Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Die vrou met die piering
2017-08-28"Ek hou my piering in my linkerhand en my teekoppie in my regterhand; presies soos Ma my geleer het. Al is ek in die Wimpy. My vyftigjarige hande is skurf. My naels is kort en gesplinter. Sunlight liquid en Handy Andy is nie jou maters nie. Ek moes liewers my naels as my hare laat doen het vir tant Sus se begrafnis."
LAPA Jeugromankompetisie 2017
2017-08-23Skryf nou in vir die LAPA Jeugromankompetisie 2017! Prysgeld ter waarde van R50 000 is op die spel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2017.
30 Junie 2016
2017-08-22"Sy sal terugkom. Sy sal uitvind en terugkom. Sy sal weet dit was ek, hoe ook al sy uitvind. Sy moet net uitvind. En as sy uitvind sal sy weet ek is nou wat sy wou gehad het. Ek moet net seker maak sy vind uit. En dan sal sy terugkom."
Rooi son
2017-08-22"Hy het na die restaurant om ons beduie, die kerse in die papierlanterns, die bamboesplantjies, die afdrukke van Japannese skilderye wat ek toe besef het moontlik nagemaak is. Teen ’n muur was die Japannese vlag met die rooi son daarop. Dit het meteens vreemd in Suid-Afrika gelyk."
Forty years after dawn
2017-08-17"State plans still dressed in torn overalls of parliament
Bullet speaks louder than ballot"
Pluk vir my ’n ster
2017-08-15"My mens, dis nou al drie jaar wat ek by die Smaailie-kind werk. Hy is seker al so in sy dertigs, maar vir ’n vrou van 63 jaar oud, is dit mos maar ’n kind. Sien? Ek kan nog so goed onthou hoe ek hier by hom beland het, soos gister sit dit nog in my gedagtes vas."
Landskapvers
2017-08-15"Landskap, so weet jy te vertel,
verraai immer iets van die binne-
landskap, die innerlike stoornisse."
BSV-slypskool 2017 met Etienne van Heerden
2017-08-14"Die veelbekroonde skrywer Etienne van Heerden lei vanjaar die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se nasionale slypskool vir ontluikende skrywers wat op Saterdag 26 Augustus 2017 plaasvind." Hier is nog inligting oor die slypskool.
Skryfkompetisie: Vroue wat my inspireer
2017-08-08In die lig van Nasionale Vrouedag op 9 Augustus nooi LitNet jou om ’n gedig/storie/ware verhaal te skryf oor vroue wat jou inspireer. Hier is die kompetisie-inligting. Die sluitingsdatum is 31 Augustus 2017.
67 woorde vir Mandela-dag 2017: kortlys
2017-08-07"Hier is die 20 finaliste van die Mandela-dag skryfkompetisie. Altesaam 140 inskrywings is ontvang."
AVBOB-poësiekompetisie: Ek wou nog sê ...
2017-08-04AVBOB het ’n nuwe poësiekompetisie met die tema Ek wou nog sê ... geloods. Gedigte kan in enige van Suid-Afrika se amptelike tale ingeskryf word en skrywers ontvang R300 vir elke gedig wat gekeur word vir publikasie op die kompetisiewebwerf.
67 woorde vir Mandela-dag 2017: inskrywings 2
2017-08-01LitNet het lesers gevra om in die lig van Mandela-dag ’n kort-kortverhaal van 67 woorde te skryf. Hier is van die inskrywings wat tot dusver ontvang is. Die kompetisie sluit op 31 Julie 2017.
dit snoer my stem
2017-07-21"dit snoer my stem:
die opeenstamelende woorde van die
wyses die slimmes die bereisdes en die beleesdes"
67 woorde vir Mandela-dag 2017: inskrywings 1
2017-07-21LitNet het lesers gevra om in die lig van Mandela-dag ’n kort-kortverhaal van 67 woorde te skryf. Hier is van die inskrywings wat tot dusver ontvang is. Die kompetisie sluit op 31 Julie 2017.
Soen langs die pad
2017-07-19"Jy lag vir my, sê kom
kom en haal my uit die kar
en vat my aan die hand na
die stroom"
Nat soen op wang
2017-07-19"Jou nat soen op my wang voor jy weg is
het my laat wens ek kon proe of daar nog
iets oorbly van gisteraand"
Soen in kroeg
2017-07-19"Ek het ’n man gesien wat ’n vrou wou
soen en toe hy haar vind het hulle gehurk
op die ente van hul stoele"
