ATR-jeugberaad tydens die US Woordfees

  • 0

Die jeug is nie Taalgroentjies nie – dis die tema van ’n beraad wat die Jeugvleuel van die Afrikaanse Taalraad by die Woordfees van die Universiteit Stellenbosch gaan hou. 

Studente en selfs personeellede van die Noordwes-Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat sal die geleentheid bywoon.  Sowat 300 studente word verwag.  Prof. Magda Fourie-Malherbe, viserektor van die US is die gasspreker. 

Studente van die US uit die fakulteite Lettere en Wysbegeerte, Opvoedkunde, Ingenieurswese, Ekonomie en Bestuurswese, Natuurwetenskappe en Teologie sal die woord voer. 

“So lankal word die bestuur van die US uitgevra oor die universiteit se taalbeleid.  In hierdie geval kry die studente die geleentheid om hulle sê oor hulle taalbelewenisse in die verskillende fakulteite te sê”, het die hoof uitvoerende beampte van die Afrikaanse Taalraad, prof. Jacques van der Elst, gesê.  Die voorsitter van die US se studenteraad, me. Anina Botha sal eweneens die woord voer saam met me. Zandri le Grange van die Akademiese Belangeraad. 

Die beraad op Saterdag 10 Maart in Kamer A201 van die J.C. Smuts-gebou op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch begin om 09:00.  ’n Mosie sal na afloop van die beraad aan prof. Russel Botman, rektor, oorhandig word.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top