Die Afrikaanse Taalraad-portaal

Gelukwensing aan David Kramer

Jacques van der Elst 2014-04-28 "Die Afrikaanse Taalraad wat ongeveer 40 Afrikaanse organisasies in die land verteenwoordig, is saam met u bly met die eer wat u te beurt geval het met die toekenning van ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch."

Die eerste Vryheidsdag sonder Madiba

Michael le Cordeur 2014-04-24 Na twee dekades van demokrasie dink Michael le Cordeur na oor die nalatenskap van hierdie grootse staatsman.

Hoop vir jong musikante

Michael le Cordeur 2014-04-08 Lees hoe bou die Wellingtonse klopse aan Madiba se droom.

Die Afrikaanse Taalraad in Soweto

Michael le Cordeur 2014-04-08 Lees waar Afrikaans met heldergeel kokerblomme blom.

ATR sluit vennootskap met die Jaloersbokkies

Michael le Cordeur 2014-03-19 Lees oor wanneer mens maar jaloers mag wees.

ATR-simposium by US Woordfees 2014: Wie se Afrikaans?

Afrikaanse Taalraad 2014-03-19 "Nie joune nie, dis ook nie myne nie, dis ons almal s’n."

Staat is onverskillig

Afrikaanse Taalraad 2014-03-05 Die Afrikaanse Taalraad het met groot kommer kennis geneem van die taalchaos tydens die hofverrigtinge wat nie net in Suid-Afrika nie maar ook wêreldwyd Suid-Afrika se regstelsel in ‘n swak lig gestel het.

Toespraak by die ATR – Simposium 2013 – Paarl

Michael le Cordeur Academic research 2013-10-23

"Ons kan dit nie bekostig om moedeloos te word in die lig van soveel gebreke in Suid-Afrika nie. Ons moet aanhoudend klop om hierdie deur oop te maak in die belang van ál die tale in die land."

Vrouedag en vrouekrag

Afrikaanse Taalraad 2013-08-20 "Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op 9 Augustus 2013 ’n Vrouedaggeleentheid met die tema Vrouedag, Vrouekrag! aangebied."

ATR steun regering se taleplan

Afrikaanse Taalraad 2013-08-05 Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is positief oor die nuwe voorgestelde die taleplan vir skole in Suid-Afrika wat bepaal dat elke kind ‘n derde taal – Afrikataal – moet aanleer. Dit was die algemene gevoel na ‘n gesprek wat ‘n afvaardiging van die ATR met amptenare van die Departement Basiese Onderwys gevoer het. Die plan dek 'n beplanning tot 2026. Die Taalraad is spesiaal, as rolspeler in die talebestel van ons land, genooi om aan die gesprek deel te neem.

’n Bymekaarkom ter viering van vrouekrag

Afrikaanse Taalraad 2013-08-05 Die Afrikaanse Taalraad (ATR) bied op 9 Augustus ‘n Vrouedag-geleentheid aan onder die tema Vrouedag, Vrouekrag! Dit vind plaas by die Studentesentrum van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie in Wellington, ’n hanetreetjie vanwaar die ATR vyf jaar gelede tot stand gekom het

ATR reik uit na skool in KZN

Michael le Cordeur 2013-07-30 "Bonfa Dlamini is ‘n Afrikaansonderwyser wat met sy passie vir Afrikaans ‘n verskil maak. Dit was duidelik te sien in die getal leerders wat sy vak neem toe die ATR (Afrikaanse Taalraad) by sy skool opgedaag het."

ATR reik uit na Eersterust in Pretoria

Michael le Cordeur 2013-06-04 "Foeitog, en die ouma wat met ’n klokhelder stem ingesit het, is blind, maar met haar gees skort daar niks nie!"

Afrikaanse Taalraad op pad in Suid-Afrika

2012-07-12 As deel van sy program Ontmoet gemeenskappe rondom Afrikaans lê ’n afvaardiging van die Afrikaanse Taalraad (ATR) eerskomende Woensdag (18 Julie) besoek af aan Atlantis.

ATR-jeugberaad tydens die US Woordfees

2012-02-29 Die jeug is nie Taalgroentjies nie – dis die tema van ’n beraad wat die Jeugvleuel van die Afrikaanse Taalraad by die Woordfees van die Universiteit Stellenbosch gaan hou. 

Afrikaanse Taalraad in gesprek met buitelandse LP’s

2012-01-30 Die Afrikaanse Taalraad (ATR) word vermeld in die artikel van Leopold Scholtz (21 Januarie 2012) in Beeld en Die Burger. Die titel van die artikel in Beeld is “Taalfrustrasie in die Lae Lande”. In die artikel skryf Scholtz as volg:

Voorsittersrede Derde Jaarvergadering van die ATR – 18 November 2011

Wannie Carstens 2011-11-29 Dit is weer eens met groot genoeë dat ek hierdie voorsittersrede van die ATR lewer – dit is reeds die derde een. In die eerste voorsittersrede van Augustus 2009 in Pretoria het ek verslag gedoen oor die verloop van die proses wat opgebou het daartoe en ook tot
Top