Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Skryfkompetisie vir skoolleerders: "Ek voel anders as ander mense"

LitNet Skryfkompetisies 2017-10-20

As jy in graad 7 of in die hoërskool is, word jy uitgenooi om vir LitNet se skryfkompetisie in te skryf. Boekpakkies met leesstof vir die Desembervakansie is op die spel. Die tema van die skryfkompetisie is: “Ek voel anders as ander mense”. Inskrywings sluit op Donderdag 30 November 2017.

Chemo

Maretha Maartens Fiksie 2017-10-20

"Die toneel is onwerklik, onmoontlik. Weer en weer word dié oomblikke in die mens ingebeitel, ingekerf. Iewers kry jy jou beurt; iewers is jy die sandsteen, die ma wat alles sien kom, die een wat wil breek en nie mag nie."

flagellaat – ’n ope brief aan die akademie

Hanta Henning Poësie 2017-10-17

"mag ek in u oë
ook leef
en werd wees"

by klavieruitvoering deur lukáš vondráček

Hanta Henning Poësie 2017-10-17

"mag ek dalk my vingers rus
op die klawers waar joune was ..."

met apologie

Hanta Henning Poësie 2017-10-17

"my pa is in ’n nartjie
my ma is in kaneel"

Ryk Hattingh

Joan Hambidge Poësie 2017-10-17

"'My aard, soos ’n vonk,
is ook onkenbaar,' beskryf
jy jouself in
Huilboek"

Ysige liefde

Trisa Hugo Fiksie 2017-10-17

"George staan vir ’n oomblik en kyk na die verweerde lyf in die enkelbedjie, dan vou hy die sagte grys kombersie om haar voordat hy die beddegoed weer om haar benerigheid reg skik."

Die kind

Jethro Louw Poësie 2017-10-17

"Afrikaans het ’n kind
My hartse pint
Sy's die vrou van die wind"

Jonathan

Hendie Grobbelaar Fiksie 2017-10-16

"Nou, meer as ooit, het sy hierdie lysie-gewoonte van haar broodnodig. Dit help dat sy al die nodige aktiwiteite moet onthou vir die afhandel van Theuns se lewe en sommer om haar te help fokus sodat sy nie in ’n bondeltjie verdriet verval nie."

Bekendstelling: Nuwe stemme 6 (gedig)

Anton Döckel Poësie 2017-10-16

"Nuwe stemme geskryf en verbind ..."

MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat

LitNet Skryfsake en rubrieke 2017-10-16

(Aspirant-) skrywer, digter of literêre vertaler? Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is. Die sluitingsdatum vir aansoeke vir studie in 2018 is 30 Oktober 2017.

César Vallejo

Jacobus Swart Poësie 2017-10-12

"op jou pos
die daaglikse beoefenaar
van ’n verworwe
taai ontoegeeflike geduld
ander noem dit vakmanskap"

Joan Hambidge lees ’n villanelle voor

Jacobus Swart Poësie 2017-10-12

"niks minder
niks meer
ek vat net dit wat myne is"

Adam

Jacobus Swart Poësie 2017-10-12

"vooroor kantelend
in die grondwaartse boog
suiwer wiskunde tastend na
Die Ander"

Breytenbach Sentrum se skryfskool (2017–2018)

Breytenbach Sentrum Skryfsake en rubrieke 2017-10-11

Aansoeke vir die Breytenbach Sentrum se vierde skryfskool sluit 20 Oktober. 

Die restaurant

Wietz Marais Fiksie 2017-10-06

"Die stad is ’n dier met buie. ’n Oerdier wat ’n mens verswelg en jou deel maak van hom sodat die definitiewe lyn waar jý ophou en die stad begin, vervaag."

Dag in Zagreb

Marthé McLoud Poësie 2017-10-06

"Skielik is sy kleurvol daar
met klingelende armbande
haar tjalie styf om haar getrek"

Huldeblyk

Tinus Viviers Fiksie 2017-10-05

"Leandri neem die A4-grootte koevert, wat Anton vir haar uithou, in haar hande. ’n Laaste brief? Néé! Dis nie wat sy wil hê nie! Hy moet steeds hier wees! Haar binneste wil vulkanies tussendeur haar ooglede uitspoel."

Bybel in Kaaps op RSG se Sondagjoernaal

LitNet Skryfwerk 2017-10-05

"Jy moet ook verstaan dat daar baie verskillende vorms is van Kaaps, so hoe meer mense kan deel raak van die translation, hoe beter is dit vir ons, om ons ’n kans te gee om asem te haal en uit die skaduwee van Afrikaans te kom." Olivia M Coetzee het op 1 Oktober op RSG se Sondagjoernaal met Lizelle de Bruin gesels.

My Kroon

Carié Maas Fiksie 2017-10-04

"Hoeveel keer het hy nie hierdie toneel in sy kop laat kom nie: die dag van afrekening. Toe sy ma met Sofina saam van die beroerte laat weet het, het hy besef hy sou nie meer sy pa met geweld hoef sit te maak nie."

Top