
Vertaal deur Ena Jansen
De tienduizend dingen (1955) is Maria Dermoût se beroemdste boek en is in vyftien tale vertaal. Dit is die sintuiglike en kaleidoskopiese verhaal van Felicia, “mevrou van Kleyntjies”, wat woon op ’n oënskynlik paradyslike Molukse eiland, in ’n huis aan die binnebaai.
Die titel is ontleen aan ’n uitspraak van Ts’ên Shên: “Wanneer die ‘tienduisend dinge’ in hulle eenheid gesien is, keer ons terug na die begin en bly waar ons altyd was.” Hieruit blyk Dermoût se Boeddhistiese ingesteldheid: ’n sprankelende viering van die natuur en die lewe, en tegelyk ’n gelatenheid oor die verbygaan van tyd.
Die opvallendste tema in Dermoût se werk is verlies: verdriet oor die dood en die afwesigheid van geliefdes, oor geweld en wreedheid, en oor eensaamheid. Verdriet word getemper deur ’n omvattende liefde vir “dinge”: plante, skulpe, korale, golfies wat breek. Én deur berusting en aanvaarding van jou lot.
Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.
Hier is jou naaste tak van Bargain Books
As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.


