Op die redakteur se lessenaar
Nuut by Human & Rousseau: Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard
2022-03-23Die wet van Gauteng het ’n eg verweefde Suid-Afrikaanse intrige: politieke faksiegevegte, korrupsie en geldwassery.
Nuut by Protea: Vrydagaand, saamgestel deur Elsa Winckler
2022-03-23Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot te begin
Nuut by Hemel & See: Beurtelinge – ’n romoir deur Pirow Bekker
2022-03-16In dié publikasie, Bekker se 23ste publikasie sedert 1965, word die leser meegevoer deur sy herinneringsreise na plekke van herkoms en vroeëre verblyf, sowel as die verlede in sy eie gedagtes.
Nuut by Protea Boekhuis: Moer deur Michèle Meyer
2022-03-16Daar is ’n ongewone, ontgogelde blik op swangerskap, ontdaan van blosende skoonheid, vreedsame afwagting en innige vervulling; eerder gekenmerk deur vrees, angstigheid en ongemak.
Nuut by Penguin: Stirring the pot deur Quraisha Dawood
2022-03-16At Summer Terrace flats in hot and humid Durban, the friendships between the women are as intricate as the curling patterns of henna tattoos.
Nuut by Penguin: Die geheim van Mussolini se kaart deur Constant van der Merwe
2022-03-16Elena ontdek ’n ou kaart in die solder op hul plaas; ’n kaart wat haar Italiaanse oupa as krygsgevangene na Suid-Afrika gebring het. Dis ’n vonds wat kan lei na ’n goudskat wat die diktator Mussolini in oorlogsbunkers weggesteek is.
Nuut by LAPA: Bloedbande deur Jeanette Stals
2022-03-16Elke huis het sy kruis. Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch-polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek.
Nuut by LAPA: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster
2022-03-16Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.
Nuut by LAPA: Poppie Viool en die Swartwoud-arende deur Jan Vermeulen
2022-03-10Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ’n viool wat al lank in die familie is.
Nuut by LAPA: Roet deur Hannes Barnard
2022-03-10Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk. ’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond. ’n Alternatiewe roete. ’n Sexy Duitser. ’n Geniale wetenskaplike. ’n 90’s mix tape. En chaos. Baie chaos.
Nuut by Human & Rousseau: Speurder Kwaaikofski 14: Afbeen en lang vingers deur Jürgen Banscherus
2022-03-10Kwaaikofski lê met ’n gebreekte been in die hospitaal. En boonop besteel ’n dief almal op die kindervloer. Kwaaikofski begin die saak ondersoek – al is sy been in gips.
Nuut by Human & Rousseau: Dagboek van ’n dork 5 deur Rachel Renée Russell
2022-03-10Dagboek van ’n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wêreld gevoel het.
Nuut by Protea: Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson en Axel Scheffler
2022-03-10Op ’n verre planeet ontmoet twee jong ruimtewesens mekaar – en raak dolverlief. Maar Fleur is ’n Smooi en Fanie is ’n Smou.
Nuut by LAPA: Kattemaai 2: Annabel gaan skool toe deur Betsie Vos
2022-03-10Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra?
Nuut by LAPA: Kattemaai 1: Die bure se nuwe dogter deur Betsie Vos
2022-03-10Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het?
Nuut by LAPA: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo – 5-in-1 omnibus deur Henry Ferreira en Alistair Ackermann
2022-03-10Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is.
Nuut by Best Books: Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal in Graad 1 – Werkboek deur Mart Meij en Glaudina Rossouw
2022-03-10Aandag word gegee aan woordeskat wat die kind hardop moet herhaal sodat dat die kind teen die einde van die grondslagfase vlot kan praat en leesstof in Afrikaans kan lees.
New from UKZN Press: Tracing the (post)apartheid novel beyond 2000 by Danyela Dimakatso Demir and Olivier Moreillon
2022-03-03This volume contains interviews with fourteen contemporary South African authors. The conversations with the writers are accompanied by vignettes of the authors’ lives and summaries of their works.
New from UKZN Press: Stories of fathers, stories of the nation by Grant Andrews
2022-03-03Grant Andrews examines how father characters are linked to storytelling; they narrate the lives of their children and their patriarchal power is constituted through narratives.
New from UKZN Press: Return to the scene of the crime by Kamil Naicker
2022-03-03At once disturbing and perversely comforting, the crime novel has historically been used to curtail social anxieties through the "open and shut case" of its narrative form.
