Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Tot in die soveelste geslag
2017-11-16"Die adellike swaeltjie Erika von und zu Berghoven (née Schüler) het elke jaar vanuit die koue Keulen in die Boland by haar aangetroude Afrikaanse familie kom kuier. Stellenbosch was vir haar die paradys."
Die robot
2017-11-14"Die geboutjie was weg. In die plek daarvan is ’n slagboom wat rus op ’n mik. ’n Metaalboks steek vir die motoriste ’n papiertong uit. Dan lig die slagboom op."
Bybel in Kaaps: Die boek van Rut
2017-11-10"'Ek hettie mans gesê om jou uit te los, ennie lastig te wiesie. En wanne djy dôrs is, gan na die watekruike toe en drink vannie wate wattie wêksmense vi hulle geskep het.'"
Om vry uit te stap
2017-11-09"Poppedoks Klopper woon in ’n rooi woonwa by ’n kampeerterrein digby Boksburgmeer. Poppedoks se hande is lomp, maar gewillig, en sy doen alles self in haar huisie op wiele."
Opperman se vuurdoop
2017-11-09"Vandat Opperman hier aangekom het, is Vrydagaande nou grammofoonaande. Nou sit almal in die voorhuis en koud kry en die grammofoon speel 'Moonlight and roses' en 'Tennessee waltz', maar niemand dans nie."
Spoor van ’n droom
2017-11-09"'Ons lakens is geskeurde vlerke,' het hy gesê-fluister en langs my kom lê. Ek het hom gesoen, my hare uit my oë gevee. Daar was ’n borrelrigheid voor my oë; my gedagtes het gevoel soos gekraakte ruite."
Die vismark
2017-11-06"die skuite het propvol ingekom
daar anderkant staan Smiley
trots op die snoek"
Bybel in Kaaps: Romeine 12
2017-11-03"Liewe in vriede met mekaa. Moenie te trots wiesie, maa wies gewillig om te meng met mense wat minner as djy het. Moenie vewaant wiesie."
Laggend in rou
2017-11-01"Sy soek na iets venynigs om hom toe te snou toe sy sy skouers sien ruk en sy laggery verander na ’n weeklaag en hartverskeurende geween."
Die leser
2017-11-01"Die leser" is ’n splinternuwe kortverhaal deur Izak de Vries: "Ek was mal oor haar, maar al waaroor sy kon praat was jy. Later begin ek ook dink aan jou. Ek is ’n leser en ek maak my eie stories in my kop en hier staan jy, maar nie die vaal jy op Franci se foto’s nie. Jy is baie meer sexy as wat ek gedroom het."
Anna
2017-11-01"Dis asof Anna skielik die helfte kleiner geword het langs my en die seuntjie op my skoot met ’n naald geprik is en ’n vulkaan in my opborrel."
As die naaimasjien die fan tref
2017-10-31"Hesmarie Jordaan is nie ’n mak mens nie. Puntenerig soos ’n ou wiskunde-onderwyser, vind fout met alles. So trots, dit grens amper aan hoogmoed."
Die kat
2017-10-31"Ek verstaan die kat nie en die kat verstaan my nie, maar dit dompel my nie in ’n eksistensiële krisis nie. Ek verstaan mý ook nie en in hierdie stadium van my lewe, verstaan ek nog minder wat mense dryf om te wees soos wat hulle is."
Woordevriend
2017-10-24"Al wat nou vir my oor is,
is om met groot ontsag en hartseer te noem:
Daar gaan ’n vriend"
Tannie Hessie en die koorsblare
2017-10-23"My mens, ek en ou mister Babinski wat die antieke winkel het, daar tussen die sentrale en die poskantoor, sit nou die dag op sy rooi stoep en gesels."
Dood van ’n geliefde (2)
2017-10-23"Ek is jaloers
want jy sit anderkant
die Melkweg en die volmaan"
Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2018
2017-10-23Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die vyfde toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs. Die beurs beloop R400 000. Aansoeke sluit Vrydag 17 November 2017.
