In memoriam: Tannie Grietjie

  • 0

Saam met talle liefhebbers van Afrikaans, oor die volle spektrum van die taal se sprekers heen, eer die Afrikaanse Taalraad die nagedagtenis van die ontslape Tant Grietjie Adams van Garies wat pas eervol in haar lééfgrond te ruste gelê is. Tant Grietjie het as Nama-liedjieskrywer en -sanger en as rieldanser nie slegs die aandag opnuut kom vestig op die kleurvolle Namakwalandse variëteit van Afrikaans in al sy uitingsvorme nie, maar ook op die ryke geskakeerdheid van die Afrikaanse taal wat as waardevolle kultuurbesit gekoester, beskerm en vir die nageslag bewaar moet word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top