spel. Julle het nie much practice nodig nie, want julle is almal so genuine in julle vertolking soos SA born actors!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top