LitNet2017-08-08Hallo Nicolize, hier is 'n indeks na al die vraestelle en memo's wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/notas-toetse-en-vraestelle/. Hoop dit help! Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Eddie Stafford2017-08-07PH Nortjé was ‘n skrywer wat werklik geweet het hóé om ‘n storie in ‘n verhaal te omskep, op ‘n manier wat ‘n mens laat voel jy is deel daarvan. Briljante storieverteller en skrywer en ‘n seder wat geval het.
Juliana Halgreen2017-08-07Ek sal tog so bly wees as die rassehaat-euwel tot ‘n einde kan kom. Ons maak almal foute. Party van ons is arm, ander is ryk, maar wat maak dit saak solank ons menswaardig lewe en alle mense met respek behandel. Kies jou eie vriende, enigeen met wie jy
Nehemiah2017-08-07Ek stem saam; slagoffers sal daar altyd wees, maar bekendmaking van die bestaan van die probleem moet so wyd moontlik aangekondig word. So kan die impak daarvan gekelder word en selfs heeltemal voorkom word soos meer mense daarvan bewus raak. Dankie vir u
Hennie Fritz2017-08-07Angus, Shakespeare kon in die laaste paar jaar voor sy dood 'n vertalingsbydrae tot die KJV gelewer het, maar selfs dit, indien dit waar sou wees, sou steeds nie afbreuk aan die waarde van die inhoud van die Skrif doen nie.
Frik Lotz2017-08-07Dankie aan almal wat kommentaar lewer op die brief, dit word waardeer. Ons moet saamstaan vir ons taal en nie toelaat dat dit geminag word nie.
JC2017-08-07Dankie vir jou weldeurdagte kommentaar Felix, ek stem volmondig saam.
Dit is verblydend dat kommentare soos joune die lig sien, en oop en deurgrondelike debat moontlik maak, wat die realiteit reflekteer, en die kommentaar dus nie ontvanklik/kwesbaar maak
JC2017-08-07Presies Jan Rap, presies. Dankie vir jou insig. Dit behoort eintlik algemene kennis te wees. Dit is waarom hierdie "reënboogprojek" gedoem is tot mislukking, indien die onverdraagsame houdings wat SA se verskillende bevolkingsgroepe tipeer in stand gehou
JC2017-08-07Soort (kultuur - daarmee saam natuurlik word verstaan ook een van die vernaamste ankers van kultuur - naamlik taal) soek soort (kultuur/taal) . Dit is regtig SO eenvoudig. Dit moet sekerlik een van die wette van die natuur wees? Noem dit wat jy wil: infor
Erna Claassens2017-08-07Dit was 'n groot voorreg om Willie se vertoning op Neilersdrift by te woon. 'n Kind van ons geweste. Het ook jou ma Lucy net kort geken, maar sy was een van my 90 intekenaars op die Veldblom-blaadjie wat ek die afgelope 20 jaar onder die vroue van Boesm
Jan Rap2017-08-07... en jy reken wat jy uitgedink het vervang wat hulle oor 20 millennia uitgedink het? Terloops. ek praat nie eintlik met ouens met skuilname wat sê hulle praat nie met ouens met skuilname nie maar in jou geval maak ek 'n uitsondering.
LitNet2017-08-07Hallo Charma, hier is 'n skakel na die indeks van al die vraestelle en memo's wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Jy kan ook die skole-afdeling op LitNet besoek vir nog inhoud: https://www.litnet.co.za
LitNet2017-08-07Hallo Kelvin, hier is 'n skakel na die indeks waar al die vraestelle en memo's beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Waldemar Gouws2017-08-06Baie dankie aan die twee skrywers vir hierdie waardevolle artikel. Hulle hoef nie, volgens die gedagte in die eindparagraaf, bekommerd te wees oor kritiek tov hul benadering se mensgesentreerdheid nie. Was dit wel anders gesentreerd, sou dit nie Heidegger
Charma2017-08-06Ek soek Afrikaanse Eerste Addisionele Taal vraestelle en memorandums vir graad 10, 11 en 12. Ek is veral besorg oor Lien se lankstaanskoene. Het so pas 'n pos aanvaar en is redelik desperaat vir hulp.
Erik Van der Straeten2017-08-06Günter Grass schreef wel in het duits en niet in het engels. Gebruik de originele duitse tekst of vertaal hem in het afrikaans (en niet in het engels).
francois verster2017-08-06As hulle beweer Van Riebeeck het iemand verkrag is dit 'n leuen, want daar is geen aanduiding van so iets in die amptelike dokumente of reisbeskrywing of ENIGIETS nie, nêrens in die geskiedenis word so iets vermeld of eens geskimp nie. Daarom is dit 'n
francois verster2017-08-06Korrek Daniel, en daar was nooit 'n groep soos K(h)oisan nie. die twee groepe wat sodoende destyds kunsmatig deur 'n antropoloog aanmekaar gesweis is, sou dit beslis nie so wou gehad het nie. Ons weet vandag dat San "mense sonder eie vee," by implikasie "
Angus2017-08-06Beste Johannes Comestor,
Miskien dink jy aan die biologiese. Ja, dan is Afrikaans nie vroulik nie. Miskien dink jy aan die taallesse op skool, toe jou onderwyser anglisismes uitgeroei het. 'n 'Ship' is 'her', en 'n knipmes, motorkar, ens. is 'hy' en 'hom
Angus2017-08-05Eish, FC Boot, geestelike wesens is goed soos spoke, engele, gode, en die duiwel. Algar skepping van die menslike verbeelding. Alles wat in bybels geskryf staan, kom ook uit die menslike verbeelding.
Van die os op die jas: ek sien jy haal KJV aan; dus
Tom McLachlan2017-08-05Dit is inderdaad 'n aangrypende en ontroerende rolprent wat tref deur onderbeklemtoning eerder as deur bloed en binnegoed en die oorromantisering van heldemoed. Tog moet enkele goed in die "dosent in die geskiedenis" se stuk genoem word:
Dit sou nader aa
Tharien Claassen2017-08-05Ek is n groentjie, maar is besig met n kinderstorietjie en is opsoek na n illustreerder en publiseerder as hy gekeur word vir my karaktertjies. Elanie jou manier lyk presies soos wat ek in gedagte het. Hoe gaan ek te werk? Kan julle my tot hulp wees asseb
Anna Gevers2017-08-05Die boek interesseer my intens. Dit sal ’n geweldige dokument wees wat die waarde van mense/boere/managers se kunde en sosiale betrokkenheid en humane aanpak illustreer. Ook vir die buitewêreld aantoon wat hierdie mense vir Suid-Afrika beteken. They ar
Grieta Pike2017-08-04Hou niks van resensie nie. Ervaar dit as effe TE persoonlik en dit oorskrei grense - die persoon word aangevat eerder dat boek analiseer word.
Prometheus Ongebonde2017-08-04Meer en meer as wetenskapjoernalis is dit vir my duidelik ons is die slimste maar ook maklik die onnoselste spesie op Aarde. Ek vermoed die planeet sal beter kan voortbestaan sonder mense wat bly vasklou aan die idee daar is nog 'n kans in 'n gewaande lew