Portrette

  • 1

Portrette

Vergeelde onthou in
vliegbeskyte rame ingepas
gehok in verkilde laggies en
guitige tuit

Om te onthou en nie te vergeet
Eenmaal saam gelag, gevier, geëet
Gedeel in skielike leed

Rokkies uitgesprei of gekruisbande
trippeltreetjies van ’n vroeë lente
Sy aan sy staan jy en hy
Skalkse aanbod terwyl die lens koekeloer

Nou staar julle agter dowwe glas
oud en muf en vasgeklewe
aan skilferende mure
Wakend oor die laaste ure
Van hierdie lewe. 

  • 1

Kommentaar

  • Corrie Speemanns

    Net soos ek haar leer ken het, eers as 'n geliefde onderwyseres, by Windhoek Hoërskool waar ek Geskiedenis as vak by haar gekry het, en geseënd was om in daardie jaar familie te word toe sy met my kleinneef trou. 'n Merkwaardige vrou, vriendin, moeder en familielid. Geliefd.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top