Gelukwensing aan David Kramer

  • 0

Geagte dr Kramer

Die Afrikaanse Taalraad wat ongeveer 40 Afrikaanse organisasies in die land verteenwoordig, is saam met u bly met die eer wat u te beurt geval het met die toekenning van ‘n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch.

Die Taalraad vereer u saam met die Universiteit van Stellenbosch vir die wonderlike multikulturele bydrae wat u tot die Suid-Afrikaanse tale en kultuur lewer. Ons verneem dat die Universiteit melding gemaak het van u as ‘n “nadenkende en eksperimenterende kultuurpraktisyn, veelsydige kunstenaar, liedjieskrywer, sanger, musikant, dramaturg en omgewingsaktivis.” Ons stem volmondig saam met die erkenning vir u bydrae tot die ontsluiting van miskende en bedreigde musiekpraktyke en -tradisies wat ons nasionale musiekerfenis verryk en wat sonder u insette dalk vergete sou geraak net.

Hiermee ons hartlike gelukwense met die verering wat welverdiend is.

Vriendelike groete

Jacques van der Elst, Uitvoerende Hoof, Afrikaanse Taalraad
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top