Marius Crous2009-06-03De Lange se bundel word in agt afdelings verdeel: Hiermaals; Bedrieglike paradyse; Naspele & voortvlugte; Ars poetica; Die handgrepe van hartstog; Die meervoud van verdriet; Wat sag is; Memento mori.
Herman Wiid2009-06-02Met storieprospekteerder Irma Joubert se verbeelding skort daar niks. Haar jongste fiktiewe skat, Verbode Drif, straal die kontrasterende ideologiese wêrelde van Afrikaners en Jode uit, verweef taal en godsdiens vernuftig, en wys dat ’n onwrikbare geloof in liefde enige probleem die hoof kán bied.
2009-06-02Die bui is moerig, beangs en verward. Vianne gaan deur ’n krisis, hoofsaaklik weens haar frustrasie veroorsaak deur die onvermoë om haar senutoestand en fragiele geestesgesondheid te verstaan.
Daniel Hugo2009-05-27Digterlike en filosofiese strewe gee aan die bundel ’n Zen-kwaliteit: deur hunkering, verlange en pogings om teengesteldes te versoen bereik die soekende, swerwende digter ten slotte ’n aanvaarding van die absolute stilte.
Joan Hambidge2009-05-13Daniel Hugo beklee ? uitsonderlike posisie binne die Afrikaanse digkuns. Hy het veral die vernufsvers ontgin en besondere hoogtes bereik met die limeriek, die speelse vers en slim toespeling.
Izak de Vries2009-04-16Sit ’n helmet op voor jy In limbo lees. En, manne, dra ’n boks, anders gaan jou knaters dit nie hou nie. Jy’s gewaarsku. Hierdie boek tref hard, maar dit is die pyn werd.