Bets van Aswegen2017-11-09Hi, hoop julle laat genoeg druk, want gaan vir elkeen van my familie een gee vir Kersfees. Dankie Jacques dat jy met die moed van jou oortuiging, kaalkop die waarheid ontbloot het. Kon ongelukkig nog nie 'n eksemplaar bekom nie, maar dit is op my "bucket
Helize van Vuuren2017-11-09Heini Kotze, taal, alle tale, IS onontkomelik "gekoppel" aan 'n politieke bestel. Dink aan Duits. En dis hierdie "koppeling" wat een van die jammerlike oorsake is v taalsterfte (saam met politieke mag of gebrek daaraan, plus sosiale status van die stigma
Johannes Comestor2017-11-09"If one compares the indifference that liberals showed to African genocide (Rwanda 1994, Burundi 1972 and 1993), the Mao-Mao terror of Kenya (1952-1960), the Angolan Revolution (1961), the 300 000 slaughtered by Idi Amin (1971-79) or the Nigerian Civil Wa
Valerie Underhay2017-11-09My liewe Dorette, ek staan verstom oor hoe jy in jou fantasiewêreld alles so ongelooflik in woorde omskep. So asof ek dit saam met jou beleef en ervaar ... 'n Skrywer in wording op pad.
Maryna Pieterse2017-11-09'n Verfrissende en insiggewende artikel met verseker van ons beste oorspronklike musiekkunsternaars met wie die onderhoude gevoer was. Sien uit na Deel Twee.
LeRoi Steenkamp2017-11-09Die beste gedig ooit
Is iewers in die dapper ure van die nag
Sommer so
Terloops en astrant
"off the record” geskryf
Deur ’n persoon sonder agendas of struktuur
Tussen ’n prêm en poering
Sonder voorbeda
Raed-na-Gael2017-11-09Hoe lyk dit vir my asof jy op my spoor loop.
Ek was in Augustus op Groot Marico waar ek my jare lange pêl gaan opsoek het. Ek vra hom toe na jou pos hier en hy vermoed dat dit oorlê “Piet Mampoer” is wat die hakiesdraad gebottel het en sê dat die
Angus2017-11-09Beste doktor Chris Joubert,
Verskoon tog die onkunde, maar wat bedoel u hier met 'n "seminale ondersoek"?
Ek is in, kom ons noem dit die geneeskundebedryf, en doen ook af en toe seminale ondersoeke. Ons ondersoek dan die sperminhoud van mans se semen om
Raed-na-Gael2017-11-09Ek sou dink dat 'n mens iets sou lees wat vir hom of haar van belang sou wees en sal kan bydra tot 'n beter bestaans- en verstaansbegrip. Jy is reg. Die menere hierbo val ongelukkig nie by my in hierdie kategorie nie.
Nou weet ek, ja dankie, jy stem saam
Angus2017-11-09Beste Jan Rap,
Ek weet presies wat jy bedoel as jy sê jy weet nie self wat nie. So terloops, 'n hoendereier is een sel. Hiervandaan vind dan selverdeling plaas.
Evolusie behels glad nie natuurlike seleksie en lukrake mutasie nie. Natuurlike seleksie
Angus2017-11-09Beste Reusedwerg,
Daar moet tog iets wees waarvoor jy nie vere voel nie. Anders sal die lewe maar 'n vervelige spulletjie wees.
Groete,
Angus
Angus2017-11-09Beste FC Boot,
Dit lyk my jy lees iets wat ander mense sê, en dan beskuldig jy my daarvan. Nêrens het ek gesê dat met die sondvloed, die water die hele aarde bedek het nie. Die waarheid is dat die hele storie van Noag met sondvloed en al, maar net fik
Dirk Rigter2017-11-09Beste Angus
So n paar dae gelede was daar ‘n TV-program wat getoon het hoe ‘n veearts van Hartenbos ‘n beseerde dragtige pofadder toewerk om die inwendige spierwit eiers te bewaar. Die eiers was duidelik sigbaar waar die slang beseer was. Wens Raed
Amanda Olivier2017-11-09Breyten is 'n groot historiese figuur en ek beny die werk wat hy doen om vrede te bewaar in ons demokratiese samelewing. Ons lesers mag nie met haat uit die skrywerspen beïnvloed word nie, liewers saamstaan en aan die rede vir die rassewroeging werk.
Gustaf Claassens2017-11-09Prakties en insiggewend, 'n goeie bydrae oor die belangrikheid van, en al die "hoekoms" van Standaardafrikaans. Sonder 'n stewige en gesonde stam sal takke van die 'Afrikaanse boom" nie die gure elemente van ons tyd (kan) oorleef nie. Eenvoudige logika.
LitNet2017-11-09Hallo Lizette, hierdie indeks dui al die vraestelle aan wat beskikbaar is. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Hier is nog inhoud van ons skole-afdeling as jy wil deurblaai: https://www.litnet.co.za/category/skole/. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbe
LitNet2017-11-09Hallo Nicky, ons het nie op die oomblik wiskundige geletterdheidsvraestelle op LitNet beskikbaar nie, maar hier is 'n indeks na al die vraestelle wat wel daar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Ons voeg so gereeld moontlik nu
Kevin Rossouw2017-11-08Hou asb politiek uit ons skole, los die openbare skole wat goed funksioneer uit. Die kinders en skole het niks met politiek te doen nie, so stop skolekaping.