Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
LitNet Akademies-resensie-essay: Die jongste Perspektief & Profiel – lywig, gewigtig en gesaghebbend
2017-01-19"Die verskyning van hierdie monumentale werk sou ’n besondere prestasie in enige taal wees, maar in Afrikaans in die huidige (s)t(r)ydperk grens dit aan ’n wonderwerk."
Boekresensie: Die leliemoordenaar deur Lerina Erasmus
2017-01-18"Teen die laaste paar hoofstukke haal jy weens die spanning so vlak asem dat dit voel of jy jou bewussyn gaan verloor."
Boekresensie: Multivers deur Hennie Smith
2017-01-18"Multivers is ’n belowende en opwindende debuutbundel wat ’n waardevolle bydrae tot die nuwe stemme in die Afrikaanse digkuns lewer."
Boekresensie: Soetloop deur E Kotze
2017-01-16"Die roman is weer eens bewys van Kotze se besondere vermoë om ’n spesifieke ruimte en karakters te skep wat die leser saamneem op die familiegeskiedenis van mense wat jy sal onthou lank na jy klaar gelees het."
Book review: Travels with My Father by Karen Jennings
2017-01-06"For me, this book is an unsparing quest for meaning on so many levels and one certainly deserving of the highest accolades."
Boekresensie: Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger
2017-01-06"Hier is ’n besonderse boekvertelling in ’n besonderse styl."
Boekresensie: Wildernis deur Wilbur Smith
2017-01-05"Wilbur Smith is hier weer, soos in al sy ander boeke, die meesterlike storieverteller wat geslaagde karakters met uiteenlopende persoonlikhede – goed en sleg – saamsnoer in ’n verhaal wat op ’n spannende einde afstuur."
Boekresensie: Suikersoetsonde deur Dina Botha
2017-01-03"Lekker, ontspannende leesstof wat my weer in die liefde en ridderskap en sjarmante mans laat glo."
Boekresensie: Dorado deur Tom Dreyer
2016-12-20“Myns insiens is dit ’n roerende beeld van ’n baie gewone man se behoefte om homself te oortuig dat die gebeure in sy lewe volgens ’n bepaalde plan verloop en ’n sinvolle afloop sal hê.”
Boekresensie: Maestro deur Marié Heese
2016-12-06"Maestro bewys weer, soos Heese se ander onlangse romans, dat sy grondige navorsing doen wanneer sy ’n historiese roman aanpak."
Boekresensie: De Vette Mossel deur Niël du Bois
2016-12-05"Die staaltjies sal jou laat glimlag en die gedeelde kennis sal vir seker enigiemand meer behendig agter die seekospotte maak."
Boekresensie: Goudduiwel deur Duane Aslett
2016-12-02“Goudduiwel is ’n waardige spanningsroman met ’n goed nagevorsde storielyn en genoeg aksie om jou aan die lees te hou.”
Boekresensie: Springgety deur Chanette Paul
2016-11-29"Dis maklik om sommer spoedig in die lief en leed van die hoofkarakter te deel, om met haar wroegings te kan identifiseer en ’n medepligtige te raak in haar soektog na antwoorde."
Boekresensie: Harry Griesel I: Operasie spookredding deur Sonja Kaiblinger
2016-11-24"Hierdie boek is ten spyte van die grieselrige gedagtes nooit te skrikwekkend vir jonger lesers nie en ’n mens is nooit seker watter belaglike dinge volgende gaan gebeur nie."
Boekresensie: Dollars Eventualis deur Nico van Rensburg
2016-11-23Hierdie boekbespreking deur Danie Botha is op Woensdag 16 November 2016 uitgesaai in Fine Music Radio se program, Boekkeuse, onder leiding van Amanda Botha.
Boekresensie: Hitler, Verwoerd, Mandela and me deur Marianne Thamm
2016-11-22"Skryf, dié skryf sy. Sy het ’n woordkeuse aan haar wat die (reeds sterk) storie besonder goed aanvul."
LitNet Akademies-resensie-essay: Vlam in die sneeu, die liefdesbriewe van André P Brink en Ingrid Jonker, redakteur Francis Galloway
2016-11-21"Al hierdie faktore dra by tot die literêre rykheid van die versameling. As die leser die briewe lees sonder die konteks van die hopelose realiteit daarvan, word die briewe wel ook ’n letterkundige werk uit eie reg."
Boekresensie: Die dood van 'n goeie vrou deur Chris Karsten
2016-11-18"Hy ken die kuns van ’n goeie storielyn, genoeg kinkels en draaie om die leser se aandag gevange te hou en verdagtes wat almal ewe veel motief tot moord het."
LitNet Akademies-resensie-essay: In die spieël met Bibi – Fotostaatmasjien (2016) deur Bibi Slippers
2016-11-16"Hier het ons die digkuns van ’n fyn waarnemer en optekenaar van ons wonderbaarlike, dikwels skrikwekkende, eietydse menslike toestand op ’n planeet wat ons met soveel ander, menslik en dierlik, deel."
Boekresensie: Vergete leuens deur Lien Roux-de Jager
2016-11-15"[Die verhaal is] boeiend, insiggewend en openbaar ’n diep begrip van seer, veral soos wat die prostitute se hartseer verledes en menslikheid ontgin word."
